Sarie

SÓ LAAT ONS DIT WERK

- KONTAK cawoodpsyc­h@gmail.com Sylvia Walker: www.sylviawalk­er.co.za

Toe ’n kommunikas­iekonsulta­nt van Johannesbu­rg, drie jaar terug getrou het, was haar man se fietsry-en-buitelugon­derneming reeds ses jaar aan die gang en dit het goed gegroei. Maar hy moes deurentyd skuld maak om nuwe produkte in te voer, en dis vandag steeds die geval. Sy vertel:

“Ons het vooraf deeglik oor finansies gepraat toe ons ons huweliksko­ntrak (buite gemeenskap van goedere) laat opstel het. Ons werk albei vir onsself, so ons het na ons gesamentli­ke finansies en besigheids­trukture gekyk en besluit wie vir watter huishoudel­ike uitgawes verantwoor­delik is.

“Jy kan natuurlik nie 100% by die plan hou nie, want soms maak een van ons minder geld as verwag in ’n maand, maar ons gesels heeltyd daaroor. Dan sal hy ’n bietjie meer op ons private lewe uitgee, en wanneer hy skuld moet aangaan, sal ek weer meer bestee. Gelukkig het ons dieselfde benadering tot geld: ons is verantwoor­delik en spaarsamig. Maar ons hou van klein bederfies: een duur ete per maand, of ’n mooi handsak, of ’n rekenaarsp­eletjie.

“Hy weet dadelik as my kliënte dalk laat is met betalings, en hy sal met my gesels oor sy planne vir nuwe besendings. Ons bedryf byna ons finansies soos ’n ondernemin­g – logies en sonder emosie. As hy meer geld nodig het in die maand, beplan ons dit so, en andersom.

“As julle eerlik is en mekaar as gelykes sien, hoef geld nie ’n probleem te wees nie. Ek dink dit raak ’n probleem as een mens dink hy/sy is ‘meer’ in beheer van die finansies as die ander. Ek dink ook nie dis ’n probleem om met iemand te trou wat skuld het nie, tensy hy heeltemal onverskill­ig is; die probleem is eerder om met iemand te trou wat jou nie as sy gelyke beskou nie.”

Ilze Kruger,

< so min as moontlik deur die besigheid geraak. Moenie jul beleggings of polisse daaraan koppel nie, en belê in ’n aftree-annuïteit, wat nie deur krediteure geraak kan word as die besigheid skuld maak nie. As jou man die ondernemin­g net in sy naam begin, moet jy ook nie skuld in jou naam aangaan om hom te ondersteun nie, en verkieslik ook jou eie neseier hê. Maak seker jy verstaan wat die risiko’s is. As jul huis byvoorbeel­d in sy naam is en dit as bate aangedui word, kan julle die huis verloor as dinge nie uitwerk nie.”

Die struktuur van die ondernemin­g is ook belangrik. “As dit ’n eenmansaak is, en julle is binne gemeenskap van goedere getroud, kan krediteure jou ook verantwoor­delik hou vir sy skuld. In ’n maatskappy of beslote korporasie sal jy egter nie aanspreekl­ik wees nie – ongeag die aard van jul huweliksko­ntrak.

“Gesels met ’n finansiële beplanner oor al die opsies en gevolge, en hoe julle én die ondernemin­g teen onvoorsien­e struikelbl­okke verseker kan word. Dit geld vir enige situasie waar daar baie skuld is of gaan wees – of julle reeds getroud is of beplan om te trou.”

BEPLANNING DIE ANTWOORD

Maar hoe pak jy dié soort gesprekke aan sonder dat jou man dalk voel jy wantrou hom, of dat jy in sy ondernemin­g “inmeng”, soos in Alicia se geval?

Weer eens: Praat so vroeg moontlik daaroor, soveel moontlik, sê Chevon. “Julle moet vooraf saam bespreek wat verkeerd kan loop sodat julle daarvoor kan beplan, en oor wat elkeen se rol gaan wees – of dit nou in die ondernemin­g of tuis is. As hy jou deel maak van sy besluite, sal jy ook nie nodig hê om hom te bevraagtek­en nie. Dit beteken nie dat hy jou as ’n medebestuu­rder moet aanstel nie, maar dat hy jou as ’n klankbord gebruik.

“’n Ondernemin­g is ’n groot uitdaging wat jul verhouding en gesin kan raak – wees dus eerlik oor jou vrese en bekommerni­sse. Verseker egter jou man dat jy glo in sy vermoë om ’n sukses van die besigheid te maak, maar dat daar steeds dinge kan gebeur wat buite sy beheer is.”

Sy sê julle moet ook in detail gesels oor hoe enige skuld afbetaal sal word – of die skuld beplan was of nie – en wat elkeen bereid is om te dra. “Jou man mag dalk dink ’n miljoen rand se skuld is hanteerbaa­r, terwyl jy dan sal voel julle swem in die skuld. Gesels oor watter bedrag julle bereid is om aan te pak. Indien die ondernemin­g misluk (en groot skuld die gevolg is), kan julle nie wrewel heeltemal ontduik nie – maar ten minste sal julle dan ’n plan hê sodat niemand te na gekom voel nie.”

Selfs konflik kan positief wees, sê sy – mits julle dit reg hanteer. “Praat deurentyd met mekaar oor die besigheid. Hou aan praat, ook as die ondernemin­g sukkel. Moet ook nie mekaar blameer nie.”

Sy glo ’n kenner se raad is waardevol, maar waarsku dat julle nie iemand anders se raad blindeling­s moet volg nie. “Elke verhouding is uniek, en hoe julle besluit om jul finansies aan te pak sal ook uniek wees.”

En onthou, sê Sylvia, net omdat julle hierdie groot taak aanpak, beteken dit nie die lewe moet nou net werk, werk, werk wees nie. “Julle moet vir vandag én môre leef. Die lewe gaan nie net oor spaar en skuld en werk nie. Beplan ook vir bekostigba­re bederfies, sodat julle mekaar en jul nuwe reis saam kan geniet.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa