Mans wat hul maat ver­moor: Vroue wéét, sê ken­ners

Ge­wo­ne na­me, be­ken­de na­me, naam­lo­ses . . . Al­mal vroue wat deur ’n eg­ge­noot, min­naar of eks ver­moor word. In SA drie vroue el­ke dag; wê­reld­wyd 119 daag­liks. Een prent­jie van die in­tie­me vrou­e­moor­de­naar is daar nie. Maar hier­die is ’n feit: die vrou wéét .

Sarie - - Inhoud - DEUR LY­DIA VAN DER MER­WE

Sul­ke dier­ba­re men­se . . . Tsk . . . tsk . . . klap die bu­re van Mar­tin en Jen­ny van der Mer­we van Port E­li­za­beth tong. Hul­le was so ’n nor­ma­le eg­paar. Hy’t nog Son­dag die re­ën­me­ter leeg­ge­maak en al­ler­han­de wer­kies om die sier­steen­huis ge­doen.In­tus­sen lê sy vrou se lyk in die vries­kas . . . Dood weens ’n hou teen die kop met ’n stomp voor­werp. En­ke­le ure la­ter het hy hom­self op­ge­hang, vol­gens Net­werk24.

In Suid-a­fri­ka word drie vroue daag­liks deur ’n eg­ge­noot, min­naar of eks ver­moor. Dis een el­ke agt uur, ne­gen­tig ’n maand . . . Wê­reld­wyd word 119 vroue per dag deur ’n in­tie­me maat of fa­mi­lie­lid ver­moor – een el­ke 12 mi­nu­te.

Hy soek to­ta­le be­heer, soos ’n al­sien­de oog joer­na­lis S­chalk S­choom­bie

< Daar is ’n on­sig­ba­re oor­log teen vroue, sê joer­na­lis en skry­wer S­chalk S­choom­bie. Nie net in so­ge­naam­de ont­wik­ke­len­de, arm lan­de nie, maar ook “be­skaaf­de” plek­ke met wet­te in plek daar­teen. So pas het sy boek daar­oor, Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue ver­moor (Hu­man & Rous­seau, 2018), ver­skyn.

Die voor­val kan wê­reld­wyd op­slae maak, soos met die A­me­ri­kaan­se voet­bal­held O.J. Simp­son des­tyds. Hy is uit­ein­de­lik vry­ge­spreek van die moord op sy vrou, Ni­co­le, en ’n vriend. Dit kan bi­sar wees, soos Joel Ma­ho­a­se van A­man­zim­to­ti wat sy vrou, Le­se­go, met ’n hand­gra­naat op­ge­blaas het. Dalk word ’n huur­moor­de­naar in­ge­span: Chris­to­pher Pa­nayi­o­tou het R70 000 be­taal om sy vrou, Jay­de, te laat ver­moor om­dat dit hom glo te veel geld ge­kos het om haar én sy min­na­res ge­luk­kig te hou.

Ree­va S­teen­kamp, An­ni De­wa­ni, pas weer die twee boe­sem­vrien­din­ne wat in die S­tel­la-skool­kos­huis ver­moor is en waar­oor die een se eks-kê­rel glo ge­bieg het . . . En so­ve­le an­der waar­van skaars in koe­ran­te mel­ding ge­maak word.

’n Ne­tjie­se prent­jie van dié man soek jy ver­niet. Na­si­o­na­li­teit, kleur, ou­der­dom, kin­der­ja­re, ge­leerd­heid, loop­baan, vo­ri­ge mis­daad­oor­tre­dings: daar is nie oor­een­stem­ming nie. Dit kan jou vaal buur­man wees. Of jou jo­vi­a­le kol­le­ga.

Net so uit­een­lo­pend is die wa­pens wat ge­bruik word. Mes­se, pyl­ge­we­re, klip­pe, toi­let­bak se dek­sel, hand­sae, bo­re, so as­of hy die ding gryp wat die naas­te is. Ke­vin S­mit­ham, ’n B­rit, het on­langs sy vrou, Kan­da, dood­ge­skop. Meest­al is dit ’n vuur­wa­pen, dalk om­dat dit tra­di­si­o­neel ’n man se wa­pen is, vol­gens S­chalk.

Het­sy ’n pas­sie­moord, in die hit­te van die oom­blik. Of fyn be­plan, oor tyd. ’n Man staan nie net een og­gend op en be­sluit hy gaan sy vrou van­dag ver­moor nie. “Daar is dik­wels ’n pa­troon, ’n lang aan­loop, waar­skyn­lik fi­sie­ke, e­mo­si­o­ne­le en/of gel­de­li­ke mis­han­de­ling,” sê dr. Pix­ie du Toit, fo­ren­sie­se kri­mi­no­loog van P­re­to­ria. So­wat 84% van haar werk be­staan uit ge­sins­ge­weld.

En S­chalk sê: “Dis on­moont­lik om oor in­tie­me vrou­e­moord te praat son­der om nie ook huis­hou­de­li­ke ge­weld te noem nie. Dis span­maats.”

Dik­wels is dit ie­mand met ’n ska­du­kant, maar nie nood­wen­dig sig­baar vir die wê­reld daar­bui­te nie. Ken­nis­se en kol­le­gas kan dalk nie glo hy het dit ge­doen nie.

Maar sy vrou kán. En sy kin­ders. Ge­reeld hoor jy daar­na sy het vir ie­mand, ’n vrien­din, siel­kun­di­ge, maat­skap­li­ke wer­ker, ge­sê: “Hy gaan my ver­moor.” Hul­le dink sy oor­dryf.

Men­se wat hom goed ken, sal dalk ná die tyd sê die ge­vaar­te­kens was daar. Ja­loe­sie, be­sit­lik­heid, ’n vin­ni­ge hu­meur, do­mi­ne­rend. ’n Moei­li­ke man.

Vol­gens dr. Du Toit hou die vrou as slag­of­fer óók ’n front voor. “Sy’s skaam en wil nie hê men­se moet weet nie.”

Jy is ook nooit te oud om deur jou man ver­moor te word nie. Ko­bus Groe­ne­wald (84) van S­til­fon­tein het sy vrou, Dien­kie (69), met ’n kie­rie dood­ge­slaan.

Sy kin­ders ver­tel hy was al­tyd ’n ge­weld­da­di­ge man, dat hul­le al­tyd bang was vir hom.

S­wan­ger­skap kan dit ook nie keer nie. Hy voel dalk hy gaan haar aan­dag met die kind moet deel, of dis ’n gel­de­li­ke las. Hy gee voor hy sien uit na die ba­ba se koms, maar in sy kop be­plan hy moord, vol­gens S­chalk.

Een ding waar­oor ken­ners saam­stem, is dat in­tie­me vrou­e­moor­de se wor­tels in die pa­tri­ar­ga­le siens­wy­se lê. S­chalk sê: “Hy wil to­ta­le be­heer oor haar uit­oe­fen, soos ’n al­sien­de oog. Sy is ’n be­sit­ting wie se lot hy kan be­paal.” En An­dré le Roux, skry­wer van Nar­sis­te, psi­go­pa­te, stal­kers en sa­dis­te ( Ta­fel­berg, 2017): “Dis ’n on­ding en ons word so groot. Daai man moet be­sef hy’s niks be­ter as sy vrou nie.”

Die kri­tie­ke tyd vir ’n in­tie­me vrou­e­moord, is na­vor­sers dit eens, is net voor of ná sy haar man ver­laat. Som­mi­ge stu­dies wys tot 75% van die moor­de vind dán plaas. Die ge­vaar neem met­ter­tyd af, maar daar is mans wat dit ja­re la­ter doen as sy eks ’n nu­we ver­hou­ding aan­knoop, of weer wil trou.

Dis ’n mi­te dat ’n man wat nooit sy hand teen­oor sy vrou sal lig nie, haar nie sal ver­moor nie. An­dré sê: “Die be­dees­de ou­tjie kan ook moord pleeg.”

’n Veel gro­ter ge­vaar­te­ken is as hy haar ob­ses­sief dop­hou, haar e-pos­se en ak­ti­wi­teit op so­si­a­le me­dia mo­ni­tor en haar teis­ter deur aan­hou­dend te bel, te e-pos en on­ver­wags on­ge­nooid by haar op te daag ( stal­king). ’n Stu­die het be­vind 76% van vroue wat deur hul maat ver­moor is en 85% wat dit oor­leef het, is só ge­teis­ter, vol­gens S­chalk.

Ja, daar is ook vroue wat mans ver­moor, maar dik­wels word dit deur ja­re se mis­han­de­ling voor­af­ge­gaan. An­ders as mans, sê An­dré, ge­bruik vroue ge­woon­lik ’n nie-bloe­di­ge ma­nier, iets min­der per­soon­liks as ’n wa­pen. Gif, of sy rand hom aan ter­wyl hy slaap, ver­wurg of ver­drink hom. Of sy ge­bruik ’n huur­moor­de­naar.

Nes die in­tie­me vrou­e­moor­de­naar, kan sy slag­of­fer nie in ’n kas­sie ge­plaas word nie. Be­hal­we vir een ei­en­skap, vol­gens An­dré: aan­ge­leer­de hul­pe­loos­heid. ’n Ge­voel van mag­te­loos­heid. “Ek kan nie op­staan teen hom nie, ek’s vas­ge­vang.” Sy loop la­ter op ei­ers, wil niks sê of doen om hom uit te lok nie.

’n On­sig­ba­re oor­log . . . hoe nou? Die ant­woord be­gin by hoe jy jou seun groot­maak, sê S­chalk. Met rug­by en jag as go­de en die i­dee dat ’n man nie durf uit­druk­king gee aan diep, mens­li­ke e­mo­sies nie? Dat ge­weld, vloek en skree as op­los­sing vir pro­ble­me ge­bruik word? Leer hom liefs van kleins af Pa is nie die e­nig­ste ge­sags­fi­guur nie. Daar moet ’n ba­lans van mag wees. As hy ewe veel lief­de, re­spek en ag­ting vir al­bei ou­ers het, sal hy dit waar­skyn­lik een­dag na sy eie ge­sin oor­dra.

Vol­gens dr. Du Toit geld sul­ke aan­ge­leer­de ge­drag ook vir mei­sies. Sy sien as Ma tel­kens die knie buig voor Pa: “Ek’s jam­mer, my man.” As sy ’n pas­sie­we in­ge­steld­heid het en nie op­staan vir haar reg­te nie. “Ou­ers is s­teeds ons groot­ste rol­mo­del­le. Kin­ders is soos spon­se. Wat in hul ou­er­huis ge­beur, word her­haal wan­neer hul­le groot is.”

Ver­an­de­ring be­gin ook by jóú. As jou man jou die eer­ste keer slaan, moet dit die laas­te keer wees. Doen jy niks nie, gaan dit weer ge­beur. En glo dit maar, dit gaan toe­neem in in­ten­si­teit, meer ge­weld­da­dig raak. Dis ’n voor­spel­ba­re pa­troon. Tot­dat hy jou dalk met ’n mes steek, of skiet, sê sy.

“As hy sy hand teen jou lig, gaan sien sáám ’n be­ra­der. Staan jou man. ‘Jy’t nou ge­vloek en ge­skree, die eer­ste en laas­te keer. Jy is ge­stres, maar haal dit nie op my en die kin­ders uit nie.’”

Die be­dees­de ou­tjie kan ook moord pleeg

skry­wer An­dré le Roux

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.