Akani Simbine: SA blits mik vir To­kio-goud

Die SA na­el­loop­kam­pi­oen Akani Simbine het dalk by die af­ge­lo­pe S­ta­te­bond­spe­le die goue me­dal­je in die 100 m ver­o­wer, maar dis reeds ver­ge­te. Nou lok To­kio se O­lim­pie­se goud . . .

Sarie - - Inhoud - DEUR DELIA DU TOIT FO­TO MEN'S HE­ALTH / SEAN LAURÉNZ

Suid- A­fri­ka se goue held, Akani Simbine, skuif in sy stoel in by ’n re­stau­rant langs die Ho­ë­pres­ta­sie­sen­trum in P­re­to­ria waar hy oe­fen – die ene bul­ten­de spie­re.

Ten ty­de van die on­der­houd is dit skaars drie we­ke ná die S­ta­te­bond­spe­le in A­pril waar hy die goue me­dal­je in die 100 m-na­el­loop in ’n tyd van 10.03 se­kon­des ver­o­wer het – die eer­ste Suid-a­fri­kaan­se man ooit wat by die by­een­koms goud in dié pres­ti­ge-i­tem kon kry.

Hy be­stel ’n sjo­ko­la­de­melk­skom­mel. Hy het dalk oor­nag ’n held vir ’n nu­we ge­ne­ra­sie ge­word, maar hy is s­teeds net ’n ge­wo­ne 24-ja­ri­ge wat ver­tel hoe hy tuis X­box speel en Netflix kyk – al is dit in die jong­ste A­di­das-mo­des wat hy dees­dae van sy bor­ge ont­vang.

In sy eie oë is hy nie ’n held nie. Hy draai sy kop skuins, kyk af en lag ska­me­rig as jy hom oor sy pres­ta­sies lof toe­swaai. “As ek toe­laat dat e­nig­iets na my kop toe gaan, gaan ek nie op my doel­wit­te kan fo­kus nie. ’n Goue me­dal­je moet ook nie ver­an­der wie jy as mens is nie, die wê­reld is so­veel gro­ter as ek.”

Ty­dens die on­der­houd bel drie an­der joer­na­lis­te om met hom te pro­beer ge­sels. Hoe ver­werk hy al die skie­li­ke aan­dag?

“Ek han­teer dit maar net . . . een ding op ’n slag. En dan gaan oe­fen ek weer,” lag hy.

Hy dink nie eens meer aan sy goud by die S­ta­te­bond­spe­le nie, sê hy, sy oë is reeds op daar­die vol­gen­de doel­wit, die O­lim­pie­se goud . . .

Wat was jou eer­ste ge­dag­te toe jy be­sef jy het die goue me­dal­je by die S­ta­te­bond­spe­le in­ge­oes?

My eer­ste ge­dag­te ná die na­el­loop was net ‘uit­ein­de­lik!’. Dit was on­ge­loof­lik be­vre­di­gend. Dis iets wat ek nog al­tyd wou doen, om goud by ’n groot s­pe­le te wen. Ek en Yo­han Bla­ke [van Ja­mai­ka] het ook al ver­skeie ke­re teen me­kaar ge­hard­loop en hy was al­tyd net een of twee plek­ke voor my. Ek het ge­weet as ek al­les net één keer per­fek kan reg­kry, kan ek hom klop, en dit het ’n twee­de doel­wit ge­word. Ek het so­veel re­spek vir hom, die naas­vin­nig­ste man in die wê­reld. Vir ja­re was hy my held saam met [sy land­ge­noot] U­sain Bolt. Om hom te kon wen by die S­ta­te­bond­spe­le, ’n kom­pe­ti­sie waar dit reg­tig saak maak, was vir my op sig­self ’n pres­ta­sie. Maar ek het dit al­les reeds in my ge­dag­tes op­sy ge­skuif, so­dat ek kan fo­kus op my voor­be­rei­ding vir die sei­soen wat voor­lê.

< Jy klink soos ie­mand wat baie hard op hom­self is. Ek is nooit te­vre­de nie! Dis die lek­ker­ste ge­voel om ’n doel­wit te be­haal, maar in at­le­tiek ver­skuif jou doel­wit­te aan­hou­dend. Ek wil al­tyd ver­be­ter – die bes­te weer­ga­we van my­self wees wat ek op daar­die oom­blik kan wees. Jy moet aan­hou ver­be­ter. Ek het dit al in 2012 be­gin glo, toe ek op 19 die SA ju­ni­or re­kord ver­be­ter het. Dís toe ek baie meer van my­self be­gin ver­wag het, har­der be­gin werk het en be­sef het ek het dalk ’n kans om iets hier­van te maak. En toe ek in 2016 [by die Gyu­lai Ist­ván-by­een­koms in Hon­ga­rye] die SA re­kord met ’n tyd van 9.89 se­kon­des oor­tref het, het ek rég­tig be­gin glo ek kan die wê­reld­kam­pi­oen word. Was dit ’n groot sprong om in 2012 as ju­ni­or na­el­lo­per teen die se­ni­ors te be­gin mee­ding? Ná my eer­ste Eu­ro­pe­se by­een­koms­te as se­ni­or het ek op pad huis toe in die vlieg­tuig be­gin huil. Ek het vir my ma ge­sê ek dink nie die s­port is vir my nie, dat ek voel as­of ek vin­ni­ger kan wees, maar ek weet net nie hoe nie. Daar was so­veel druk in daar­die eer­ste jaar [in die se­ni­or groep]. Ek was die ju­ni­or om dop te hou, want ek het pas 10.19 ge­hard­loop, maar ek kon nie iets ver­mag teen die se­ni­or at­le­te wat al ja­re lank ge­hard­loop het nie. Jy voel as­of jy niks werd is nie. Hoe het jy daar­die te­rug­slag oor­kom? My ma, El­sie, het my her­in­ner aan wat ek al be­reik het – dat ek net met ta­lent en min on­der­vin­ding dit reg­ge­kry het om deel te neem teen die wê­reld se top-na­el­lo­pers. Dis ’n pres­ta­sie, het sy ge­sê, selfs al kom jy laas­te. Dis hoe ek be­sef het jy moet net teen jou­self mee­ding. Jy kan een­vou­dig nie as jong na­el­lo­per op die­self­de vlak wees as ie­mand wat dit al ja­re lank doen nie, al is jy hóé ta­lent­vol.

Ek het vir my­self nu­we, klei­ner doel­wit­te be­gin stel – om net by my oe­fen­pro­gram te hou en my­self te druk tot­dat dit vrug­te af­werp. Ek het ge­mik om net be­ter te wees as wat ek in die vo­ri­ge re­sies was, eer­der as om be­ter as ie­mand an­ders te wees. Dit het s­teeds twee jaar se har­de werk en oe­fe­ning ge­verg om as se­ni­or ie­wers te kom. My af­rig­ter, Wer­ner Prins­loo, is al saam met my se­dert 2010 en het my ook baie ge­mo­ti­veer. Ek het nog el­ke jaar ver­be­ter, so hy doen dui­de­lik iets reg! Hoe be­lang­rik is die gees­te­li­ke en e­mo­si­o­ne­le voor­be­rei­ding? Jou kop is nét so be­lang­rik soos waar­toe jy fi­siek in staat is. By som­mi­ge oe­fen­ses­sies druk jy jou lig­gaam so hard dat dit voel as­of jy níks oor het nie, jou spie­re skree en el­ke stuk­kie van jou lyf is seer. Maar dan dink ek aan my doel­wit­te en ek dwing my­self om aan te hou. Dit verg e­mo­si­o­ne­le taai­heid. Dis iets wat jy deur die ja­re aan­leer. Maar wan­neer ek by my oe­fen­pro­gram ge­hou het, is ek rus­tig voor ’n by­een­koms. So­lank ek weet ek het my kant ge­bring. Waar­aan dink jy by die weg­spring­punt? Aan ab­so­luut niks in daar­die oom­blik nie. Ek wag let­ter­lik vir die skoot en dan hard­loop ek, ver­trou my lyf om oor te neem. Diep, diep bin­ne-in voel ek as­of ek wil ont­plof, maar ek on­der­druk dit. Jy moet leer om jou e­mo­sies te be­heer as at­leet.

Hoe meer ek dit ge­niet, hoe be­ter vaar ek Akani Simbine

Jy het op skool al be­gin uit­blink in at­le­tiek. Wou jy nog al­tyd ’n at­leet wees? Ek wou eint­lik ’n sok­ker­spe­ler word! Ek het al op ho­ër­skool op klub­vlak be­gin speel. Maar my skool, Ed­en­glen in Jo­han­nes­burg, het in ’n sta­di­um ’n te­kort aan at­le­te ge­had en ek word toe die dag ge­vra om aan at­le­tiek deel te neem. Ek het nie juis be­lang­ge­stel nie, maar gaan pro­beer toe. En toe be­gin ek wen en dit al hoe meer ge­niet. Ek het sok­ker ge­los en eer­der op at­le­tiek be­gin fo­kus. Wat­ter soort kind was jy? Ek het ver­skrik­lik baie e­ner­gie ge­had, so ek het aan­hou­dend raas ge­kry om­dat ek die klas ont­wrig het of stout was. Dié dat my ma my aan­ge­moe­dig het om aan s­port deel te neem, want ’n kind met so­veel e­ner­gie raak be­trok­ke by sleg­te din­ge, drank of dwelms, wan­neer hul­le ou­er word. Ek het aan at­le­tiek, krie­ket, rug­by en sok­ker deel­ge­neem en was in al­mal se eer­ste span­ne, so dit het my baie be­sig ge­hou. Waar kom jou sport­ta­lent van­daan? My ma was ook spor­tief as kind. My pa, John, en sus­ter, Mi­ka­te­ko, is weer die brains in die ge­sin. Ek is so bly my ou­ers het my so on­der­steun. Die kans om dit as pro­fes­si­o­ne­le at­leet te maak is eint­lik bit­ter klein, maar ek het nooit eens daar­aan ge­dink tot on­langs nie. Hul­le het my al­tyd laat glo ek kan dit doen. My ma het my aan­ge­moe­dig om ook te stu­deer, maar dit het my nooit laat voel as­of hul­le dink dis iets waar­op ek moet te­rug­val nie. Bolt het in 2017, op 30, af­ge­tree. Dink jy al aan wat jy ná jou at­le­tiek­loop­baan sal doen? Die ge­mid­del­de at­leet kan tot so 35 of 36 nog aan­hou – Bolt het net só goed ge­doen dat daar nie meer vir hom doel­wit­te oor was nie. Ek is nou 24, dus is daar nog heel­wat tyd vir my oor, maar ek het ver­le­de jaar my graad in in­lig­ting­teg­no­lo­gie ge­kry en sal iets daar­mee wil doen.

Ek sal ook graag die jeug wil be­mag­tig, dalk deur mo­ti­ve­rings­praat­jies. Ek voel ver­ant­woor­de­lik teen­oor die jong kin­ders wie se bood­skap­pe ek op so­si­a­le me­dia raak­lees. Ek wil hul­le mo­ti­veer om hul­self te druk om die bes­te te wees wat hul­le kan wees. Ek glo el­ke mens het ’n ta­lent, al is dit nie iets wat dui­de­lik is op skool nie, en jy moet daar­die lig so hel­der as moont­lik laat skyn. Jy is om­trent die SA at­le­tiek­span se ra­sie­lei­er op so­si­a­le me­dia. Is jul­le na aan me­kaar? Ons is ’n lek­ker groep en on­der­steun me­kaar al­tyd. Al­mal wil sien hoe die an­der at­le­te hul bes doen. Ons het ook W­hat­sapp-groe­pe waar ons me­kaar mo­ti­veer. Way­de [van Nie­kerk] se on­lang­se be­se­ring was vir hom ’n groot te­rug­slag, en ons het hom aan­hou­dend pro­beer op­beur. Ook Cas­ter [Se­me­nya] het deur ’n moei­li­ke tyd ge­gaan met die be­oog­de tes­tos­te­roon­vlak-re­gu­la­sies, en ons het haar heel­tyd her­in­ner hoe sterk sy is. Sy is al voor­heen hier­deur en kan dit weer doen. Hoe bly jy self ge­mo­ti­veer wan­neer wen en ver­loor breuk­de­le van se­kon­des uit­me­kaar is? Dís hoe­kom jy net teen jou­self moet mee­ding. In Rio [by die O­lim­pie­se S­pe­le in 2016] was ek in 9.94 se­kon­des net 0.13 se­kon­de ag­ter die wen­ner, Bolt, maar in die vyf­de plek. Ek was s­teeds baie trots op my­self. Net om vir die S­pe­le te kwa­li­fi­seer en dan boon­op in die fi­naal te hard­loop was vir my ’n groot pres­ta­sie. Dit het my baie ge­mo­ti­veer om te weet ek kan teen die wê­reld se bes­tes mee­ding en op hul hak­ke ein­dig. En dit maak dit eint­lik meer op­win­dend, want jy weet ook jy moet net breuk­de­le van se­kon­des vin­ni­ger wees om te kan wen. Daar is niks lek­ker­ders as om ’n doel­wit te be­haal nie. Bolt het een­keer op ka­me­ra raad in jou oor ge­fluis­ter ná ’n na­el­loop. Wat was dit? Hy het ge­sê ek moet op­hou om die s­port so erns­tig op te neem en dat ek dit net moet ge­niet, want dit is ’n kort loop­baan. As jy dit te erns­tig op­neem, gaan jy jou lief­de daar­voor ver­loor, en dan gaan jy nie goed vaar nie. En dit werk. Ek het my­self be­gin her­in­ner dis ’n s­port, dis ver­maak. Dit is dalk my loop­baan, maar dis pret – ek is mal oor die a­dre­na­lien. En toe ek dit meer be­gin ge­niet, het ek be­ter be­gin hard­loop. Is daar nou baie druk ná jy die S­ta­te­bond­spe­le­me­dal­je ge­wen het? So­ver is daar net baie on­der­steu­ning. Die druk is eer­der om nou skie­lik so baie met die me­dia en met men­se op straat te praat. Ek is ’n groot in­tro­vert, ek praat nie baie nie en ge­niet dit om op my eie te wees. Ek kan ook nog­al skaam wees. Dees­dae moet ek my­self dwing om ’n eks­tro­vert te wees wan­neer aan­han­gers met my kom ge­sels, en ek weet nooit wat om te sê nie. Dis vir my moei­lik, maar ek wil ook nie af­sy­dig of groot­kop voor­kom nie, so ek doen dit. Dit kan soms vrees­lik uit­put­tend raak – as in­tro­vert kry jy mos jou e­ner­gie deur al­leen te wees. So ek bly baie by die huis, want ek het my e­ner­gie vir an­der din­ge no­dig. Jy reis dik­wels vir by­een­koms­te. As jy na an­der lan­de kyk, is jy ge­luk­kig in Suid-a­fri­ka? Baie! Ek dink dis die bes­te land op aar­de. Ons het ons pro­ble­me, maar daar is so­veel ge­leent­he­de en dis so mooi hier. Ek sien al­tyd daar­na uit om te­rug te kom wan­neer ek weg was. Dis ook lek­ker om deel te wees van SA at­le­tiek op die oom­blik. Die me­dal­jes rol net in, in swem, at­le­tiek, o­ral! Ek dink ons be­gin uit­ein­de­lik be­wys ons is ’n land om dop te hou, waar ons voor­heen ge­woon net deel­ne­mers was. Dis op­win­dend om deel te wees van die ge­ne­ra­sie wat dít reg­kry en ho­pe­lik die pad vo­ren­toe oop­maak vir die vol­gen­de ge­slag. Ek hoop ook dit kan ’n ver­skil maak aan borg­skap­pe en die be­ta­ling vir at­le­te in die toe­koms, al gaan dit se­ker s­teeds ’n ruk vat voor­dat ons die­self­de aan­sien ge­niet as rug­by en sok­ker in Suid-a­fri­ka. Wat is jou vol­gen­de doel­wit? Ek is baie op­ge­won­de oor ons 4x100 m-af­los­span se toe­koms. Ons is al­mal in­di­vi­du­eel goeie at­le­te, ons moet net meer saam oe­fen om die oor­gee per­fek te kry. Ek glo reg­tig ons kan goud ver­o­wer. En dan wil ek na­tuur­lik O­lim­pie­se kam­pi­oen en wê­reld­kam­pi­oen in die 100 m word . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.