Ku­ber­kui­er: B­res­sa­no­ne (B­rixen), I­ta­lië

Die seuns het I­ta­li­aans gou on­der die knie ge­had, maar vir Bea van der Sandt en haar man, Jo­hann, is dit nog ’n uit­da­ging – en hul 2018-pro­jek!

Sarie - - Inhoud - DEUR LIE­SEL PIENAAR

VAN BO Dié straat is een van die oud­stes in die dorp en da­teer uit on­ge­veer die 12de eeu. Ons twee kin­ders, Ne­lu (14) en Jant­hé (16). Een van die ve­le stap­roe­tes in die win­ter. Waar woon jul­le en waar­om is jul­le daar? Ek en Jo­hann was voor­heen al twee aan die Dra­kens­berg­se Seuns­koor ver­bon­de. Ons oud­ste, Jant­hé, was ’n Dra­kie en Ne­lu op la­er­skool op Win­ter­ton. Jo­hann het in 2015 ’n aan­bod aan­vaar as vol­pro­fes­sor in mu­siek­op­voed­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van Bo­zen-bol­za­no, met die fa­kul­teit waar­aan hy ver­bon­de is op die aan­lig­gen­de B­res­sa­no­ne (B­rixen in Duits). Al­bei is in die ou­to­no­me pro­vin­sie Suid-ti­rool, wat tot 1918 deel van die Oos­ten­ryk-hon­gaar­se dis­trik Ti­rool was. Ge­o­gra­fies is dit deel van I­ta­lië, maar a.g.v die po­li­ties-his­to­rie­se en so­si­a­le sa­me­stel­ling van die be­vol­king is die Ti­rool­se kul­tuur hier baie sterk. Dis ook die re­de dat al die dor­pe en ste­de hier ’n I­ta­li­aan­se en Duit­se naam het. Wat was die moei­lik­ste om aan ge­woond te raak? Die taal (kom­mu­ni­ka­sie), Eu­ro­pe­se le­wens­in­ge­steld­heid en denk­wy­se. Die ge­mak­lik­heid, o­pen­heid en vrien­de­lik­heid van Suid-a­fri­ka­ners is hier maar dun ge­saai. Lang win­ters, min ruim­te en die ver­lies aan ’n vei­li­ge vrien­de­kring laat ons nog maar huis toe ver­lang.

Hier hoor jy wei­nig En­gels, met die amp­te­li­ke ta­le Duits en I­ta­li­aans, ter­wyl ’n der­de taal, La­dyn, ook ge­praat word. Bui­ten Jo­hann wat ’n ba­sie­se Duits mag­tig was toe ons hier ge­kom het, moes ons al­mal Duits leer skryf en praat.

Die kin­ders gaan skool by die pri­va­te skool Vin­zen­ti­num met Duits as on­der­rig­taal en I­ta­li­aans as twee­de taal, wat hul­le al­bei be­mees­ter het. Be­won­de­rens­waar­dig is dat hul­le so­si­aal ook reeds goed ge­ïn­te­greer is. Ek en Jo­hann suk­kel nog met I­ta­li­aans, maar kan da­rem al ’n piz­za en taxi be­stel, en soms kom I­ta­li­aan­se mu­siek­ter­me nut­tig te pas. Leer I­ta­li­aans is be­slis ’n 2018-pro­jek! Wat maak die ge­bied spesiaal? Dank­sy toe­ris­me, ’n ge­ma­tig­de kli­maat en his­to­rie­se en ar­tis­tie­ke skat­te (mo­nu­men­te, kuns­ver­sa­me­lings) maak die stad Bol­za­no en om­ge­wing

ge­wel­di­ge e­ko­no­mie­se voor­uit­gang. Met Duit­se en I­ta­li­aan­se vrien­de is ons in die be­voor­reg­te po­si­sie om die bes­te van al­bei kul­tu­re te be­leef.

B­res­sa­no­ne self is ’n klein toe­ris­te­dor­pie met ’n ryk ge­skie­de­nis, so 40 km van Bol­za­no. Ons woon by­na op die kerk­plein (Dom­platz) waar die groot ka­te­draal (Dom) staan. Dit was se­dert die 12de eeu die se­tel van die Rooms-ka­to­lie­ke bis­kop en is van­dag steeds die se­tel van die plaas­li­ke bis­kop. Ons ap­par­te­ment vorm deel van wo­nings wat uit die 15de eeu da­teer, maar dis ge­luk­kig in­tus­sen ge­mo­der­ni­seer! En wanneer jul­le nié werk nie? Die om­ge­wing het toe­ris­me­po­ten­si­aal in die so­mer so­wel as win­ter dank­sy stap-, fiets­ry-, ski- en ski-s­lee-roe­tes. In die win­ter spog ons met een van die mooi­ste Kers­mark­te op ons voor­stoep!

In die so­mer ver­an­der die Lig­fees die he­le dorp in ’n spro­kies­land met lig­te en te­ma­tie­se hoe­kies wat die heer­lik­heid en kos­baar­heid van die sei­soen be­sing. Toe­ris­te en in­wo­ners bly tot laat wak­ker om van die uit­ne­men­de wy­ne en plaas­li­ke kos te ge­niet. Bi­o­p­ro­duk­te kry hier ’n kre­a­tie­we ku­li­nê­re di­men­sie – berg-tees, berg­kruie, tuis­ge­maak­te schnapps, ’n by­na on­tel­ba­re ver­skei­den­heid bro­de, ka­se en ver­ou­der­de vleis, ar­ti­san-room­ys en ander melk­pro­duk­te is hier aan die or­de van die dag.

’n Ti­pie­se Suid-ti­rool­se spys­kaart sal be­slis die vol­gen­de be­vat: S­chlut­zkrap­fen (soort­ge­lyk aan ra­vi­o­li), Kn­ö­del (brood­kluit­jies), ghoe­lasj, S­chüt­tel­brot (’n plat­te­ri­ge bros­brood), schnit­zel, aar­tap­pel, ri­sot­to met as­per­sies of kas­tai­ings ( ches­t­nuts), Ap­fel­stru­del, ti­ra­mi­su en na­tuur­lik ’n groot ver­skei­den­heid pas­ta en piz­za! Het jul­le gou vrien­de ge­maak? So­si­a­li­se­ring en vriend­skap­pe sluit is moei­lik weens die ge­slo­te, di­ver­se kul­tuur (Suid-ti­rools en I­ta­li­aans) met ve­le voor­oor­de­le. Maar die le­we het ons ge­leer, dis nie hoe­veel jy ont­vang nie, maar hoe­veel jy be­reid is om te gee wat be­lang­rik is. Die ge­heim is om be­trok­ke te raak by plaas­li­ke so­si­a­le en kerk­li­ke groe­pe. Met ’n E­van­ge­lies-pro­tes­tan­te ag­ter­grond is dit nie mak­lik hier nie, aan­ge­sien by­na 99% van die in­wo­ners Ka­to­liek is. Die Ka­to­li­sis­me is diep in al­bei kul­tu­re ge­wor­tel en ve­le fees­dae en kul­tuur­aan­ge­leent­he­de word rond­om die kerk­jaar ge­re­ël.

Ons kon ge­luk­kig in­ska­kel by die Lut­her­se E­van­ge­lie­se Kerk in Bol­za­no, waar ek koor­lei­er is, ter­wyl Jo­hann or­rel speel vir die diens­te wat op B­res­sa­no­ne ge­hou word.

Dank­sy ons be­roe­pe (mu­siek en koor­lei­ding) kom ons ook in aan­ra­king met men­se wat ons pas­sie en be­lang­stel­lings deel. Mu­siek is na­tuur­lik ’n in­ter­na­si­o­na­le taal en die SuidTi­ro­lers sing graag. Bui­ten ’n mag­dom kerk­ko­re, man­ne­ko­re, vo­kaal­en­sem­bles, mu­siek- en blaas­or­kes­te kan tag­tig per­sent van die men­se ’n in­stru­ment be­speel. Volks­mu­siek, volks­fees­te en tra­di­si­o­ne­le kle­re­drag (Le­der­ho­sen en Dirndls) is deel van hul DNS. Kry jul­le ge­leent­heid om in Europa te reis? Ons het in die drie jaar wat ons al hier is, ’n he­le paar mooi en on­ver­geet­li­ke plek­ke be­soek, on­der meer Ve­ro­na, Ro­me, Flo­ren­ce, Mi­laan, Na­po­li, Pom­peii, die ei­land Ischia, Inns­bruck, Salz­burg en Kro­a­sië.

Dan moet ons by­voeg dat ons se­ker­lik in een van die mooi­ste de­le van Europa bly. Suid-ti­rool spog met die Do­lo­mie­te (deel van die Al­pe) en is ’n U­nes­co-wê­reld­er­fe­nis­ge­bied. Skaars tien mi­nu­te van ons huis af is die P­lo­se, ’n be­ken­de ski-ge­bied, met prag­ti­ge stap­roe­tes in die so­mer. Ons het nog nie eint­lik ski baas­ge­raak nie en ry maar eer­der op die ski-slees. Die P­lo­se spog juis met ’n s­lee-rit van oor die ne­ge ki­lo­me­ter berg-af! Wat mis jul­le die mees­te? Na­tuur­lik ons ou­ers, ou­mas en ou­pa, ander fa­mi­lie en vrien­de, ons kerk, en my boek­klub­vrien­din­ne. Op Win­ter­ton in die Dra­kens­berg waar ons die laas­te paar ja­re in Suid-a­fri­ka ge­bly het, het ons men­se en na­tuur­skoon te­ë­ge­kom wat nê­rens an­ders te vin­de is nie. Ons mis hul hart­lik­heid, o­pen­heid, eer­li­ke om­gee en on­voor­waar­de­li­ke aan­vaar­ding.

Ook om in ons moe­der­taal, A­fri­kaans, en En­gels te kan kom­mu­ni­keer, en om in Zoe­loe of Sotho te groet. Om ’n vrien­de­li­ke an­ders­kleu­ri­ge ge­sig raak te loop, hard uit jou maag te lag. Die oor­da­di­ge kleur­ry­ke di­ver­si­teit en om die A­fri­ka-gees in sy vol­heid te kan er­vaar. Die reuk van die aar­de, ’n Son­skyn­kers­fees, die op­win­ding van see­va­kan­sies, lui­warm lang so­mers en die hu­mor in ons taal. Be­plan jul­le om te­rug te kom? Al bly ons hier, is ons har­te nog al­tyd in Suid-a­fri­ka. Te­rug­kom, nie gou nie, ons kan nie die kin­ders en die gesin weer ont­wrig nie. Al mis ons baie dinge, is ons ge­luk­kig hier. Maar een­dag, ja, vir af­tree in ’n hui­sie in die ber­ge . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.