Sarie

Rooi,sexylipp e

Elma Smit, radio- en Tv-aanbieder, oor

-

Min dinge het so ’n kragtige impak soos rooi lipstiffie. Net een veeg laat jou bemagtig, avontuurlu­stig en begeerlik voel. Vir baie vroue is dit ’n manier om hulself op te kikker in veral moeilike tye, wys navorsing.

Radio- en Tv-aanbieder Elma Smit stem saam. “Ek lewe vir ’n rooi lip. ’n Goedversor­gde voorkoms en ’n opgewekte bui is ’n vereiste van my werk. ’n Helderrooi lipstiffie doen wondere om my gemoed te lig sodra ek voor die kameras moet verskyn,” sê sy.

Buiten haar mooi vel en welige hare is Elma al bekend vir haar staatmaker-lipstiffie­kleur: rooi. ’n Blondine met die lyf van ’n model, en die feit dat sy dikwels die jongste persoon op stel was, het gemaak dat sy nog altyd hard moes werk om haar in die werkplek te laat geld, vertel sy. Dís toe sy die krag van rooi lippe ontdek het.

“Met rooi lipstiffie is jy nie besig om enigiets te verbloem nie. Dit eien ’n plek in die gesprek sonder om hard te praat, stuur ’n boodskap uit dat jy nie terugstaan nie. Maar terselfder­tyd sê dit jy neem jouself nie té ernstig op nie. Dís ook wat ek raaksien wanneer ek ’n ander vrou met mooi rooi lippe gewaar.”

By helderrooi lippe hoef jy gewoonlik nie veel ander grimering te dra nie. Gebruik net ’n bietjie onderlaag om die nodigste te verbloem, wend ’n paar lae maskara aan, en kam jou wenkbroue netjies. Rond alles met jou gunsteling­rooi lipstiffie af. “Dit hoef ook nie noodwendig altyd ’n knalrooi skakering te wees nie. ’n Sagter rooi werk net so goed,” sê Elma.

emet ’nkin Har ke l

Vir styl-ikoon Jackie Burger is haar kenmerkend­e silwer hare nog altyd ’n belangrike deel van haar voorkoms.

“My pa se hare was die mooiste silwer en nadat hy in die 1990’s oorlede is, het ek uit rebelsheid al my hare [in daardie stadium platinumbl­ond gekleur; haar natuurlike haarkleur is heuningblo­nd] afgeskeer. Toe dit weer begin uitgroei, was dit silwer. Dit was baie spesiaal omdat dit soos ’n nalatenska­p van hom gevoel het.”

Hoewel sy al vir jare dieselfde haarkleur het, het Jackie nog altyd met verskillen­de snitte en style geëksperim­enteer om haar voorkoms modern te hou. “Ek dink dit het ’n bietjie te doen met die rebel in my. Ons as vroue gun onsself nie altyd die vryheid om te wees wie ons is nie. Om met my hare te eksperimen­teer is my manier om die persepsies oor ouderdom uit te daag – soos dat ouer vroue net ’n sekere haarlengte mag dra of nie iets interessan­ts met hul hare kan doen nie.”

Jackie hou veral daarvan om met vlegsels te speel. Van klein vlegsels langs die kant van haar kop tot ’n bonkige vlegsel wat sy as ’n hoë bolla stileer. “My haarstilee­rder het eenkeer vir my ’n grys vlegsel-verlengstu­k van oorsee af gebring wat hy soos ’n haarband om my kop gestileer het – ek was mal daaroor.”

Sy dra ook graag haarbykoms­tighede. “Ek versamel al jare vintage- haarknippe en is ook lief vir kopbande of serpe, hoede en mussies. Jy hoef nie radikaal aan jou hare te verander om pret te hê nie. Enige vrou kan ’n klassieke haarstyl met ’n mooi bykomstigh­eid versier.”

Wenk

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa