U­nie­ke klubs, groot vrien­de

Bon­sai tot El­vis P­res­ley . . . Gedeelde be­lang­stel­lings kan lei tot ver­ry­ken­de vriend­skap­pe tus­sen men­se wie se paaie an­der­sins dalk nooit sou kruis nie

Sarie - - Inhoud - DEUR MARGUERITE VAN WYK

‘Groot vriend­skap­pe word om klein boom­pies ge­smee’ Wil­lem P­re­to­ri­us, voor­sit­ter van die SA Bon­sai-ver­e­ni­ging en Bo­land Bon­sai Kai-tak

“Die tak­ke van bon­sai sprei wyd. In die ska­du­wee daar­van sit tuin­vrien­de, a­ka­de­mi­ci, plant­jag­ters en ke­ra­miek­kuns­te­naars wat prag­ti­ge pot­te ver­skaf waar­in ons bo­me pryk. Ons is ’n in­ter­na­si­o­na­le broe­der­skap wat die­self­de be­lang­stel­ling deel. ’n Lief­de vir bon­sai.”

Aan die woord is Wil­lem P­re­to­ri­us, ’n af­ge­tre­de joer­na­lis en skry­wer van So­mer­set-wes. Hy is die af­ge­lo­pe vier jaar voor­sit­ter van die SA Bon­sai­ver­e­ni­ging, met 700 le­de en 22 klubs. “Die ver­de­ling tus­sen mans en vroue is 50/50 en ou­der­dom­me wis­sel van tie­ners tot 80-ja­ri­ges.”

Wil­lem se lief­de vir groe­nig­heid loop diep. Hy is ook die voor­sit­ter van die Vrien­de van die Bo­ta­nie­se Tuin, ’n or­ga­ni­sa­sie van vry­wil­li­gers wat die be­lan­ge van die Bo­ta­nie­se Tuin op S­tel­len­bosch be­vor­der en be­mark.

Hy glo hy sou “brand­arm” wees son­der bon­sai en die Bo­ta­nie­se Tuin. “Met bon­sai voel jy as­of jy aan iets gro­ters as jou­self werk en vir die na­ge­slag iets bly­wends na­laat.”

Wil­lem het sy eer­ste bon­sai-kur­sus in 1993 ge­volg toe hy po­li­tie­ke joer­na­lis in die par­le­ment was. In 1996 het hy ’n boom­pie met hom saam­ge­neem toe hy oor die Waar­heid-en-ver­soe­nings­kom­mis­sie ver­slag ge­doen het vir die dag­blad Beeld. Want hy het be­sef hy sou ’n teen­pool no­dig hê om die e­mo­si­o­ne­le uit­put­ting van el­ke dag te ba­lan­seer.

Oor hoe sti­mu­le­rend en ver­ry­kend bon­sai – ’n Ja­pan­se kuns­vorm wat let­ter­lik be­te­ken “om in ’n hou­er te plant” – is, kan hy nie uit­ge­praat raak nie. In 2011 het hy ’n prys ge­wen van die C­respi U­ni­ver­si­teit van Bon­sai in Mi­laan, I­ta­lië. As deel van sy prys kon hy ’n uur lank on­der ’n vy­e­boom sit wat toe 1 001 jaar oud was, ver­tel hy a­dem­loos. Sul­ke ge­beur­te­nis­se bly hom by, want jy kan dit nie met al die geld ter wê­reld koop nie.

’n Vriend van hom, ds. Jo­han Mor­kel, ook ver­bon­de aan die Bo­land Bon­sai Kai-tak, sê hy ge­niet “bon­sai­ers” om­dat hul­le ’n gedeelde be­lang­stel­ling het. “Ons is al­mal lief vir die na­tuur, on­op­ge­smuk, nie sno­bis­ties of ma­te­ri­a­lis­ties nie. As dit nie vir bon­sai was nie, sou my en Wil­lem se pad nie som­mer ge­kruis het nie.” Die won­der van mi­ni­a­tuur­boom­pies is dat al­mal “vreug­de vind in die ‘na­tuur’ wat jy in jou hand vas­hou en waar­mee jul­le me­kaar kan help om be­ter te doen”.

Len­ka Ros­souw, ma van drie van die S­trand en ook ’n goeie vrien­din van Wil­lem, werk as vry­wil­li­ger by die Bo­ta­nie­se Tuin op S­tel­len­bosch en is dol op dié kuns­vorm. “Ná ’n bon­sai­sa­me­koms stap ek al­tyd met ho­pe ken­nis weg. My vrien­de vra ge­woon­lik daar­na: ‘ Wat het jy ge­rook?’ want ek is op ’n to­ta­le high. Dit is die i­de­a­le ont­vlug­ting en ek is baie dank­baar dat ek an­der­half jaar gelede met die stok­perd­jie begin het. ’n Huis­vrou kan soms nog­al vas­ge­vang raak in die sleur van haar dag­taak. Maar ek het al die won­der­lik­ste men­se leer ken.”

Toe ’n maat van een van haar kin­ders on­langs oor­le­de is, het sy dit te­ra­peu­ties ge­vind in die na­tuur ter­wyl sy aan haar bon­sai-boom­pies s­noei. Waar sy ’n kon­nek­sie maak met haar S­kep­per. “Ek voel al­tyd tuis tus­sen bon­sai-men­se. Hul­le sou dalk nie in die nor­ma­le wel en wee oor my pad ge­kom het nie, maar wat ’n bonus om hul­le te kon leer ken. Dit is ’n wê­reld­wye net­werk en daar is al­tyd nu­we en be­ken­de ge­sig­te by by­een­koms­te. In­te­res­san­te, pla­top-die-aar­de men­se. Van hul­le het tot al na­we­ke saam met ons gesin gaan kamp,” ver­tel Len­ka. En soms drink sy in die week kof­fie saam met haar bon­sai-vrien­de.

By ver­ga­de­rings is daar dik­wels oor­se­se spre­kers, of ’n s­kou van al­ler­lei bon­sai-boom­pies en werk­ses­sies waar nu­we teg­nie­ke ge­wys word. Dik­wels vind kom­pe­ti­sies tus­sen die ver­skil­len­de stre­ke plaas. Wen­ners dring deur tot na­si­o­na­le krag­me­tings.

Jo­han re­ken ’n mens deel so baie van jou lief en leed in só ’n klub dat al­mal soos fa­mi­lie raak. “Ek dink ook ons groei na­der aan me­kaar om­dat die fo­kus nie op die in­di­vi­du is nie. Jy werk met ’n on­vol­tooi­de kuns­werk. Die boom­pie is nooit af­ge­han­del nie, en ont­lok al­tyd ver­de­re be­spre­king. Daar is nie ‘reg’ of ‘ ver­keerd’ nie. Men­se gee bloot hul o­pi­nies. Jy leer hul­le dus die­per ken om­dat hul­le hul o­pi­nies gee,” meen hy. Wil­lem voeg daar­by die woor­de van die groot bon­sai-mees­ter van A­me­ri­ka, John Yos­hio Na­ka: “Die bon­sai het ’n begin, maar nie ’n ein­de nie. Dis soos om vir die ein­de van die reënboog te soek. >

< Hoe ver­der die soek­tog, hoe ver­der is dit op die ho­ri­son. Die duif van v­re­de vlieg van die pa­leis na die ne­de­rig­ste huis, na jonk en oud, na ryk en arm. Só vlieg die gees van bon­sai.”

Dit is wat Wil­lem be­koor – men­se wat be­reid is om te “vlieg” en hul­self oop te stel. “Ek is mal oor sie­le wat hul­le nie laat vas­vang in die tronk van al­le­daag­se beu­sel­ag­tig­he­de nie en die le­we se vol­heid ge­niet – men­se wat goeie ge­sel­skap waar­deer. Ons smee groot vriend­skap­pe oor klein boom­pies – dit het diep wor­tels. En nes bon­sai word vriend­skap­pe mooi ge­voed en groei dit oor ja­re.”

Dit lei ook tot heg­te in­ter­na­si­o­na­le vriend­skap­pe. “Ek was al twee keer op bon­sai-toe­re na Ja­pan en China, en op ’n boom­jag in Na­mi­bië. Rot­se, ge­noem sui­se­ki, is ook ’n groot on­der­af­de­ling van bon­sai en dit is baie lek­ker om saam met ander na won­der­li­ke rot­se te gaan soek. Oor­see is daar rot­skyk­ver­e­ni­gings en ek hoop dit gaan hier ook ont­wik­kel.”

Wil­lem glo nog al­tyd in die waar­de van siels­kon­nek­sies en dat ge­meen­skap­li­ke be­lang­stel­lings dít ver­ge­mak­lik. “In die vroeë ne­gen­tigs, toe ek nog Beeld se kuns­re­dak­teur was, het ek ’n kuns­fliek­klub in Ro­se­bank, Jo­han­nes­burg, begin. Dit was baie ge­wild on­der le­sers. Ek het ook al aan ’n eet­klub be­hoort wat week­liks ver­ga­der het. Mans moes el­ke keer iets nuuts kook, nu­we wyn bring en ’n nu­we grap ver­tel. Ons was uit­een­lo­pen­de men­se, soos Jo­han Ba­den­horst van die te­le­vi­sie-reis­pro­gram Voet­spo­re, regs­ge­leer­des, kuns­te­naars. Nou is ek lid van die Vrou­e­boek­klub-vir-mans – mans wat in voe­ling is met hul vrou­li­ke en man­li­ke kant! – wat al 18 jaar lank maan­de­liks ver­ga­der en erns­tig kos­maak en boe­ke be­spreek. Dis man­ne wat in wyd uit­een­lo­pen­de vel­de voor loop en so wyd lees dat dit soms jou a­sem weg­slaan.”

Om pêl­le in klubs te maak – siels­kon­nek­sies – rond­om bon­sai, of flieks, tot kos en boe­ke, is im­mers sy ding.

‘Ons lag en on­der­steun me­kaar on­voor­waar­de­lik’ Chris Botha, vry­skut- gra­fie­se kunstenaar en lid van die El­vis P­res­ley-klub

Dra jul­le kat­pak­ke en swart prui­ke as jul­le saam­kui­er? Dit is die vraag wat men­se vir Chris Botha vra as sy ver­tel sy is lid van die El­vis P­res­ley-klub in Bell­vil­le.

Chris, van Ke­nil­worth in Kaap­stad, lag lek­ker. Die “smeu­len­de, heup­swaai­en­de roc­ker met sy sen­su­e­le ky­kers” het reeds op twaalf haar hart ver­o­wer – tot haar ou­ers se af­gry­se. “El­vis is doe­rie­tyd as dui­wels­kind be­skou.” Maar sy re­ken hy was u­niek. “Hy het al­le mu­siek-gen­res ge­dek – van bal­la­des, rock, se­mi-o­pe­ras, blu­es, coun­try en gospel. Min ander san­gers was so veel­sy­dig.” Van­dag, 60 jaar la­ter,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.