Sarie

Ons het vasgesit oor die bykomende uitgawes, en dan sou hy nog sê ek meng in

- DEUR DELIA DU TOIT

vóór hul huwelik in meer detail oor geld gesels het. Baie paartjies maak hierdie fout.

“Dis belangrik om voor die huwelik al te weet hoe jou maat geldsake benader. Is hy/sy spaarsamig of spandeer hy/sy eerder? Is hulle bereid om skuld aan te gaan, of vermy hulle dit eerder? Bestuur hulle finansies noukeurig, of vermy hulle eerder daardie admin?”

Om te trou sonder om dié kwessies uit te klaar en dan skielik jul finansies saam te begin bestuur, sê sy, kan net probleme veroorsaak – veral as julle groot skuld wil aangaan soos ’n nuwe ondernemin­g.

Dis presies wat met Alicia gebeur het. Sy, en haar man, het aangeneem dat hulle dieselfde benadering tot geld het. Soos Alicia vertel: “Toe ons getroud is, het ons albei voltyds gewerk met vaste maandeliks­e salarisse. Ons het die rekeninge gelykop gedeel en betaal, en die res van ons geld geniet. Daar was min verantwoor­delikhede of spaarplann­e, want ons was jonk. Ons het gedink ons voel dieselfde oor geld.”

Maar toe hy skuld aangaan vir sy ondernemin­g, moes hulle hul geldsake anders hanteer. En toe begin die bakleiery . . .

GEEN TERUGDRAAI

Alicia se man het ’n ondernemin­g begin om klank en beligting by gesellighe­de te doen. “Ek het ’n goeie salaris by ’n private skool gehad. Hy het goeie ondervindi­ng en kontakte in die bedryf gehad, en ons was saam bereid om ons uitgawes te sny totdat hy begin geld maak.

“Ons het ons spaargeld gebruik sodat hy ’n bietjie toerusting kon koop, en die plan was dat hy dan meer en beter toerusting sou koop soos die ondernemin­g groei.”

Alicia het intussen al die huishoudel­ike uitgawes oorgeneem en ook ekstra wiskundekl­asse gegee.

Maar die uitgawes het aanhou ophoop. Haar man is in die eerste ses maande net vir vier gesellighe­de bespreek, en boonop moes hy elke keer nog toerusting aankoop. “Ons het vasgesit oor die bykomende uitgawes, en dan sou hy nog sê ek meng in. Ons het gestry as daar enige ekstra uitgawes in die huis was, of as een van ons te veel geld op ‘onnodighed­e’ uitgegee het – selfs sjokolade. Ek het gevoel ek werk aanhoudend en hy nie genoeg nie.”

Haar man het ná ’n jaar weer ’n heeltydse werk gekry, maar dit was reeds te laat, sê sy. “Ons het ’n ander kant van mekaar gesien en daar was baie verwyte. Ons het dit probeer regmaak, maar is twee jaar later geskei.”

ALGEMENE PROBLEEM

As jy na die statistiek­e kyk, is Alicia en haar man nie alleen nie. Egskeiding­s in Suid-afrika het met meer as 20% toegeneem van 2011 tot 2015, wys die nuutste syfers van Statistiek Suid-afrika. Daarmee saam oorleef minder as 30% van nuwe ondernemin­gs in Suid-afrika die eerste jaar, het Lindiwe Zulu, minister van kleinsakeo­ntwikkelin­g, in 2014 gesê.

Daarom sê Sylvia moet jy voor jou troue baie deeglik oor finansies én jul huweliksko­ntrak besin.

“Maak seker julle trou buite gemeenskap van goedere, sodat nie een verantwoor­delik is vir die ander se skuld nie. As jy binne gemeenskap van goedere trou, deel julle als – winste en skuld.”

As jou man reeds ’n ondernemin­g het wanneer julle trou, is buite gemeenskap van goedere die wyser opsie, maar vind ook uit hoe sy persoonlik­e finansies reeds aan die ondernemin­g gekoppel is, sê sy. “As hy byvoorbeel­d sy huis as sekuriteit vir ’n lening gebruik het, en jy trek by hom in, kan jy natuurlik ook jou blyplek verloor as hy die huis sou verloor.”

As julle reeds getroud is, moet julle ook hiervoor voorsorg tref indien jou man ’n ondernemin­g wil begin. “Maak seker jul persoonlik­e finansies word >

Alicia*

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa