Wen-bruids­paar

Sarie - - Voorblad -

Daar­was ie­wers ’n oom­blik ty­dens ons ont­haal, tus­sen bos­se blom­me en bla­re en die ge­sig­te van ’n hand­jie­vol ge­lief­des, dat ons na me­kaar ge­kyk het in ont­sag – was hier­die reg­tig óns troue?! Dis on­moont­lik om die vreug­de, af­wag­ting, ge­luk en dank­baar­heid te be­skryf wat ons op ons trou­dag er­vaar het. Teen­oor kos­ba­re fa­mi­lie en vrien­de wat on­meet­baar baie werk in­ge­sit het en al­les in hul ver­moë ge­doen het om ons droom­troue ’n re­a­li­teit te maak.

En wás die troue (met sy I­ta­li­aan­se te­ma deur Dol­ce & Gab­ba­na ge­ïn­spi­reer) ’n droom­troue. Een wat ons wild­ste fan­ta­sieë oor­tref het! Al was dit ’n klein mid­dag­e­te-troue met 20 gas­te, was dit ’n Me­di­ter­reen­se fees. ’n Lang ta­fel het ge­kreun on­der ju­weel­kleu­ri­ge blom­me en ta­fel­doe­ke van goue bro­kaat. Die spys­kaart en dan­kie-sê-ge­sken­kies is nou­keu­rig uit­ge­kies . . . nes ons klein gas­te­lys. Dit was werk­lik die mooi­ste dag van ons le­wens en ons is so dank­baar oor ons fo­to’s waar­op al­les per­fek vas­ge­vang is!

Ek het maar al­tyd ’n sag­te plek­kie vir kant op ’n trou­rok, want dis ro­man­ties en sen­su­eel. A­man­da se naas­wit kant­rok gee vir my pre­sies daar­die ge­voel. Sy het on­ge­loof­lik ge­lyk in ’n rok wat haar soos ’n hand­skoen pas, en die hoë hals­lyn en bonkige oor­bel­le is vars en an­ders. A­ma­ria Car­stens, mo­de­re­dak­teur A­man­da se sil­wer­swart ro­ke­ri­ge oë is klas­siek en e­le­gant, met ’n u­nie­ke tik­kie dra­ma. Saam met haar ro­man­tie­se op­haar­styl en blink haar­band pas haar skoon­heids­voor­koms per­fek by haar trou­rok en die weel­de­ri­ge, e­le­gan­te ge­voel van hul troue. Mo­ni­ca Pie­naar, skoon­heids­re­dak­teur Ons sien el­ke jaar hon­der­de prag­ti­ge trou­es en stra­len­de brui­de, maar el­ke nou en dan kom jy op iets werk­lik be­son­ders af, soos dié een. Kyk jy na die prag­ti­ge rok, oor­bel­le en blom­me, is dit dui­de­lik die bruid het ’n fyn oog vir de­tail, en die paar­tjie is ’n toon­beeld van glans en e­le­gan­sie son­der e­ni­ge uit­spat­tig­heid. Pie­ter Hugo, pro­jek­be­stuur­der Hier­die troue het my hart laat bons van vreug­de, want die aan­dag aan de­tail is ver­stom­mend. En wat­ter mooi paar­tjie is hul­le nie! Hy ’n bie­tjie 007 in sy don­ker­pak en strik­das, sy in ’n rok wat ’n kuns­werk uit eie reg is. So ver­fris­send is ’n trou­rok wat nie vel wys nie, maar tog sen­su­eel en so sexy is. Daar­by ook haar man­ji­fie­ke blom­me en mo­der­ne oor­bel­le vir kleur. Mi­chél­le van B­re­da, Sa­rie-re­dak­teur

FO­TO’S ESTILO PHOTOGRAPHY, www.estilo.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.