Strewe na perfeksie
KITTY PHETLA, senior solis en choreograaf, Joburg Ballet
Dis byna surrealisties – die bar, DIT WAS DIE OOMBLIK . . . kurkdroë bedding van die Theewaterskloofdam . . . en dan rys Kitty as’t ware daaruit op en begin dans. Meesleurend. ’n Reëndans, geïnspireer deur die Balobedu-stam se Modjadji (reënkoningin). Dit word ’n internetsensasie.
Kitty, ’n berekende danser wat “glo in dissipline”, het nog altyd dinge op haar manier gedoen. Waar sommige dansers “emosioneel is en hul ballet uit die gut geïnspireer word”, het sy “nie tyd vir wonder oor gevoelens” wanneer sy dans nie. “Ek streef na perfeksie. Maar ek glo my benadering kan ook die gehoor roer. Jy moet net wéét hoe om met jou gehoor te kommunikeer,” het sy al aan SARIE gesê.
Einde verlede jaar het sy die kollig laat val op die knellende Kaapse droogte toe sy hierdie treffende ballet in die dolleë dam – deur haar gechoreografeer – uitgevoer het. Haar boodskap was klokhelder.
ST
Statebond-swemkampioen
Met een DIT WAS DIE OOMBLIK . . . lengte oor in die 200 m-borsslagfinaal by die Statebondspele in April vanjaar het die hele land uit hul stoele opgespring en die jong Suid-afrikaner aangemoedig. Tatjana, pas 21, was etlike meter weg van die goud, maar die ander swemmers het haar begin inhaal. Toe maak sy dit, en stel boonop ’n nuwe Afrika-rekord op met haar tyd van 2:22.02!
Dit was vir haar báie minder stresvol as vir kykers tuis, sê sy. “Ek het net teen myself meegeding, wou net my bes doen. Ek kon nie glo toe ek wen nie. Eers die aand in my bed het dit ingesink, en ek het begin huil van blydskap.”
Die 200 m was haar item, “maar toe val die 100 m-goud boonop in my skoot, en ek dink dit het steeds nie ingesink nie. Dit wys jou, harde werk lewer resultate. Moet jouself nooit met ander vergelyk nie, doen dinge teen jou eie tempo.”
DDT
CINDY NELL, Mej. SA 2002 en filantroop
’n Miskraam DIT WAS DIE OOMBLIK . . . ’n paar jaar gelede het Cindy in depressie gedompel. “Ek het soos ’n slagoffer gevoel. Ek was kwaad – vir my man, vir God, vir die wêreld. Ná twee gesonde swangerskappe het ek nooit gedink dit sou met my gebeur nie. Ek was so emosioneel dat die kleinste dingetjie my oorweldig laat voel het.”
Maar met die hulp van ’n sielkundige het sy begin beter voel. “Uiteindelik het ek besef dat ek só op die slegte in my lewe fokus dat ek vergeet van die goeie, en myself baie meer hartseer maak as wat nodig is. Ek het begin fokus op dít waarvoor ek dankbaar is.”
Woede en wrokkigheid word ná ’n ruk ’n gewoonte, glo sy, maar dankbaarheid kan daardie gevoelens genees. En nou help Cindy ander vroue om ook die swaar te oorkom. Sy het Women4women (women4women. co.za; @women4womensa op Instagram) begin, ’n stigting om vroue te bemagtig. “Om ander vroue te help om hul drome te bewaarheid is meer vervullend as wat ek kon hoop.”
DDT
INGRID JONES, besturende direkteur van Mikateko Media en paneellid van die geselsprogram Tussen ons op kyknet&kie
’n Boek het DIT WAS DIE OOMBLIK . . . haar jaar, haar lewe verander. Mindblowing, is hoe Ingrid die effek beskryf wat Shonda Rhimes se Year of Yes (en haar TED Talks-praatjie My Year of Saying Yes to Everything) so twee jaar gelede op haar gehad het. Nét daar het Ingrid op ’n “Jaar van ja sê” besluit. Om ja te sê vir dinge buite haar gemaksone. Dinge wat sy nog nooit ervaar het nie. By praatjies moedig sy ook gehore aan: “Sê ja vir daardie skrikwekkende goed. Nie omdat dit gevaarlik is nie, maar omdat dit jou emosioneel terughou.”
Ingrid versamel nou ervarings – sy noem dit “expedition happiness”. “Ek doen dinge wat my gelukkig maak. Ek en my man is pas terug uit Amsterdam, nadat ’n vriend sy woonstel vir ’n maand aan ons geleen het. En daar’s die nuwe Tv-reeks waaroor ek besonder opgewonde is, regstreeks, voor ’n gehoor. Ook uit my comfort zone uit. Vandat ek die boek gelees het, sê ek já op my pad van gelukkige ervarings.”
ST Ingrid was voorheen assistentredakteur van SARIE. MARLENE LE ROUX, Kunstekaap
Sy sou hom Jan noem. DIT WAS DIE OOMBLIK . . . Haar tweede kind, tweede wonderwerk, omdat sy nie gedink het sy sou kinders kon hê nie. “En toe hy gebore word, lyk hy nes ’n Jan. Rooi hare, spierwit. Dit was ’n groot geskinder in die hospitaal. [Sy en haar man is bruin.] Maar iets sê vir my ’n engel het oor my pad gekom. Dat ons ’n spesiale reis saam gaan hê.”
En sy noem hom Adam, na aanleiding van Martha Beck se gelyknamige boek, oor haar seun met Downsindroom.
Daar was geen uiterlike teken van die serebrale verlamming waarmee Marlene se Adam later gediagnoseer sou word nie. Op 25 Oktober verlede jaar, pas voor sy sestiende verjaardag, is hy oorlede. Sowat 2 000 mense het Adam, wat nie kon praat nie en aan ’n rolstoel gekluister was, se begrafnis bygewoon.
“Die ganse kabinet was daar. Gestremdes het ’n halfuur van die stasie geloop om dit te kon bywoon. Hy’t sonder taal, kultuur, godsdiens grootgeword. Maar Adam raak mense se lewens aan. Waaroor baklei ons oor sulke netelige goed? Ons is uiteindelik almal net mense.”
Lvdm Marlene het al verskeie toekennings gekry vir haar werk om die lot van gestremdes te verbeter. Onder meer die Commonwealth Point of Light, wat namens koningin Elizabeth in Kaapstad aan haar oorhandig is. Syself is gestremd, ná polio op 3.