Ko­nink­li­ke troue: ‘En toe kyk Har­ry reg­uit vir my . . .’

XXXXX Di­a­na, prin­ses van Wal­lis, is al ja­re Ar­le­ne Prins­loo se ‘ge­son­de’ ob­ses­sie. In 2011 was sy die nag in die Mall by die Bucking­ham-pa­leis om prins Wil­li­am en Cat­her­i­ne te sien af­haak; dié keer don­ker­og­gend op Wind­sor vir prins Har­ry en sy Meghan

Sarie - - Inhoud -

“HHar­ry!” skreeu ek toe ek die voor­punt van die koets sien. Hy kyk op: reg­uit na my en my groe­pie, vas­ge­druk teen die ver­sper­rings. Meghan kyk ook na ons. Hy waai. Sy glim­lag. Dan is die koets ver­by. Ek draai om, vol hoop om ’n laas­te blik van die koets te kry. Al wat ek kan sien, is uit­ge­strek­te arms met sel­fo­ne . . . en die Wind­sor-kas­teel op die ag­ter­grond, goud­kleu­rig in die skyn­sel van die warm len­te­son.

Dít is my her­in­ne­ring aan Wind­sor, die dor­pie aan die oe­wer van die Teems waar prins Har­ry en Meghan Markle op 19 Mei ge­troud is. Dis op dié dor­pie, waar rye en rye vlag­gies kruis en d­wars tus­sen die win­kels ge­wap­per het, waar ek uit­ein­de­lik die hart­seer beeld van ’n ver­we­se 12-ja­ri­ge wat ag­ter sy ma se be­graf­nis­stoet aan­stap, kon weg­bê­re om plek te maak vir ’n stra­len­de man wat sy bruid se hand in die kerk vas­hou.

Sy ma se jong­ste. Die seun vir wie Di­a­na só hard ge­veg het om sy reg­ma­ti­ge plek in die son te kry en nie afgeskeep te word om­dat sy ou­er broer, Wil­li­am, een­dag ko­ning gaan word nie.

Die knoets van ’n kas­teel op ’n ef­fen­se swel­ling van die land­skap by Wind­sor en Mai­den­he­ad is die per­fek­te ag­ter­grond vir die troue. Die in­ti­mi­teit van die nou straat­jies om die kas­teel en die e­le­gan­te Long Walk wat meer as vier ki­lo­me­ter deur die Gro­ter Wind­sor-park strek, die per­fek­te ver­hoog vir die nu­we her­tog en her­to­gin van Sus­sex om hul bui­ging te maak.

Dat die Sus­sex-eg­paar met hul troue din­ge op hul ma­nier sou doen, was ’n ge­ge­we. Nes die ve­le ko­nink­li­ke ge­brui­ke wat hul­le reeds ver­nu­we het. Har­ry en Meghan is die nu­we glans­paar op die to­neel en word saam met prins Wil­li­am en Cat­her­i­ne, her­to­gin van Cam­brid­ge, die “Fan­tas­tie­se Vier” deur die B­rit­se pers ge­noem. Nie­te­min gaan die paar­tjie ook hul eie koers in­slaan met hul lief­da­dig­heids­werk. Ho­pe­lik sal Meghan vin­nig die mo­de­po­p­e­ti­ket kan af­skud so­dat sy haar merk as fi­lan­troop, eer­der as styl-i­koon, kan maak. Maar soos die wê­reld is, sal haar kle­re, skoe­ne en hand­sak­ke met el­ke ver­sky­ning s­teeds nuus wees.

Di­a­na se seuns sal saam met hul vroue en ge­sin­ne – Har­ry en Meghan is gre­tig om ou­ers te word – die ko­nink­li­ke land­skap ver­an­der en ’n nu­we era in­lui. Ver­wag­tin­ge van Wil­li­am en Cat­her­i­ne ver­skil van dié van die her­tog en her­to­gin van Sus­sex. An­der re­ëls geld vir die B­rit­se troon­op­vol­ger as vir sy jon­ger broer, en Har­ry (én Meghan) gaan ge­dy in dié ef­fens min­der ri­gie­de ma­nier van din­ge doen. Hul­le het daar­die vry­heid wat Wil­li­am en Cat­her­i­ne nie het nie. En met die nu­we bruid ’n ge­bo­re A­me­ri­ka­ner gaan daar beslis nóg ve­le wel­ko­me kin­kels in die toe­koms wees.

Dit was reeds dui­de­lik uit hul trou­re­ë­lings: die veel klei­ner St. Ge­or­ge-ka­pel, ’n gas­te­lys wat nét fa­mi­lie en per­soon­li­ke vrien­de in­ge­sluit het, en ’n di­ver­si­teit van mu­siek en men­se on­ge­kend in die B­rit­se ko­nink­li­ke ge­skie­de­nis. >

S­tra­lend saam met sy bruid . . . die seun vir wie Di­a­na so hard ge­veg het Ar­le­ne

< Hier­teen­oor was Wil­li­am en Cat­her­i­ne se troue ’n oe­fe­ning in ko­nink­li­ke pre­si­sie. In­lig­ting oor die troue, die plek­ke waar die pu­bliek mag oor­nag en die ver­loop van die dag se ver­rig­tin­ge was reeds maan­de voor die tyd be­kend.

Só kon ek lank voor 27 A­pril 2011 be­plan pre­sies waar ek wou uit­kamp, en al­les ge­reed kry om by­na twee dae op ’n sy­paad­jie oor­kant S­ta­ble Yard Ro­ad (die pad wat na Cla­ren­ce Hou­se lei) nes te skop, al­les om meer van die twee prin­se te sien as net op die trou­dag. En dié plan het ge­werk!

Wind­sor was ’n perd van ’n an­der kleur. Maar die min in­lig­ting oor die hoe en waar is on­ge­daan ge­maak toe ek my voe­te op die Long Walk sit. Die uit­sig! Die at­mos­feer! O­ral langs die ver­sper­rings het bon­del­tjies men­se ge­lê wat reeds die vo­ri­ge mid­dag kom uit­kamp het. Die kas­teel het soos ’n slui­me­ren­de grys reus aan die bo­punt van die Long Walk ge­lê.

En al­mal was daar om net een re­de: Har­ry en Meghan.

Op Wind­sor was daar, an­ders as in Lon­den, nie spra­ke van die skou­spel ver­bon­de aan Wil­li­am en Cat­her­i­ne se troue nie. Net baie, baie meer op­win­ding in die lug.

Aan­ge­sien hy die toe­koms­ti­ge ko­ning is, is al­les in die oor­tref­fen­de trap met Wil­li­am se hu­we­lik ge­doen. Boon­op kon ek des­tyds van my uit­kyk­punt af al die be­we­gings van die Bucking­ham­pa­leis na die We­st­min­ster-ad­by en te­rug be­skou. Die bruid en haar pa (beeld­skoon was al waar­aan ek kon dink toe ek Cat­her­i­ne sien), ko­nin­gin E­li­za­beth en prins P­hi­lip, die Yorks, Pip­pa en die strooi­mei­sies, hof­kna­pies, blom­me­mei­sies en na­tuur­lik die brui­de­gom en sy strooi­jon­ker (Har­ry!). Nie die ge­val op Wind­sor nie. Hier was dit ’n reu­se-piek­niek­par­ty­tjie in die park en op die sy­paad­jies teen die han­ge van die Wind­sor-kas­teel. Ti­pies Har­ry het hy die men­se wat hom en sy bruid wou ge­luk­wens, deel van die se­re­mo­nie ge­maak met groot Tv-skerms al langs die Long Walk.

Al kon jy dalk nie op die skerm sien nie, kon jy hoor. En waar kry jy ’n meer sur­re­a­lis­tie­se er­va­ring as om op die gras (nou droog) op ’n kom­bers te sit, en die lied “S­tand by Me” deur ’n gospel­koor te hoor? Al die ha­re op my lyf het reg­op ge­staan. Kort-kort het die ska­re ge­brul soos uit een mond, daar was mee­le­wing met die diens en die preek wat geen mens on­aan­ge­raak kon laat nie. Jy ver­geet nooit, ooit eerw. Mi­cha­el Cur­ry se vu­ri­ge preek nie.

Daar op die gras, in die son wat die mid­dag bit­sig warm be­gin brand het, was jy só deel van die troue as­of jy self in daar­die Go­tie­se prag­stuk van ’n ka­pel ge­sit het. ’n Paar treë van my af het ’n jong mei­sie be­gin huil toe die trou­pan­de aan­ge­steek word, en haar ma het haar vas­ge­hou . . .

Die e­mo­sies het hoog ge­loop. Die par­ty­tjie­gees langs die Long Walk het op­ge­maak vir die twee “horse guards”

wat te perd die weg ge­baan het vir die Ascot Lan­dau­koets met die bruids­paar. Jy kon hul­le van ver af hoor aan­kom. Die ge­jil, die ge­skreeu. Soos ’n reus­ag­ti­ge Mex­i­kaan­se golf by ’n sport­wed­stryd, maar net met twee men­se in ’n koets wat tus­sen der­dui­sen­de be­won­de­raars deur­ry, glim­lag en wuif.

Ek was dank­baar dat die koets sta­di­ger ge­ry het as die Rolls-roy­ce waar­mee Meghan en haar ma, Do­ria Rag­land, die og­gend ver­by my ge­blits het. Die chauf­feur het ef­fens te sta­dig by hul luuk­se oor­nag­ho­tel weg­ge­trek, en moes toe op die Long Walk op­maak om die bruid be­tyds by die ka­pel te kry. Al wat ek kon sien, was ’n wit skyn­sel en ’n stof­streep!

Wat sê jy oor ’n bruid wat met haar keu­se van ’n ti­a­ra uit die ko­nink­li­ke ver­sa­me­ling juis die een ge­kies het waar­mee sy haar per­soon­lik­heid só kon uit­beeld: sterk, self­ver­se­kerd en op die vrou af. Geen de­li­ka­te fril­le­tjies en in­ge­wik­kel­de pa­tro­ne soos Cat­her­i­ne se prag­ti­ge Car­tier Ha­lo-ti­a­ra nie. Meghan se ti­a­ra met sy sterk ly­ne was juis die trot­se ko­nin­gin Ma­ry s’n – ko­nin­gin E­li­za­beth se ge­lief­de ou­ma. Die ko­nin­gin na wie ko­nin­gin E­li­za­beth en haar na­sa­te – C­har­les, Har­ry en C­har­lot­te – so on­ge­loof­lik baie t­rek.

Die Gi­ven­chy-trou­rok was só eie aan die Meghan-per­soon­lik­heid wat ons nou al leer ken het. So as­of sy al die kla­ter­goud­ja­re in Hol­ly­wood ag­ter haar sit en met ’n skoon lei haar ko­nink­li­ke le­we te­ge­moet stap. Die by­na ge­stroop­te ont­werp met een­vou­di­ge ly­ne te­ke­nend van haar styl. En ag, as die rok ’n bie­tjie los ge­sit het, is dit da­rem nou reg­tig nie die erg­ste nie. Daar­voor het haar breë glim­lag en sproet­jiesneus op­ge­maak.

Die e­nig­ste tier­lan­tyn­tjies in haar trou-en­sem­ble was die fyn­ste bor­duur­werk op haar vyf me­ter lan­ge slui­er, wat die amp­te­li­ke blom­me van die S­ta­te­bond in­ge­sluit het, as­ook Ka­li­for­nie­se pa­pa­wers en die “win­ter­sweet” wat in die Ken­sing­ton­pa­leis se tui­ne groei. Dié bor­duur­werk is ’n kop­knik aan ko­nin­gin E­li­za­beth se ver­bin­te­nis tot die S­ta­te­bond, en die rol wat ook Meghan hier­in sal speel. Die ko­nin­gin het nie ver­niet kort voor die troue vir Har­ry die jeug­am­bas­sa­deur van die S­ta­te­bond ge­maak nie. Die nu­we le­we wat die twee na die S­ta­te­bond kan bring, sal die voort­be­staan van die bond kan ver­se­ker.

In teen­stel­ling met haar skoon­sus­ter Cat­her­i­ne se trou­rok, wat baie sty­le­le­men­te by die Hol­ly­wood-prin­ses Gra­ce ge­leen het, was die beeld van Meghan een van een­voud, ’n bruid so e­te­ries dat haar aan­koms by die ka­pel tot waar prins C­har­les by haar in­ge­haak het by­na on­werk­lik was. Ek het ge­kyk en van stom­me ver­won­de­ring net weer op die gras gaan sit. S­pra­ke­loos.

Ook die rui­ker en blom­me in die ka­pel was in sterk teen­stel­ling met Cat­her­i­ne se klas­sie­ke maar meer ge­de­tail­leer­de keu­se.

Dit was dui­de­lik dat Meghan met haar meer “een­vou­di­ge” voor­koms ook by die ko­nink­li­ke styl­boek ge­hou het om nie haar skoon­sus­ter te oor­ska­du nie.

En dit is juis in die een­voud van die dag – in ko­nink­li­ke ter­me ge­spro­ke – waar­in die suk­ses ge­leë was. My son­brand het ver­dwyn, ek kon my moeg­heid ná 21 uur van wak­ker wees af­slaap. Maar die her­in­ne­rin­ge sal ek nooit ver­geet nie. In daar­die se­kon­des waar ek skaars ses me­ter van Har­ry en Meghan was, het ek ’n prent­jie ge­sien van twee men­se wat lief­de ge­vind het en daar­in ge­dy. En hoe lief­de in­der­daad al­les kan oor­kom. Net soos eer­waar­de Cur­ry ge­preek het.

Ar­le­ne Prins­loo is we­bre­dak­teur by Net­werk24.

Ek sien ’n prent­jie van twee men­se wat lief­de ge­vind het Ar­le­ne

Fo­to’s Gallo Images / Getty Images

LINKS Die nu­we her­tog en her­to­gin van Sus­sex kom pas ná die se­re­mo­nie in die St. Ge­or­ge-ka­pel in hul koets aan­ge­ry om die ska­res te groet waar­in Net­werk24­joer­na­lis Ar­le­ne Prins­loo ook wag.

By­na on­werk­lik . . . Die prins hand aan hand met sy e­te­rie­se bruid op die trap­pe van die St. Ge­or­ge-ka­pel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.