Ge­son­de di­eet: Wat sê jou ge­ne?

Ge­son­de di­eet? Die nuut­ste ten­dens in ge­sond eet is nie ’n won­der-di­eet of su­per­aan­vul­ling nie. Dis jou ge­ne

Sarie - - Inhoud - DEUR LYDIA VAN DER MERWE

intelligensie en ruim­te­vaart. Dis op slim­me Elon Musk se ly­sie van die be­lang­rik­ste ont­wik­ke­lings wat ons wê­reld gaan ver­an­der. So ook ge­ne­ti­ka.

Ge­ne­tie­se teg­no­lo­gieë keer ge­sond­heid­sorg reeds op die kop. In die toe­koms gaan le­wens­ge­vaar­li­ke siek­tes ons dalk nie meer so bang maak nie.

Dit kan jou le­we ook op ’n baie ba­sie­se vlak be­ïn­vloed: Die kos wat jy eet en oe­fe­ning wat jy doen. Só kan jy ’n in­vloed hê op hoe jou ge­ne “werk”, of­te­wel hul­self “ge­dra” of “uit­druk”. Jou ge­ne is dus nie die ge­giet-in-se­ment­blou­druk soos eers ge­re­ken is nie. (Sien “Jou ge­ne, jou blou­druk?”.)

Ons is al­mal u­niek. Die B­rit­se staats­man Win­ston C­hur­chill was vet­sug­tig met ’n on­ge­son­de di­eet en leef­styl. Nie­te­min het hy op 90 daag­liks steeds ’n be­si­ge program ge­had. Daar­teen­oor het jy dalk al ge­hoor van ie­mand wat re­la­tief jonk, fiks en ge­sond is, maar dood neer­slaan. Som­mi­ge men­se het hoë bloed­druk, selfs al ver­min­der hul­le sout in hul di­eet. Ander looi die sout­pot en hul bloed­druk is nor­maal.

Bas­ta dus al­mal oor een kam skeer met dog­ma­tie­se di­ë­te soos la­e­vet, ho­ë­vet, geen kool­hi­dra­te, noem op. Nutri-ge­no­mi­ka, wat die wis­sel­wer­king tus­sen jou ge­ne, di­eet en leef­styl (soos oe­fe­ning, stres, slaap) be­stu­deer, is een van die we­ten­skap­vel­de wat die vin­nig­ste ont­wik­kel. En die weg baan vir die in­di­vi­du­a­li­se­ring van di­eet­voor­skrif­te, ver­dui­de­lik Ma­ri­za van Zyl, ge­re­gis­treer­de di­eet­kun­di­ge en nutri-ge­no­mi­ka-kon­sul­tant van die Paarl. Sy werk dus vir jou ’n le­wens­lan­ge eet-stra­te­gie uit op grond van jou u­nie­ke ge­ne­tie­se pro­fiel. (Sien “Nutri-ge­no­mi­ka = we­ten­skap van die toe­koms?” op bl. 120.)

As jy by­voor­beeld ge­ne­ties méér van ’n se­ke­re voe­ding­stof no­dig het – soos

Ons DNS is 99,9% i­den­ties. Daar’s dus ’n ver­skil van 0,1%: ’n ver­an­de­ring (of mu­ta­sie) in jou Dns-ko­de se struk­tuur. Dis soos om ’n koek te bak en ’n be­stand­deel ver­skil van die re­sep s’n. Die koek gaan dan dalk nie heel­te­mal so lek­ker wees nie.

Daar is ’n in­ge­wik­kel­de wis­sel­wer­king tus­sen som­mi­ge van dié geen­ver­an­de­rin­ge, jou di­eet, om­ge­wing en leef­styl. Jy kan bv. geen-va­ri­a­sies hê wat jou meer vat­baar vir se­ke­re siek­tes maak. Maar jy kan ook jou di­eet aan­pas om te kom­pen­seer vir die ge­ne­tie­se pro­fiel wat jy ge­ërf het. Voe­ding­stow­we kan dus die ma­nier be­ïn­vloed hoe ge­ne hul­self “ge­dra” of “uit­druk”.

Som­mi­ge ge­ne­tie­se mu­ta­sies kan op hul eie siek­tes ver­oor­saak – die om­ge­wing het min of geen in­vloed nie (die so­ge­naam­de ho­ë­pe­ne­tra­sie­ge­ne). Jou ri­si­ko is dan baie hoog (in som­mi­ge ge­val­le 80%-100%) om dié toe­stand te kry. Dit sluit in fa­mi­li­ë­le bors­kan­ker, por­fi­rie, sis­tie­se fi­bro­se en fa­mi­li­ë­le hi­per­cho­les­te­ro­le­mie.

Dan is daar mu­ta­sies wat nie op hul eie siek­tes kan ver­oor­saak nie (la­e­pe­ne­tra­sie). Maar in kom­bi­na­sie met die ver­keer­de di­eet en ander leef­styl- en om­ge­wings­fak­to­re kan jou ri­si­ko daar­voor dras­ties toe­neem. En daar­aan kán jy iets doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.