Prinses Maria Alexandrovna
< hul huiskombuis met ’n pakkie Marie en ’n blikkie kondensmelk weggeëet het. Lank voor ons van S’mores geweet het, was Maries met ’n vulsel reeds ’n ding. Persoonlik verkies ek twee preutse Maries met ’n geil laag romerige botter in die middel. Kosskrywer Sam Woulidge onthou hoe sy as kind haar botterbesmeerde Maries gedruk het tot botterwurmpies deur die gaatjies gepeul het.
Marie pas by alles van kondensmelk, karamel, grondboontjiebotter en heuning tot tuisgemaakte S’mores met ’n malvalekker tussen twee koekies wat vinnig in die mikrogolfoond gesmelt word. En dan is daar die souterige Marie-maats. Kaas met of sonder botter, Marmite, Bovril en die slaat-my-om-met-’n-kaneelstokkieligsinnigheid van kondensmelk én sardientjies! SuidAfrikaners se liefde vir bisarre soet-en-sout-kombinasies ken geen perke nie. Nés ons geliefde Marie. Ná byna 150 jaar vind elke generasie nuwe maniere om die beskuitjie op te tert, of in nog ’n resep te inkorporeer.
Marie was aanvanklik fênsie – in vergelyking met die klipharde koekies waarop seemanne hul oorblywende tande stukkend gebyt het – maar die ongekompliseerde bekostigbaarheid van die resep het gesorg dat dit met verloop van tyd ’n stapelvoedsel geword het. Kosstileerder en kookboekskrywer Callie Maritz het as 13-jarige sy konstante hongerpyne met Maries gestil. “Ek het ’n koffiebeker gehad waarin ’n Marie presies gepas het. Dan het ek vier op ’n slag in die koffie gedruk en gekyk hoe dit deur die gaatjies syfer, voor ek nog vier ingedruk het. Ek kon so sestien tot twintig inpas tot al die vloeistof geabsorbeer is, en dan het ek die warm Marie-pap met ’n teelepel geëet.” Callie se Marie-smake is vandag ietwat meer verfynd. Hy bak graag daarmee en sy gunsteling is “Die Koekenaap”melktertresep in Die Suid-afrikaanse Melktertversameling, geskryf deur Callie en sy suster, Mari-louis Guy. Die kors bevat ’n mengsel van Marie-krummels en kokosneut, wat bo-oor gestrooi word. Die Spanjaarde was veral versot op Marie. Die Latynse