Sarie

Wees onafhankli­k

- Bekroonde Kwv-wynmaker: The Mentors, Perold

HENDRIEN KRUGER, entreprene­ur

Haar pa DIT WAS DIE OOMBLIK . . . se dood toe sy sestien jaar oud was, het Hendrien anders na die wêreld laat kyk. “My ma was ’n onderwyser­es met vier kinders, en skielik was ons in ’n finansiële krisis gedompel. Ek het toe besef ’n vrou moet nooit toelaat dat sy van iemand anders afhanklik is nie.”

Hendrien was reeds op skool kelnerin om geld te verdien en was daarna nooit sonder werk nie – selfs terwyl sy toerisme en later bemarking studeer het. Maar haar deurbraak was haar besluit om INOAR (Brasiliaan­se haarreeks) in te voer. “Dit was moeilik. Ek het geen agtergrond in die bedryf of as invoerder gehad nie. Ek het van salon na salon gery met produkte. Mense wou nie dat ek hulle kom sien nie. Maar ek het regtig daarin geglo, en net aangehou.”

Vandag het INOAR Suid-afrika 15 werknemers, met 89 verskillen­de produkte wat ingevoer word. Vir Hendrien is die bemagtigin­g van vroue belangrik. Sy stel net vroue aan. “Daar is soveel geleenthed­e, solank jy in jouself en in jou werk glo. Moenie iets doen net om ure te klok of geld te maak nie.”

DDT FOTO: Victor Oliveira Photograph­y vir die tydskrif Get It Pretoria

Wynmaak soos tennis

IZELE VAN BLERK, en Dr Charles

Dis al wat sy wou doen, waarvoor sy gewerk DIT WAS DIE OOMBLIK . . . het, vandat sy as 13-jarige vir SA tennis gespeel het. Haar loopbaan uitgestipp­el, met ’n gesogte vierjaar-sportbeurs in Amerika. Maar toe verander alles in ’n oogwink, die dag op ’n baan in Colorado. Een oomblik het Izele vir ’n bal gehardloop, die volgende het haar knie meegegee. Kruisligam­ente geskeur. Haar tennisdroo­m aan skerwe.

Maar Izele het nooit gewonder “Wat as . . .” nie. Om positief te wees was nog altyd in haar aard. Sy’t gaan BSC studeer, die wyngogga het gebyt en vandag proe sy sukses – as wynmaker. Sy beskryf die parsproses as ’n aanhoudend­e tennisweds­tryd. “Dis uithou en aanhou. Baie ure insit. En jy weet nooit waar jou opponent die bal gaan slaan nie!”

Sy is passievol oor The Mentors, die eksperimen­tele kelder van KWV wat sy onder meer bestuur. “Jong wynmakers kry hier die kans om innoverend te raak . . . met nuwe metodes, kultivars, streke, vate, noem maar op.”

In 15 jaar het sy nog net twee keer ’n raket opgetel. “Ek kyk nie een oomblik terug nie.”

ST

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa