Sarie

Jy móét droom, jy kan dit maak, al sê mense wat

- * en Die fliek

JILL LEVENBERG, aktrise, Fleur du Cap-wenner

Wêrelde het vir Jill oopgegaan toe sy DIT WAS DIE OOMBLIK . . . vir ’n paar jaar ná skool oorsee gaan werk het, maar dis veral haar tyd in ’n kunstenaar­skolonie in Duitsland wat iets binne haar “oopgeblaas het”. “Daar was kunstenaar­s van New York, Pole, Rusland, oral. Ons het gesing in ondergrond­se klubs, ek was in ’n akoestiese en ’n elektronie­se band, ons het gedigte geskryf en opgevoer. Daar het ek vir die eerste keer saam met ander kunstenaar­s aktivis geword – ons het geveg om ons kolonie van sloping te red. Ek het gedink ek sou eendag oorsee bly, maar daardie passie het my aangevuur om terug te kom, om in my eie land kreatief te wees, stories te vertel. Ek het by UCT kom drama studeer.”

’n Oproep van David Kramer ’n paar jaar later was vir haar die teken: sy het rég gekies. “Met vorige oudisies het ek nie ingekom nie. Ek was platgeslaa­n, ek het gedink ek gaan nooit goed genoeg wees nie. Later het ek vir Lynelle Kenned in Blood Brothers ingestaan. En toe bel David my . . . Hy het gesê hy skryf ’n rol vir my. Wat ’n eer.”

Vir dié rol, as Lucy Moten in Orpheus in Africa, het sy ’n Fleur du Cap-toekenning gekry. “Vir jong vroue van kleur wil ek sê: Jy kán bo jou omstandigh­ede uitstyg. Ek, ’n meisie van Kensington, het.”

ST Jill speel Mymoena Samsodien in kyknet se Suidooster, Ellen in die fliek Ellen, Die storie van Ellen Pakkies. begin op 7 September landwyd draai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa