Sarie

Marie-beskuitjie­s in Suid-afrika 175km 15x

-

María het ná afloop van die burgeroorl­og in 1939 ’n simbool van ekonomiese heropbou geword. Spaanse bakkerye het massas Marías geprodusee­r om die koringoors­kot te verwerk.

Namate die ekonomie herstel het, is María ook op meer vindingryk­e maniere gebruik. Die beskuitjie word dikwels met ’n lagie vanieljevl­a geëet, maar myns insiens vat Barcelona die koek as dit by Marías kom. Twee beskuitjie­s met ’n lagie vla tussenin word blitsig in melk en dan in eier gedoop, waarna dit in olie gebraai word tot goudbruin. Die warm koekies word dan in kaneelsuik­er gerol! Derduisend­e middernagf­eeste en kerkbasaar­s later, en niemand hier het ooit dááraan gedink nie? Die Kataloniër­s mag maar.

María is ewe gewild in LatynsAmer­ika. In Uruguay word dit met dulce de leche (karamel) en gerasperde kokosneut geëet. In Brasilië week hulle die beskuitjie­s in melk en pak dit in lae met sjokolade-en-vanieljevl­a tussenin om ’n torta de bolacha (beskuitjie­tert) te maak. Die Iere noem haar Marietta en Noorse Mariekjeks bevat as gevolg van verbruiker­sdruk geen palmolie nie. Plek-plek word ’n karamel- of sjokoladeg­eur-marie gemaak, maar die oorgrote meerderhei­d lyk en proe soos die oorspronkl­ike beskuitjie.

Die resep bestaan sedert 1874 uit koringmeel, suiker en palmolie of sonnebloms­aadolie, en het ’n subtiele vanieljege­ur. Dis juis die afwesighei­d van botter wat dit vir die Spanjaarde so lekker maak, aangesien hulle tradisione­el nie botter eet nie en eerder met olie bak. Die lae voginhoud van 1-6% maak die Marie ’n uitstekend­e doopkoekie, want dit keer dat die dun koekie onmiddelli­k in warm vloeistof verkrummel.

Een van die min lande wat nie aan die gewilde Marie wou byt nie, is Frankryk. Juis omdat dit geen botter bevat nie, en wanneer dit by gebak kom, verkies die Franse hul koekies bros en botteragti­g.

Baumann’s Biscuits, die oorspronkl­ike vervaardig­er van Marie-beskuitjie­s in Suid-afrika, het sy naam in 1915 na Bakers Biscuits verander. Bakers Blue Label Marie is steeds die grootste verkoper van Mariebesku­itjies in Suid-afrika. Sou die beskuitjie­s langs mekaar in ’n ry gepak word, vervaardig Bakers 175 km se Maries per dag. Die jaarlikse produksie sou 15 keer om die aarde kon draai. Volgens Bakers het die oorspronkl­ike resep van 1885 al geringe veranderin­ge ondergaan, meestal om by nuwe masjinerie aan te pas of wanneer ’n veranderin­g in die gehalte van ’n bestanddee­l dit vereis. Maar die doel is altyd om die beskuitjie so getrou moontlik aan die oorspronkl­ike te hou.

Die bakkers by Peek Freans wou ’n huwelik gedenk, en slaag toe heel per toeval daarin om een van die suksesvols­te resepte nog te ontwikkel. Marie is meer as net ’n handelsmer­k, dit is ’n spesifieke en uiters gewilde tipe gebak.

Ek vermoed prinses Maria sou geskok wees oor die globale nalatenska­p van haar huweliksvi­ering. Maria was ’n rabbedoe en haar pa se oogappel. Sy was uitgesprok­e en daaraan gewoond om haar sin te kry. Koningin Victoria het haar skoondogte­r se onopgesmuk­theid aanvanklik waardeer, maar albei was hopeloos te hardkoppig om goed oor die weg te kom. Dit het waarskynli­k ook nie gehelp dat haar man, Alfred, heelwat sterker drinkgoed as tee verkies het nie. Maria kon nooit vat kry aan haar nuwe vaderland nie, en sy was nooit so gewild in Engeland soos die beskuitjie wat na haar genoem is nie. Vir haar was Engeland bleek, vervelig en smaakloos. En ek vermoed dat Marie – soos Engeland – nie haar ryk, Russiese smaak bevredig het nie.

Dit was nie ’n gelukkige huwelik nie, maar ironies genoeg word dit 150 jaar later steeds herdenk met elke Marie wat gedoop, verkrummel of gevul word. ’n Teekoppie of kleinbordj­ie met ’n prentjie van Wills en Kate kom nie naby Marie se 150 jaar van globale gewildheid nie.

Al wat ek vir prins Harry en sy Meghan vooraf sou gesê het, is oorweeg gerus ’n eetbare herdenking, want kyk net vir Marie!

Sou die beskuitjie­s langs mekaar in ’n ry gepak word, vervaardig Bakers se Maries per dag

DIE JAARLIKSE PRODUKSIE VAN BAKERS SE MARIEBESKU­ITJIES SOU

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa