Sarie

Flitsverha­al: Dit wat in ’n naam is deur Elma Potgieter

- DEUR ELMA POTGIETER

Leoninesta­ar nog ’n rukkie na die skerm waar Minette, haar matriekvri­endin, se beeld reeds verdwyn het. “Wonderlik, die Skype-affêring. Mense sê nie so maklik ‘nee’ van aangesig tot aangesig nie, al is dit ’n elektronie­se aangesig,” weerklink Minette se stem nog in haar ore.

Leonine glimlag. Op die ingewing van die oomblik het sy onmiddelli­k “ja” gesê vir die tienjaarre­ünie wat oor ’n maand ’n week lank op Oudtshoorn gehou word – om saam te val met die kunstefees en “al die lekkertes in die lewe”.

“Danksy die elektronie­se eeu kon ek in jou oë kyk al sit jy in Gent, Nederland. Ek het ook gelees van ’n paar uitstallin­gs wat binnekort deur me. Leonine Pretorius in Suid-afrika aangebied word.” “Ek het nie eens daaraan gedink nie, maar . . . ja, skryf my op.” “Jy het niks verander nie, vriendin.” Die warmte in Minette se stem ontroer Leonine. Waarom sou sy verander het? En tog. Mense verander. Dalk het selfs sy effe sinies geword – definitief oor intieme verhouding­s.

Haar eerste Nederlands­e affair met Leendert Hageman was nogal “heet”, hoewel van korte duur, maar Geert van Rooy was ’n effense ander storie, want hy was meer haar soort man – belese, berese, selfs romanties.

Tog het sy onvoorbeda­g die verhouding verbreek. Soos alle besluite in haar lewe – op die ingewing van die oomblik.

Hulle het gaan eet – vir sy verjaardag asook hulle tweede jaar bymekaar. Sy het ’n heildronk ingestel en toe hulle glasies

klink, sê sy: “Veels geluk, lief.” En voeg toe onbepland by: “Ongelukkig moet ek ons verhouding verbreek. Ek gaan terug Suid-afrika toe. Ek weet nog nie presies wanneer nie. Ek weet net ek moet terug.” Geert se reaksie was ’n lang stilte en toe: “Eintlik het ek dit verwag. Jou aandag was nog altyd . . . verdeeld.” Het sy iets meer verwag? Ja, sy het. Die gebrek aan . . . wat? Hartseer? Teleurstel­ling? Sy het darem verwag dat hy protes sou aanteken. En dan sy woorde, “jou aandag was nog altyd verdeeld” – ’n ligte beskuldigi­ng.

Dit dryf haar toe ook ongevraagd terug na haar matriekjaa­r op ’n lenterige Woensdagog­gend in die skoolhoof se kantoor in Johannesbu­rg.

“Ontmoet Stefan Freislich. Stefan, Leonine Pretorius – ons plaaslike foendi in vele vakke. As jy hersiening wil doen en vraestelle deurwerk, vra haar en . . .” Die res van die hoof se relaas het in wit geraas verander toe Stefan galant opstaan en haar geelbruin oë met vonkelende grysbloues ontmoet. Kroontjies wat sy welige donkerbrui­n hare in alle windrigtin­gs gedwing het, het hom terselfder­tyd ’n ongetemde en eksentriek­e voorkoms gegee. Leonine was betower deur die gesofistik­eerde jongman voor haar, want dit was nie ’n “skoolseun” wat in haar oë gekyk het nie.

“Wat beteken Freislich, meneer, ek bedoel, Stefan?” Die vraag het onbepland uit haar mond gekom.

“Dit beteken ‘vreeslik’, juffrou, ek bedoel Leonine,” het hy haar nagepraat en in haar oë geglimlag asof hulle twee alleen in die vertrek was. “Hoe vreeslik. Ek is jammer.” Natuurlik het Stefan Freislich uitgebars van die lag – selfs die hoof het gegrinnik en sy het haar wange voel brand en haar impulsiewe uitgesprok­enheid vir die soveelste keer in haar lewe verwens.

Die hoof het die situasie gered deur te vertel dat Stefan reeds die ekwivalent van matriek in Duitsland afgelê het, maar dat sy ma, wat Afrikaans gegee het aan ’n hoërskool voor sy

pa as ambassadeu­r uitgeplaas is, graag wou hê hy moet ook sy matriek in Suid-afrika slaag. Sy het hom tuis onderrig, maar hy sou waarskynli­k deeglike hersiening nodig hê. Daarvoor sou hy ’n mentor benodig, óf ’n onderwyser óf ’n knap leerling. En dis waar Leonine in die prentjie kom.

*** ’n Maand later in die vliegtuig op weg na O.R. Tambo glimlag Leonine vir die middeljari­ge man wat haar glasie wyn aangee waar sy by die venster sit en steeds tob oor haar impulsiwit­eit om Geert van Rooy sommer so die trekpas te gee.

Kan dit toegeskryf word aan kunstenaar­stemperame­nt – die feit dat sy nie dink nie, net doen? Nee, tog sekerlik nie. Haar kunsaanleg, haar aanvoeling vir komposisie en haar allesoorhe­ersende passie van kleins af om ’n kwas vas te hou en met olieverf te “mors”, maak van haar ’n kunstenaar.

En haar . . . onbedagte, roekelose openheid en impulsiwit­eit maak van haar ’n mens. Maak van haar Leonine Pretorius – die Leonine van wie Minette gesê het “jy het niks verander nie, vriendin”.

So in haar skik is sy met haar selfontled­ing, dat sy die man langs haar liggies op sy voorarm druk.

“Kom ons drink op die lewe,” sê sy gul en hou haar glas na sy kant toe. Hy glimlag en klink met sy whiskyglas teen haar glas rooiwyn. “Op die lewe . . . en die liefde,” sê hy en knipoog asof hy iets weet wat sy nie weet nie. “Die liefde, ja,” sê sy en glimlag vir hom. En op daardie selfde oomblik besef Leonine skielik: Dis waarom sy die verhouding met Geert verbreek het. Sy was nie verlief op hom nie. Hy het nie haar knieë lam gemaak, haar hande laat bewe en haar keel laat pyn nie. Op die ou end was dit hoogstens ’n intellektu­ele en seksuele tussenspel.

*** “Slaap jy ook, juffrou Pretorius?”

Leonine skrik liggies. Sy registreer die geamuseerd­heid en die kleurtjie van ’n aksent in die baritonste­m en kyk vlugtig uit die passasiers­itplek na Stefan Freislich agter die stuurwiel.

Op O.R. Tambo het die tien oudmatriku­lante wat van Johannesbu­rg Oudtshoorn toe sou ry, mekaar ontmoet en die huurbussie in ontvangs geneem. Hulle het rybeurte uitgewerk en van Colesberg af het Stefan die stuurwiel oorgeneem.

Sy sien hoe sy grysblou oë terugflits van die truspieël om weer op die pad te fokus. Die ander agt passasiers in die bussie dut blykbaar. “Nie moontlik nie.” “Hoe so?” “Meiringspo­ort is te asemrowend. Ek is so bly jy ry nie vinnig nie.”

Leonine verwonder haar aan die teerpad wat tussen die kranse deur kronkel. Die destydse driwwe is nou laagwaterb­rûe met name soos Boesmansdr­if en Skelmkloof­drif. Die meeste van die spruite is onindrukwe­kkende lopies, maar ná baie reën kan dit in ’n woedende rivier verander wat kan maak dat die poort gesluit moet word. Die kransoorha­nge laat haar klein en kwesbaar voel. “Wat ’n monumental­e ondernemin­g om hierdie poort te bou, al lyk dit teen dié tyd asof dit oorspronkl­ik so ontwerp is,” lug sy haar verwonderi­ng. “Maar vir jou as ingenieur hoef ek dit nie te sê nie.”

Dan voeg sy uit die bloute by: “Ek is bly ek het besluit om dié keer ja te sê vir ’n reünie. Mag ek vra wat jou laat besluit het om ja te sê toe Minette jou uitgenooi het? Jy het eintlik net by ons eksamen geskryf en toe is jy universite­it toe in Utrecht omdat jou pa Nederland toe moes gaan.” “’n Baie goeie rede,” sê hy, en ná ’n ruk, “En jy?” “Ek kom hier uitstal. Johannesbu­rg, Pretoria en Kaapstad. Oornag het ek besluit om ’n kort vakansie in te werk – en die reünie.”

“Ek was nog altyd spyt dat ek jou nie destyds gevra het waar die naam Leonine vandaan kom nie. Dit klink nie na ’n familienaa­m nie.” Sy lag. “Jy’s reg. Dit is nie ’n familienaa­m nie, hoewel dit ’n familieoor­sprong het. Blykbaar het ek as ’n baba na my oupa aan vaderskant gelyk toe hý ’n baba was. Pieter Andries Pretorius, maar op die plaas het hulle hom ‘Leeu’ genoem toe hy klein was, omdat hy partymaal wild en humeurig kon wees.” “Was jy ook ‘wild en humeurig’?” Sy stem is half tergend, half strelend, of verbeel sy haar? “Ek weet nie. My nefies op die plaas het my altyd voorgestel as hulle ‘mal niggie’, maar ek het gedink ek is baie normaal. Ek het nie ‘ wild’ of ‘ humeurig’ of ‘mal’ gevoel nie.”

Dan sê hy: “Dit was die rede waarom ek besluit het om jou vriendin Minette se uitnodigin­g te aanvaar.” “Om uit te vind oor my naam?” “Om uit te vind oor jou. Ek wil jou beter leer ken, Leonine, wou nog altyd. Europa is vol vroue en ek het een of twee van hulle beter leer ken, maar . . . nie een van hulle het ooit genoeg belanggest­el om my te vra wat my van beteken nie.” “Dalk het hulle geweet,” antwoord sy pront. “Ek glo nie. Die een was Frans en die ander een was in die ingenieurs­bedryf in Londen – Engels.”

“Ek is maar so,” antwoord sy. “Ongeneesli­k nuuskierig. Buitendien was jy vir my interessan­t – en mooi.”

“Ditto. Verstaan jy nou waarom ek hier is? Jou onbevangen­heid is vir my onweerstaa­nbaar. Jou leeuoë en lang bene is ’n bonus. Ek was van plan om die skool te bel om te hoor waar jy woon. Ek wou jou opspoor en ek sou geen moeite ontsien om dit reg te kry nie.” Sy lag weer. “Hoe vreeslik. Bly ek kon jou die moeite spaar.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa