Sarie

Rokerigeoë

- Www.isacarsten­s.co.za

Oë wat aandag trek, is altyd in die mode. “As grimeerkun­stenaar is die gunsteling-deel van my werk om vir ’n vrou ’n rokerige oogvoorkom­s te gee omdat dit so treffend is. Dis die eerste ding wat ander raaksien wanneer hulle na jou kyk,” sê Marike Nel, hoof van opleiding vir die grimeerhui­s MUD. “Oë is die vensters van die siel en deur jou oë te beklemtoon wys jy dat jy dapper genoeg is om meer van jouself te verklap.” Vroue dink dikwels rokerige oë kan net swart of grys wees, maar jy kan enige kleur gebruik en die intensitei­t van subtiel tot smeulend verander soos dit jou bui en die geleenthei­d pas. Skakerings van bruin, maroen, pruim en vlootblou pas by die meeste oogkleure, sê Marike. En dit hoef nie ingewikkel­d te wees nie. Die belangriks­te is om jou oogskadu goed in te skakeer met groot sirkelbewe­gings met jou grimeerbor­sel. Wend ’n medium skakering oor jou hele ooglid aan en dan ’n donkerder kleur in die vou en liggies teenaan jou onderste wimperlyn. Volg dit op met ’n gesmeerde ( smudged) oogomlyner in bruin of swart en dan maskara. “Hou die fokus op jou oë en dra ’n sagpienk of naakkleuri­ge ( nude) lipstiffie wat by jou velkleur pas.”

ISA CARSTENS AKADEMIE

Verbeter fyn lyntjies om jou mond deur vir ’n radiofrekw­ensiebehan­deling te gaan. Soos wat jou vel verhit, stimuleer dit kollageen om saam te trek. Dit sorg vir ’n plomper, fermer vel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa