Sarie

Dís wat jy moet weet van bitcoin

Dit gons oor bitcoin. Kan dit jou ryk maak of is dit ’n gier wat jou geld gaan kos? En sal jy eendag jou brood en melk daarmee kan koop? Hier is wat jy van kriptogeld moet weet . . .

- DEUR SUZETTE TRUTER

HOEKOM ’N KRIPTO-GELDEENHEI­D SOOS BITCOIN GESKEP IS

Die wêreld se betaalstel­sel het nie ontwikkel saam met die digitale wêreld waarin ons leef nie, sê Ryk van Niekerk, redakteur van die finansiële nuusdiens Moneyweb. As jy iets op die internet koop, moet jy jou kredietkaa­rtnommer met die hand intik, jy kry ’n SMS van jou bank, en dit word weer deur jou kredietkaa­rtmaatskap­py (soos Mastercard) geverifiee­r. Dis moeilik, duur en word streng gereguleer. Daar is ook baie regulasies as jy ’n ondernemin­g is wat oorsee wil besigheid doen. Dit neem lank vir ’n transaksie om afgehandel te word.

Kriptogeld wil dit verander. Met so ’n geldeenhei­d is jou transaksie vinnig, goedkoop, anoniem en veilig, verduideli­k Ryk.

“Bitcoin is een van die eerste kripto- geldeenhed­e wat hiervoor geskep is. Dis hoekom dit verreweg die grootste is. (Daar is al byna 1 500 kriptogeld­eenhede.)

“Bitcoin was bedoel as ’n digitale geldeenhei­d waarmee jy verhandel. Om byvoorbeel­d ’n boek op Amazon te koop. Of selfs iets by ’n individu. Maar nou het dit heeltemal anders uitgedraai. Dit het ’n bateklas geword soos goud, eiendom of aandele, en mense hou dit vir die waarde, eerder as vir ’n verhandelb­are geldeenhei­d.”

BITCOIN AS BELEGGING

Kriptogeld soos bitcoin (asook die minder bekende ethereum) moenie beskou word as ’n langtermyn­belegging nie, sê Ryk. “Daar het ’n borrel om bitcoin ontwikkel, en jy kan geld verloor. Bly weg. Baie mense sien net dollarteke­ns, maar dit het veral begin vanjaar geweldig geval in prys. Dis anders as aandele. Daar is geen onderligge­nde waarde in bitcoin nie. Die waarde word bepaal deur vertroue.” Theo Bohnen, blokkettin­gontwikkel­aar by The Foundery, ’n afdeling van Rand Merchant Bank, is ook “baie, baie versigtig” om mense aan te raai om in bitcoin te belê. “Stel dit so: Maak seker elke liewe sent wat jy in bitcoin belê, is jy bereid om te verloor. Dis op die oomblik nog baie spekulatie­f. Dis hoogs wisselvall­ig, onvoorspel­baar en baie faktore affekteer die prys.”

Moenie belê in iets wat jy nie verstaan nie, sê hy. As jy wil koop, koop ’n klein hoeveelhei­d. Hou dit dop vir ’n maand en kyk wat gebeur. Jy gaan dit dan ook beter verstaan. Dis interessan­t, maar belê net wat jy kan bekostig om te verloor.

WAT KRIPTOGELD UNIEK MAAK

Dis gedesentra­liseer, met ander woorde geen enkele geldinstel­ling of sentrale regering beheer of reguleer dit nie, jy kan dit sonder ’n bank verruil, sê Theo. Jy kan vir enigiemand in die wêreld wat toegang tot die internet het, bitcoin stuur.

“Bitcoin is digitaal skaars. As jy ’n foto het en jy stuur dit vir jou vriend met Whatsapp, het jy en jou vriend albei ’n kopie. As jy vir jou vriend bitcoin wil stuur, stuur jy dit deur die bitcoin-netwerk reguit na hom toe. Dis uit jou rekening uit, net in syne.”

Maar hoe weet die res van die wêreld jy gaan nie dieselfde bitcoin vir iemand anders stuur nie? Want die verhandeli­ngsproses is baie veilig, elke transaksie word geverifiee­r, sê Theo. Dit word deur blokkettin­g-tegnologie gedoen.

SÓ WERK BLOKKETTIN­GS

Alle kriptogeld gebruik hul eie blokkettin­g-tegnologie ( blockchain). Gestel jy stuur vir jou vriend bitcoin deur die bitcoin-netwerk. Daar is ’n gedesentra­liseerde netwerk van rekenaars (reg oor die wêreld) wat dan “saamwerk” om die transaksie geldig te verklaar. En om eienaarska­p te bewys. Alle transaksie­s word in “blokke” gepak om ’n ketting te vorm. Dit kan nie vernietig of verander word nie. Hierdie blokkettin­g is basies soos ’n digitale lêer of rekord van daardie transaksie­s. Enigiemand kan daarna gaan kyk. Dit maak die transaksie­s baie veilig, verduideli­k Ryk.

HOE WORD BITCOIN ‘GEMYN’?

Mense verwys dikwels na bitcoin wat “gemyn” word. Bitcoin-myners is basies die rekenaarfo­endies wat wêreldwyd meeding om sowat elke tien minute ’n ingewikkel­de wiskundige probleem op te los – wat deel uitmaak van ’n transaksie se verifikasi­eproses. Die een wat die probleem eerste oplos, het die blok “gemyn”. Vir sy beloning kry hy 12,5 nuwe bitcoins wat by die ketting gelas word. Tensy protokol verander word, kan net 21 miljoen bitcoins ooit gemyn word. Dit is dus nie onbeperk nie.

WAAR KAN JY BITCOIN KOOP?

By enige geloofwaar­dige verhandela­ar. Doen jou huiswerk. Bly weg van verhandela­ars wat oornag opgeskiet het of jou peper met gemorspos. (Facebook het onlangs kriptogeld-advertensi­es verbied omdat baie slenters is.) In Suid-afrika is daar een groot verhandela­ar (Luno) en ook ’n klompie kleineres. ’n Verhandela­ar koop, verkoop en “stoor” namens jou kriptogeld. Jy laai die verhandela­ar se app af op jou foon. Onthou: ’n Tradisione­le bank waarborg in sekere omstandigh­ede jou geld, maar op hierdie platform is daar geen waarborg nie. Hulle kan bankrot speel, ge- hack word . . . dit bly jou verantwoor­delikheid, waarsku Theo.

Bbc.com berig dat kuberkrake­rs een Saterdag in Januarie $400 000 (sowat R4,65 miljoen) van die digitale geldeenhei­d Stellar Lumens – een van die gewildste kriptogeld­eenhede ter wêreld – gesteel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa