Sarie

K ON KLE STORIES! WAAROM GLO ONS DIT? Dis

Klimaatsve­randering ’n foefie! Die wêreld is besaai met gekke stories. En baie van hulle glo ons. Hoekom? Die antwoord lê dalk in ons DNS

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

die einde van die wêreld en dit skeel jou min? Mos nie die eerste keer dat dit ons gaan tref nie.

23 April sou D-dag wees, volgens die Amerikaans­e sameswerin­g-teoretikus David Meade. Toe nie. Die aardbol tol steeds voort om sy as.

Ons is gespaar van die geheime planeet Nibiru (ook genoem Planeet X) wat teen die aarde sou bots. Die teorie dat dit eendag Armageddon gaan veroorsaak, doen sedert 1995 die ronde. Nancy Lieder, wat glo deur ruimtewese­ns ontvoer is, is deur hulle daarvan verwittig. Sowaar!

Meade het reeds twee keer vantevore die wêreld se einde voorspel. Jy sou dink hy het lankal alle geloofwaar­digheid by sy volgelinge verloor. Nietemin het mense oorlewings­gidse en huise in Nieu-seeland gekoop ter voorbereid­ing van die katastrofe, volgens www.cnbc.com.

Hulle is om ons. Mense wat sulke konkelstor­ies glo.

< Volgens peilings die afgelope dekade of so glo sowat die helfte van Amerikaner­s hul regering steek iets rondom die 9/11-aanvalle weg. Sowat 4 uit 10 reken klimaatsve­randering is ’n wetenskapl­ike foefie. En ’n derde dat die regering iets oor ruimtewese­ns verdoesel. ’n Kwart is bekommerd oor die New World Order (’n geheime totalitêre wêreldorde). Nog 4% dink reptiele wat ’n menslike vorm kan aanneem, het regerings binnegesyp­el en manipuleer die wêreld. Sowat 7% was net nie heeltemal seker daarvan nie.

Lawwe Yanks! Of wag, nie so vinnig nie. Bes moontlik ken ook jy iemand wat ’n paar sulke gek stories glo. Dalk glo jý daarin. Die meeste van ons hang waarskynli­k minstens een aan. Sulke teorieë weerspreek die algemeen aanvaarde verklaring vir ’n gebeurteni­s of verskynsel. Dus die doodgewone verduideli­king daarvoor. Dikwels is daar ’n verborge, kwaadwilli­ge mag wat probeer om ’n gruwelike doelwit te bevorder.

“Nuuskierig­heid is in ons DNS ingebou, ’n behoefte om te weet, te verstaan,” sê dr. Helgo Schomer, sielkundig­e en motivering­spreker van Kaapstad. “Ons vra gedurig hoekom dinge gebeur . . . en kom net so vinnig met antwoorde na vore. Dalk belaglike antwoorde, nie gegrond op feite of die waarheid nie. Dikwels het dit meer ten doel om ons te troos, by ons wêreldsien­ing in te pas. Dis waar sameswerin­gsteorieë inkom. Selfs ’n vals verduideli­king (of teorie) is steeds een wat ons ’n gevoel van gerustheid, sekerheid en begrip gee.” Dus: Ons wil antwoorde hê, selfs al is dit nie die waarheid nie.

Mos ’n vreemde spulletjie, is die stereotipe prentjie van die mense agter sulke teorieë. ’n Klein maar gek groepie randeiers wat in kelderverd­iepings woon, middeljari­ge mans, intelligen­te buitestand­ers met ’n eksentriek­e benadering tot navorsing.

Vroue doen egter net so graag mee, volgens Suspicious Minds. Opleiding en inkomste maak ook nie juis ’n verskil nie. Hul geledere sluit effens meer mense in wat nie hoërskool

Sal pro-immuniseri­ng-veldtogte ouers se houding teenoor die Mmr-entstof (teen masels, pampoentji­es en Duitse masels) verander? Om dit te toets is sowat 2 000 Amerikaans­e ouers by ’n studie betrek. Wêreldwyd is daar ’n verdagmake­ry teen dié entstof weens ’n beweerde verband met outisme. Dit ten spyte daarvan dat geen wetenskapl­ike bewyse bestaan dat dit jou kind kan benadeel nie.

Nie een van die studie se ingrepe het gewerk nie. ’n Inligtings­tuk wat fokus op die gebrekkige bewyse vir ’n verband tussen outisme en die Mmr-entstof het wanopvatti­ngs daaroor skynbaar verminder. Tog het dit nie ouers laat afsien van hul voorneme om nié hul kinders te laat inent nie. Foto’s van kinders met masels, pampoentji­es en Duitse masels het net die geloof versterk dat die entstof outisme veroorsaak. Terwyl ’n dramatiese storie van ’n siek kindjie wat byna dood is weens masels hulle net meer oortuig het die entstof is gevaarlik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa