3 SA­RIE Voor­blad­ge­sig­te: Ons doen ons eie ding

SA­RIE se Voor­blad­ge­sig­wed­stryd spog el­ke jaar met ’n in­te­res­san­te groep. Vroue so­veel meer as ’n mooi ge­sig. Drie van hul­le, elk met hul eie on­der­ne­ming, ver­tel oor hul pad INSPIREERDERS

Sarie - - Inhoud - DEUR MARGUERITE VAN WYK

‘Ek was nog al­tyd on­af­hank­lik’

Car­li­ze Ear­le, ei­e­naar van Ear­le De­sign op Ge­or­ge, Suid-kaap

Tyd staan nie stil nie en sy wou voor der­tig haar eie be­sig­heid hê.

Ein­de 2014 het Car­li­ze Ear­le haar bin­ne­ver­sier­win­kel, Ear­le De­sign, op Ge­or­ge oop­ge­maak.

Sy sal 2015 nooit ver­geet nie. “My be­sig­heid het goed af­ge­skop, en ek het SA­RIE se Voor­blad­ge­sig­wed­stryd ge­wen.” Sy is s­teeds ver­stom dat sy op die laas­te nip­per­tjie be­sluit het om in te skryf en toe wél ge­wen het.

Car­li­ze was nog al­tyd on­af­hank­lik. Op la­er­skool al het sy ou kle­re, speel­goed en kom­buis­wa­re uit die mo­tor­huis ver­koop. “Met mark­dag by die skool was daar geen keer aan my nie.”

Des te meer na­dat sy as SA­RIE Voor­blad­ge­sig aan­ge­wys is. Dit het haar nu­we moed ge­gee. Men­se het skie­lik be­sef dié mooi vrou woon op Ge­or­ge en het by haar win­kel gaan in­loer. “Ek het die kans aan­ge­gryp. Ook toe ek in die tyd­skrif SA­RIE WOON ver­skyn, het dit baie nu­we kli­ën­te aan my be­sorg.”

Haar pad na die be­dryf was heel toe­val­lig. Klein­tyd het sy nie ge­weet wat sy “een­dag” wou word nie. Ná ma­triek aan die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof in P­re­to­ria het sy ’n ruk lank in­lig­tings­ont­werp aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria stu­deer, maar dit was nie vir haar nie. Toe volg ’n bie­tjie mo­del­werk en la­ter gra­fie­se kuns. Toe sy Ge­or­ge toe ver­huis, is sy bloot­ge­stel aan bin­ne­ver­sie­ring en het sy be­sef “dít is my wê­reld”.

Dit was nie moei­lik om ná vyf jaar in die be­dryf (eers heel­tyds by ’n maat­skap­py en la­ter vry­skut) haar eie ding te be­gin doen nie. “Ek was nie die brood­win­ner nie en kon fo­kus op my pas­sie.”

Sy het haar be­sig­heid be­gin met spaar­geld. Dank­sy haar toe­wy­ding het sy gou waar­de­vol­le ken­nis in haar veld op­ge­doen. “Ge­or­ge het die laas­te tyd baie uit­ge­brei. Werk is vol­op. En al die nu­we kom­pe­ti­sie hou my op my to­ne.”

Ba­lans kom nie al­tyd mak­lik nie. Dik­wels is sy van vroeg­og­gend tot laat­aand voor haar re­ke­naar. “Jy is reg­tig so goed soos jou laas­te op­drag. Dit is ’n nag­mer­rie as kli­ën­te nie van jou ‘mees­ter­stuk­ke’ hou nie, maar jy leer om din­ge nie per­soon­lik op te neem nie.”

Niks sou moont­lik ge­wees het son­der haar on­der­steu­nings­net­werk nie. “My ma, Ina, is my rots. Ná skool ver­sorg sy my kin­ders, Zack (7) en Cla­ra (4).” Haar pa, Chris­to, sit graag hand by. En haar man, I­meul, ’n pro­jek­be­stuur­der by ’n kon­struk­sie­maat­skap­py, is ’n stil­le krag.

Die mooi lap en kleur­ry­ke teks­tu­re om haar maak haar op­ge­won­de. “Ek het vry­heid. Om jou stem­pel af te druk laat jou voel jy maak ’n ver­skil.”

Deel van haar suk­ses, glo sy, is om te be­lê in goeie ver­hou­dings. “Ons is ’n fa­mi­lie­be­sig­heid wat me­kaar se sterk en swak pun­te ver­staan. My s­koon­ma, Su­ma­rie, het on­ge­loof­li­ke flair. My broer, LC [S­teyn], het in Fe­bru­a­rie by ons aan­ge­sluit. Hul­le deel my pas­sie om die bes­te uit el­ke dag te haal. En ek hou nooit op droom nie.”

Op 33 is sy te­vre­de met haar le­we.

‘Ek het ge­weet ek móét die be­sig­heid be­gin’

Va­len­sia Wai­ba­le, ei­e­naar van Nan­ny-on-call, ’n Jo­han­nes­burg­se maat­skap­py wat op aan­vraag huis­hul­pe en kin­der­op­pas­sers voor­sien

As wer­ken­de ma het Va­len­sia Wai­ba­le ge­reeld ge­suk­kel om be­trou­ba­re huis­hul­pe en kin­der­op­pas­sers te vind. Ve­ral ná haar man se tra­gie­se dood het sy ’n be­hoef­te aan goeie on­der­steu­ning ge­had, ie­mand op wie se nom­mer sy kon druk. Toe be­gin sy haar eie be­sig­heid.

Nan­ny-on-call is nog net so­wat ’n jaar aan die gang, maar Va­len­sia het reeds 100 men­se wat vir haar werk.

Sy ver­tel sy het nie haar werk as be­stuur­der van mens­li­ke hulp­bron­ne in Jo­han­nes­burg be­dank nie – sy wou nie al­le se­ku­ri­teit prys­gee nie – maar het net ge­weet sy móét so ’n on­der­ne­ming be­gin. “My si­tu­a­sie het my daar­toe ge­dwing. My ge­lief­de Ja­cob is op ons plaas by Ve­ree­ni­ging voor my in ons huis dood­ge­skiet. Dit was so trau­ma­ties. Ek het geen on­der­steu­nings­net­werk ge­had nie. Ek moes de­pres­sie en angs te bo­we kom en sterk wees ter wil­le van my kin­ders. En tus­sen­deur hard werk om die pot aan die kook te hou.”

Met Nan­ny-on-call was ’n groot pro­bleem op­ge­los. Sy het haar han­de vol, maar “al­les werk tog mooi uit”. Boon­op help sy só werk­ge­leent­he­de vir an­der skep. “As jy die kans het om an­der te be­mag­tig, móét jy. En ek het ge­glo as ek vir my­self werk, sou ek kon.”

Haar ma, E­li­za­beth de Bruin, het haar klein­tyd op die warm U­ping­ton in die Noord-kaap ge­leer, as jy wil, kan jy e­nig­iets met die hulp van God reg­kry. Va­len­sia glo dis juis dank­sy haar ge­loof dat sy staan­de bly.

Sy ver­tel dit het haar self­ver­troue ’n hup­stoot ge­gee toe sy in 2016 een van SA­RIE se 10 Voor­blad­ge­sig-fi­na­lis­te was. Dit het op die “reg­te” tyd ge­beur, toe sy op ’n “don­ker plek” in haar le­we was ná haar man se dood. Sy en haar twee kin­ders, Cai­ro (nou 8) en R­he­ma (2), woon dees­dae in Mey­ers­dal in die sui­de van Jo­han­nes­burg.

Va­len­sia het ná skool heel­wat mo­del­werk ge­doen, en dis juis dié spaar­geld wat sy kon ge­bruik om haar nu­we be­sig­heid te be­gin. ’n Goeie re­ken­mees­ter wat kan help met ’n or­dent­li­ke sa­ke­plan was haar vol­gen­de stap.

“Kon­tant­vloei is ’n daag­lik­se uit­da­ging. My werk­ne­mers moet el­ke maand be­taal word.” Sy moet ook se­ker maak dat hul­le puik diens le­wer. “Ek bel kli­ën­te en hoor of hul­le te­vre­de is. As hul­le nie is nie, moet ek die wer­ker mo­ti­veer om be­ter te vaar. Ek ver­tel hul­le hoe kos­baar werk in Suid-a­fri­ka is. As hul­le nie ver­be­ter nie, het ek geen keu­se as om hul­le af te dank nie. Dit is moei­lik en maak jou hart­seer, maar wat kan jy doen?”

Va­len­sia kry daag­liks op­roe­pe van men­se wat werk soek en ge­sin­ne wat by tye skoon­ma­kers en kin­der­op­pas­sers be­no­dig. “Ek het voor­af deeg­lik na­vor­sing ge­doen, met baie men­se ge­sels en be­sef daar is ’n groot leem­te in die mark.” Sy doen moei­te om die reg­te kan­di­da­te te kry, maak se­ker van hul kwa­li­fi­ka­sies, doen on­der­hou­de en volg ver­wy­sings nou­keu­rig op.

Sy is ver­vuld as en­tre­pre­neur. “Dit maak ’n ver­skil in an­der en in my eie ge­sin se le­we. Ek het meer vry­heid en tyd vir my kin­ders.” Sy glo dit is be­lang­rik om ’n ba­lans tus­sen jou werk en private le­we te vind.

“Jy moet al­tyd dank­baar wees. Hoe meer jy dié be­gin­sel toe­pas, hoe meer goeie din­ge sal in jou le­we – ook in jou be­roep – na jou te­rug­kom. Ek gló dit.”

‘Ek dink ek het my pels ge­vind . . .’

Ta­na Fer­rei­ra van P­re­to­ria, ei­e­naar van Die Kaal Ko­nyn Il­lus­tra­sies

Op 26 het Ta­na Fer­rei­ra, SA­RIE Voor­blad­ge­sig 2012, al al­les pro­beer. Sy was lug­waar­din, het in die rol­prent­be­dryf ge­werk, was gri­meer­kuns­te­naar . . . “ek was ver­veeld”.

Ta­na glo nie jy kan stil­sit en wag dat din­ge met jou ge­beur nie. Sy het ’n ga­ping in die A­fri­kaan­se mark ge­sien vir ’n k­re­a­tie­we, di­gi­ta­le mo­de­kon­sep. Toe stig sy die di­gi­ta­le­kuns­on­der­ne­ming Die Kaal Ko­nyn.

Sy het van die be­gin ge­weet sy het baie vry­heid no­dig en dat sy nie in­ge­perk kan word deur werks­re­ëls nie. “Ek het in 2012 ’n hon­neurs­graad in in­lig­tings­ont­werp aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria ver­werf. Maar gra­fie­se kuns boei my. Vir be­mar­king be­no­dig jy net ’n re­ke­naar en so­si­a­le me­dia.”

Gou was men­se gaan­de oor die “Kaal Ko­nyn”-lyn­sket­se wat sy op die vi­su­e­le net­werk In­sta­gram be­mark het. “Die naam kom van ’n ge­dig wat ek ge­skryf het toe ek deur ’n i­den­ti­teits­kri­sis ge­gaan het. Die ko­nyn ver­loor haar pels en soek daar­na – dis me­ta­fo­ries vir mil­len­ni­ërs wat al­e­wig op soek is na wie ons reg­tig is. Ek dink ek het uit­ein­de­lik my pels ge­vind.”

Sy het ook saam met ’n goeie vrien­din, I­sa­bel de Vil­liers van I­sa­bel de Vil­liers Clo­thing in P­re­to­ria, ge­werk en ’n reeks sket­se op haar T-hem­de ge­bor­duur. “Dit het baie goed ver­koop en my be­sig­heid het ge­blom,” sê Ta­na.

Dit was die be­gin van al­ler­lei pro­jek­te waar sy met an­der saam­werk. Sy het T-hem­de ver­sier met ge­bor­duur­de ontwerpe wat vroue aan­moe­dig om hul lig­gaam lief te hê. Nou werk sy aan ’n “kaal woor­de”-pro­jek, waar­voor ’n A­fri­kaan­se vrien­din die ge­dig­te skryf. Ta­na maak die sket­se wat op T-hem­de ge­druk en aan­lyn ver­koop word. (Sy stel al haar “le­we lank” be­lang in die mo­de­be­dryf, so daar­die kant van haar word ook be­vre­dig.)

As een­vrou-on­der­ne­ming is sy te­vre­de met haar be­sig­heid se groei die af­ge­lo­pe jaar. “Ek bied ’n u­nie­ke pro­duk. Men­se is keel­vol vir mas­sa­pro­duk­sie. Ek is meer self­ver­se­kerd as toe ek jon­ger was. Nou waag ek die sprong in die vreem­de in en is nie meer so bang om fou­te te maak nie, want ek leer daar­deur. Dit maak my ster­ker. Ek wil an­der ook aan­spoor om die­self­de te doen.”

Twee van haar vrien­din­ne wat fo­to­gra­fie-on­der­ne­mings be­sit, gee haar baie raad oor hoe sy haar on­der­ne­ming suk­ses­vol kan be­stuur. “Hul­le het my ook na van hul kli­ën­te ver­wys, wat baie ge­help het. Ons werk ge­reeld saam. Dit in­spi­reer en mo­ti­veer my om i­dees met an­der k­re­a­tie­we men­se uit te ruil.”

Dit is nie al­tyd mak­lik om vir jou­self te werk nie, gee sy toe. “Vry­heid is heer­lik, maar jy moet ook weet hoe om jou tyd te be­nut. Soms moet jy om die blok draf en ’n room­ys eet om weer i­dees te kry. Jy moe­nie te hard op jou­self wees nie. Wat ’n ver­lig­ting dat ’n baas nie ver­wag dat ek vroeg op kan­toor is nie!”

Vir Ta­na is die groot­ste uit­da­ging om ’n roe­ti­ne te kry en daar­by te hou. “Vryskut­te is al­tyd om­ring met hul werk. Daar­om wil ek bin­ne­kort kan­toor­ruim­te huur so­dat ek nie al­tyd by die huis hoef te werk nie. Dit sal my dwing om soms af te ska­kel.”

Nóg ’n uit­da­ging is kon­tant­vloei. “Jy moet al­tyd se­ker maak jy kan vir jou­self werk skep. Ek bied ge­reeld spe­si­a­le aan­bie­dings aan, wat ver­se­ker dat men­se my on­der­steun.

“Ek sou vroe­ër ge­waag het om ’n en­tre­pre­neur te word as ek ge­weet het hoe vei­lig dit is om ‘on­vei­lig’ te voel.”

FO­TO LEANA CLUNIES-ROSS

Va­len­sia Wai­ba­le, Top-10-finalis SA­RIE Voor­blad­ge­sig 2016

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.