Sarie

Brand, Peet Venter (Lapa Uitgewers, R270)

- Adele Vorster

Die roman speel af in die huidige politieke landskap van Suid-afrika en was vir my ontstellen­d realisties.

Die titel, Brand, is meerduidig: Thys, ’n voormalige speurder, werk nou vir ’n geheime organisasi­e en ontmoet vir Delaré Brand. Saam met haar word hy ingetrek by ’n komplot wat tot by die hoogste regeringsk­ringe strek. Die mense van Suid-afrika is keelvol en kom in opstand. Die land bránd. En dan is daar iemand wat probeer breek deur die brandmuur van die rekenaarst­elsel by Thys se werk.

Sy speurwerk lei tot ontstellen­de bewyse van korrupsie op alle vlakke. Dit lyk nie asof die woord demokrasie meer op dié land van toepassing is nie.

Thys se lewe draai om drie vroue: Liesl ’n ITspesiali­s, sy halfsuster Karen, en Delaré, wat gefassinee­r is deur die donker bewussyn van die web en die duister werking van die menslike psige. Hy probeer desperaat om die vroue in sy lewe te beskerm.

Die skrywer bied geen maklike oplossings nie en spaar ook nie die leser se emosies nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa