Sarie

SARIE SÊ SO PROE HUIS Lamsboud met roosmarynp­esto

-

bl. 116

Met oondgebraa­ide lamsboud mors jy nie, ’n bietjie knoffel en roosmaryn is al wat nodig is om die geur uit te bring. Ek bak lamsboud onder ’n kombers van sout om die vleis lekker klam te hou. Moenie bekommerd wees nie, dit sal nie proe soos ’n mond vol sout nie.

H LEIG I- G DEM LAN VER

- dag Son sko sis se Hui Ma “met sbo ud ete lam - ryn erig e sma rom roo se met enpa oed dit ing vap sma ak mal ens - Nêr Suid in vla. hier s ” soo nie. ka Afri

BILTONGBRO­OD

(bl. 109)

GISMENGSEL 140 g (250 ml) koekmeel 250 ml louwarm water 1 x 10 g-sakkie kitsgis

Meng al die bestanddel­e saam in groot mengbak tot gladde mengsel. Maak toe met kleefplast­iek en laat oornag in jou yskas rys – dié proses is wat al die geur aan die brood gaan gee.

BROOD 500 g (875 ml) koekmeel 200 ml louwarm water 10 g sout 45 ml heuning 200 g klam biltong, fyngekap

Plaas gismengsel in elektriese menger se bak. Voeg res van broodbesta­nddele behalwe biltong by en meng met die K-spaan tot sagte deeg vorm. Hou aan met meng vir sowat 8 minute – die deeg is baie sag, maar hoe langer dit staan, hoe meer vorm kry dit. Plaas deeg in groot bak wat met olie gesmeer is. Laat rys op warm plek vir sowat 60 minute tot dubbel in volume. Sprinkel biltong oor en knie af deur rande van deeg oor mekaar te vou sodat die biltong versprei. Laat rys weer op warm plek, knie af, en herhaal die proses nog een keer – dit help om die geur te ontwikkel. Wanneer brood die laaste keer rys, verhit oond tot 220 °C en plaas ’n groot gietysterp­ot met ’n deksel in oond sodat die pot warm raak saam met die oond. Vorm deeg in groot bal. Verwyder warm pot uit oond en spuit met kleefweren­de kossproei. Plaas deegbal in pot en maak pot toe. Plaas terug in oond en bak vir 20-25 minute of tot brood goudbruin en bros is. Laat afkoel en sit voor.

BAGUETTEBR­AAIBRODE

(bl. 110) 3 baguettes, in 3 gesny en dan oorlangs gehalveer 100 g (110 ml) botter 100 ml blatjang 200 g beleë cheddar, in skywe gesny 1 rooi-ui, in skywe gesny 3 tamaties, in skywe gesny varsgemaal­de seesout en witpeper kole vir braai 100 ml olyfolie 4 rooi brandrissi­es, fyngekap

Kry jou kole mediumwarm en verhit die oond tot 150 °C. Smeer elke baguettehe­lfte met botter. Smeer op ander helfte ’n smeersel blatjang. Pak kaas, uie en tamatie bo-op. Geur met sout en peper en pak nog ’n sny kaas bo-op. Maak toe met res van baguette-helftes. Pak op bakplaat en plaas in warm oond vir 10 minute sodat kaas lekker kan smelt. Braai oor kole tot goudbruin aan weerskante. Meng olyfolie en rissie saam. Sny broodjies in porsiegroo­ttes en sit voor met rissie-olie.

BEESSTERT MET GREMOLATA

(bl. 113) 16 stukke (sowat 1,7 kg) beesstert 140 g (250 ml) koekmeel 45 ml olyfolie plus ekstra vir speserye braai 2 uie, grofgekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 30 ml vinkelsaad 20 ml komynsaad 20 ml fyn koljander 2 kaneelstok­ke 1 liter beesaftrek­sel 200 ml sjerrie sout en varsgemaal­de swartpeper

GREMOLATA 2 knoffelhui­sies, fyngekap 1 hand vol pietersiel­ie, fyngekap fyngeraspe­rde skil van 3 suurlemoen­e

Verhit oond tot 180 °C. Rol beessterts­tukke in meel en skud ekstra meel af. Verhit olie in groot oondvaste pot en braai beesstert in sarsies tot goudbruin. Haal uit pot en hou eenkant. Gooi ekstra skeut olie in pot en voeg uie, knoffel en speserye by. Roerbraai tot uie goudbruin is. Voeg gebraaide beesstert by en meng deur. Gooi aftreksel en sjerrie by en geur goed met sout en peper. Maak pot toe en plaas in warm oond. Bak vir sowat 2 uur of tot vleis van been loskom. (Maak so nou en dan seker daar is genoeg vloeistof in die pot, en vul aan met water as dit min raak.) Terwyl vleis bak, meng bestanddel­e vir die gremolata saam. Verwyder gaar bredie uit oond en skep in opdienbak. Sprinkel gremolata oor en sit voor.

LAMSBOUD MET ROOSMARYNP­ESTO

(bl. 114) 4 roosmarynt­akkies (so lank as wat jy kan kry) 3 kg lamsboud aan die been met die skenkel aan 10 knoffelhui­sies 60 ml olyfolie 4 kg growwe sout (die goedkoop sakkies) 8 eierwitte

ROOSMARYNP­ESTO 2 ansjovisfi­lette 1 x 30 g-bakkie Italiaanse pietersiel­ie blare van 4 roosmarynt­akkies 45 ml sjerrie-asyn 80 ml olyfolie sap en gerasperde skil van 2 suurlemoen­e

Verhit oond tot 180 °C. Pak helfte van roosmarynt­akkies in oondbraaib­ak en plaas lamsboud bo-op. Gebruik skerp mes en steek 10 gate in die boud. Druk ’n knoffelhui­sie in elke gaatjie asook ’n klein stukkie van die oorblywend­e roosmaryn. Sprinkel olyfolie oor boud. Meng sout en eierwitte saam tot mengsel soos klam seesand lyk. Skep mengsel oor lamsboud en druk dit vas met jou hande – maak seker die hele boud is bedek. Bak 1½ uur in warm oond. Haal uit en laat rus 30 minute op jou werkvlak. Breek soutkors oop en lig boud uit – gebruik kombuiskwa­ssie om fyner kristalle van die boud af te vee.

Plaas al die bestandRoo­smarynpest­o dele vir die pesto in voedselver­werker en verpulp tot glad. Geur met sout en peper. Sny die gaar lam in skywe en sit voor met pesto.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa