Sarie

Boekdinge

OP

- MARLENE VAN NIEKERK (HUMAN & ROUSSEAU, R250) Lees die volledige onderhoud met Carin op SARIE.COM

Daar is maar min bekend oor die lewe van die Nederlands­e skilder Adriaen Coorte, wat in die middel 1600’s geleef het. Hy het klein, intieme stillewes van alledaagse voorwerpe geskilder. In hierdie digbundel gebruik Van Niekerk sy skilderye as die inspirasie vir haar gedigte. Sy bekyk as’t ware die skildery en bepeins dit in haar woorde. ’n Wonderlike boek vir kunsliefhe­bbers en lesers wat van poësie hou.

Phyllis Green

SARIE.COM

oor haar jeugboek Blou is nie ’n kleur

(Tafelberg, R160), wat verlede jaar aangewys is as die wenner van die Sanlam-prys vir jeuglektuu­r in Afrikaans

Waarom met die einde begin? Die verhaal is vir my heavy en baie mense sê hulle sien nie die gebeure kom nie. Ek is dankbaar dat dit so uitgewerk het. Dit was baie riskant om die begin te doen soos wat ek gedoen het. Dis deurmekaar en kan mense dalk afsit. Die doel is dat mense in die begin nie moet verstaan nie, maar juis moet deurdruk. Dis die risiko vir my. Alle boeke is nie ’n maklike lees nie. Moet die leser nie soms werk om die waarde van ’n verhaal in te sien nie? Die dood van ’n kind, borskanker, bloedskand­e, alkoholmis­bruik en egskeiding is deel van die verhaal. Waarom die fokus daarop plaas? Ek het gaan sit en dink wat die ergste is wat ’n gesin kan tref. Dalk het ek dit oordoen om seker te maak álles tref hulle. Omdat ek so bang was vir die verhaal het niemand daarvan geweet nie. Toe ek hoor ek is ’n finalis vir die Sanlam-prys, moes ek met die sak patats uitkom. My man het daarna die verhaal gelees en gesê dis ongeloofwa­ardig, soveel goed kan nie met een gesin gebeur nie. Toe antwoord ek dat hy moet kom skoolhou! Waarom het party van die karakters koninklike name? Van hulle was ironies bedoel, soos Rina (Regina) s’n. Weens omstandigh­ede is daar niks koninkliks aan haar nie. Vicky (Victoria) moet aan die einde oorbly om te kan sê: “Ek het nie ’n keuse nie. My skippie gaan nêrens heen nie. Ek gaan terug na waar ek vandaan kom. Met ’n ander uitkyk. Ek is oukei, want Queenie is saam met my.” Was dit ’n moeilike boek om te skryf? Ja. Dis iets wat my fisiek siek laat voel het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa