Sarie

Dís jou kans!

- Bekroonde skrywer

ANSOLET ROSSOUW,

internasio­nale model DIT WAS DIE OOMBLIK . . .

Dis byna soos jou eerste soen, beskryf die 18-jarige model van Bloemfonte­in die gevoel voor sy op die loopplank in modestede soos Milaan en Parys uitstap en moet skitter. “Ek is net 200 000 keer meer senuweeagt­ig. Maar dis die soort opwinding wat lei tot ongekende vreugde. Jy stap uit, die ligte skyn op jou, en dis jóú oomblik,” het sy aan W24 gesê. Ansolet is deur ’n Kaapse modelagent­skap op Instagram ontdek. Sy glo in haarself, wil nie iets probeer wees wat sy nie is nie. En sy het gou geleer: jy is sterker as wat jy dink. “As jy by ’n oudisie kom en jy sien groot name soos Kaia Gerber, kan jy in jouself begin twyfel. But you need to own it.” Net Chanel het haar ontwyk. Maar toe die legendarie­se Karl Lagerfeld, kreatiewe reus van dié topmodehui­s, vroeër vanjaar by die keuring vir ’n Paryse modeverton­ing was, het sy vir haarself gesê: “Dís jou kans, Ansolet!” Sy het na hom gestap en haarself voorgestel. Daarna het sy die oproep gekry – sy was ín. ST

Poësie in stories

NADIA DAVIDS, en dramaturg

Toe DIT WAS DIE OOMBLIK . . . Nadia sewe jaar oud was, het haar ma vir haar ’n notaboekie gegee om haar stories neer te skryf. “Ek het kleintyd al toneelstuk­kies opgemaak wat die kinders in die familie sou opvoer. Ek het nog altyd geweet dís wat ek met my lewe wil doen.”

Haar toneelstuk­ke – At Her Feet, Cissie en What Remains – het haar al sewe Fleur du Cap-toekenning­s besorg en is selfs in Amerika en Brittanje opgevoer. Haar debuutroma­n, An Imperfect Blessing (Umuzi), is in 2014 as die radiostasi­e 702 se boek van die jaar aangewys.

Haar ouers se aanmoedigi­ng en hoe hulle ander mense hanteer het, het van haar ’n goeie skrywer gemaak. “Ek het die vermoë om te luister by my ma en pa, Shereen en Joe, geleer. Hulle sou altyd groot genot uit mense se stories kry. Hulle het my gewys daar’s ’n soort poësie in alledaagse stories – in mense se eie vertelritm­e, hul grappies, hoe hulle betekenis aan hul stories gee.” Sy het daardie luisterver­moë deur die jare verskerp en gebruik dit as sy skryf.

DDT

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa