Ak­tri­se An­na-mart van der Merwe

Sarie - - Inhoud - – Lydia van der Merwe

’n Koel blou­te. Ver­troos­ting. Die beel­de wat water by ak­tri­se

An­na-mart van der Merwe

op­roep. Sy is van 29 Maart tot 3 A­pril by die KKNK op Oudts­hoorn in die to­neel­stuk

S­werf­goed te sien. Water en waar­na­toe ’n ge­brek jou dryf, die te­ma. Dit kan kwa­lik meer van toe­pas­sing wees as nou, met die Wes-kaap en ander de­le van die land aan’t ver­dor.

“Jy kan be­hoor­lik vóél hoe men­se angs­tig raak. Buur­man­skap, ubuntu ver­dwyn. Jy dink aan jou kra­ne bui­te met slot­te toe­sluit,” sê sy.

Vir haar maak water rus­tig. Haar groot­word­dorp, V­re­den­dal aan die Wes­kus, is se­mi­woes­tyn en al­mal baie be­wus van die ri­vier as le­wens­aar. “Water be­te­ken le­we, ook op siel­kun­di­ge vlak. Daar is ’n sim­bo­lie­se les. Waar dit teen ’n ver­sper­ring vloei, kry dit ’n pad daar­om. Of bo-oor. Soms moet jy ook maar net saam met dinge vloei.”

Dié foto van An­na-mart met grys ha­re het in die Au­gus­tus 2007-uit­ga­we van SA­RIE ver­skyn. Haar kap­sel is dees­dae weer grys, maar dié keer kort-kort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.