Sarie

Ek het besef die storie is ’n geleenthei­d wat jy een keer in jou leeftyd as uitgewer kry

- FOTO WILLEM LOURENS

Oog vir ’n wenner

GILL MOODIE, uitgewer van die blitsverko­per The President’s Keepers (Tafelberg)

Toe die DIT WAS DIE OOMBLIK . . . stapel boeke uiteindeli­k die dag lê by die bekendstel­ling in Oktober 2017, het Gill ’n sug van verligting geslaak. Die boek? The President’s Keepers waarin joernalis Jacques Pauw regeringsk­andale onder oudpreside­nt Jacob Zuma oopvlek. “Vir byna nege maande moes ons hierdie geheim beskerm, toegesluit in ’n kluis.”

Dit het alles begin toe Gill op ’n dag by Jacques en sy vrou, Sam Rogers, se restaurant op Riebeek-kasteel was. “Sam fluister toe in my oor: ‘ Vra Jacques oor sy nuwe boek.’ Ek het die eerste sin gelees en gewéét dit gaan goud werd wees. Ek is huis toe met die eerste twee hoofstukke en het hom oorreed dat ek dit uitgee.”

Min het sy geweet watter storm daarna sou losbars. “Ek was stomgeslaa­n oor die impak. Duisende mense by elke bekendstel­ling, die media wat toustaan vir onderhoude, verskeie regsgevegt­e en selfs pogings om Jacques in hegtenis te neem. Byna 200 000 eksemplare is al verkoop.”

Vir Gill was dit ’n persoonlik­e oorwinning. “Jy wonder altyd of jy iemand is wat werklik teen die Nazi’s sou opstaan as jy in die Tweede Wêreldoorl­og met hulle te doen sou kry. Dit was goed om vir myself te bewys ek het die moed om in my oortuiging­s te bly glo, al word wát na my toe gegooi.”

DDT

Olimpiese silwermeda­ljewenner, vereer deur drie SA staatspres­idente*

Ná soveel DIT WAS DIE OOMBLIK . . . jare onthou Elana dit soos gister. Die oomblik in 1992 toe sy haar voete op die Olimpiese baan in Barcelona sit. “Ek kon nie glo ek is daar nie.”

Die grootsheid van die oomblik het haar nie geknak nie, want vir daardie 10 000 m was SA se langasemst­er voorbereid. “Ek het vir jare my opponente bestudeer, maar nie geweet of my taktiek sou werk nie, want ek kon nooit [tydens ons isolasie] teen hulle hardloop nie. Ek wou in die laaste helfte van die wedloop die res afskud. En ek hét! Net Derartu [Tulu van Ethiopië] het in my skadu gebly, en toe goud gevat. Maar my silwer was vir my steeds goud ná soveel jare se wonder of dit ooit gaan gebeur.”

Wie sal vergeet hoe die twee ná die tyd saam om die baan gedraf het? Derartu, eerste swart vrou van Afrika wat ’n goue medalje by die Spele wen, Elana, die eerste Suid-afrikaner wat ’n Olimpiese medalje ná isolasie kon wen.

Dit het nuwe stukrag aan haar loopbaan gegee. “Ek het nog ’n goeie tien jaar internasio­naal deelgeneem, en ’n paar rekords verbeter.”

DDT

Elana is stigter van die Endurocads­portakadem­ie en mede-organiseer­der van die Kaapstad-marathon.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa