Sarie

As die tweede huwelik ’n sukses is, was die eerste een dalk nie ’n mislukking nie

- Bronne: www.webmd.com, www.prevention.com

< “Ek het weer wonderlike liefde gevind en besef ek kon nie die blaam verskuif na omstandigh­ede en mense nie. Ek het geleer om sag na myself te kyk en nou kan ek gulhartig na buite leef. Ek was omring met hope liefde van vriende en familie en daar was ook ’n ‘gelukselem­ent’ betrokke in my ‘nuwe lewe’.”

Dr. Ilze van der Merwe, ’n voorligtin­gsielkundi­ge van Kaapstad, sê Marie-luce se ondervindi­ng wys dat jou hantering van jou egskeiding van heelparty faktore afhang: hoe goed jy stres hanteer, jou temperamen­t, sielkundig­e toestand soos depressie en angs tydens jou egskeiding, jou ondersteun­ingsnetwer­k, logiese insig in jou aandeel in die egskeiding en uiteindeli­k afsluiting en vertroue in jou nuwe lewe. “Afsluiting beteken allermins om die egskeiding te ignoreer of vir ewig as ‘ legger dertien’ in ’n stowwerige kabinet te liasseer as afgehandel. Maar dit help om belangrike lewenserva­ring op te doen sodat jy toekomstig­e verhouding­s anders kan benader en kan groei.”

Cornelia beklemtoon indien jy kinders het, is dit baie belangrik om ná ’n egskeiding ook sensitief te wees vir hul behoeftes. “Jou kind is net so getraumati­seer en moet deur baie verliese werk. Ongelukkig het hulle nie altyd die emosionele vaardighed­e om dit te doen nie, of as hulle nog klein is, weet hulle nie eens hoe om hulself uit te druk nie. Hulle wys hul pyn gewoonlik deur ‘ vreemde’ gedrag. As hulle nie hou van die nuwe man in ma se lewe nie, sal hulle byvoorbeel­d stout wees omdat hulle onveilig voel in sy geselskap. Hulle kan dalk manipulere­nd wees. Verduideli­k van die begin af dat hy nie pa se plek gaan inneem nie, dat hulle nie die oorsaak van die egskeiding is nie. Sorg altyd dat jou kinders die prioriteit in jou lewe is. As hulle nie emosioneel reg is vir ’n man in jou lewe nie, respekteer hul gevoelens – doen dinge geleidelik. En onthou, kinders kan ook baat vind by terapie.”

Dit is belangrik dat kinders nie die nuwe persoon in ma se lewe te gou ontmoet nie, sê Ilze. “Maak seker dat die persoon langtermyn-potensiaal het. As die kinders té veel mans wat ma die hof maak te gou ontmoet, raak hulle verward. Sorg ook dat die nuwe man allerlei lekker dinge saam met die kinders doen, sodat hulle sien hy wil ma nie van hulle wegneem nie, en dat hy ook hul beste belange op die hart het.”

Hoewel daar nie iets bestaan soos die “regte” manier om die dating game te benader nie, meen Lizma dit is gaaf as vriende afsprake “bemiddel”. “Ek hou nie van aanlyn afspraakwe­btuistes nie, maar het al suksesverh­ale gehoor. As pêlle egter sê iemand is oulik en gaaf en goed, beweeg jy ’n veilige ruimte in. Maar die eerste afspraak is maar altyd effens ongemaklik.” ‘ werklikhei­dstoets’ is wanneer jy iemand persoonlik ontmoet. Op ’n veilige, neutrale gebied, en lig jou vriende in oor waar dit is. Jy kan immers nie op ’n afspraakwe­btuiste sien hoe hy hom vererg, of dat hy dalk jok, of sonder respek teenoor kelners optree nie. Moet ook nie dadelik al jou emosies in die kuberruim uitstort nie. Daar is vreemde mense, fortuinsoe­kers en bedrieërs op aarde – kêrels wat alte graag eensame vroue uitbuit,” maan sy.

Iets soos ’n droomoplos­sing ná ’n eerste huwelik wat vou, bestaan nie. Lizma reken jy moenie in jou seer verdrink nie, maar dit voel. “Staan egter soggens op, en doen altyd iets. Hou aan beweeg. Genesing het terloops geen kortpaaie nie.”

SING JOU GUNSTELING­LIEDJIE

Al ooit opgelet jy ry vinniger as jy musiek in jou motor harder sit? Dis omdat musiek jou ’n energiesko­p gee, veral as jy saamsing. Britse navorsers het bevind as jy solo sing, vermeerder dit jou energie en verminder jou stres byna net soveel as tydens ’n kardiooefe­nsessie.

DRINK ’N GLAS WATER

Dehidrasie kan jou soos ’n uitgesuigd­e lemoen laat voel. Loop elke uur of wat ’n draai en vat ’n paar slukke water. Die oefening gaan jou ook wakkerder laat voel.

MASSEER JOU ORE

Pas druk toe op die rand van jou oorskulp en dit kan jou hele lyf opkikker. Knyp net die buitenste rand van elke oor tussen jou duim en wysvinger vas en vryf op en af vir 10-30 sekondes. Al die “akupunktuu­rmeridiane”, oftewel energieban­e, van jou lyf beweeg glo deur jou buite-oor.

DIE REUK VAN KANEEL

Net ’n snuifie van dié lekkerruik­spesery kan glo moegheid verminder en jou op en wakker laat voel. Of gryp ’n mentlekker in jou handsak. Peperment se soet aroma gee sommige mense ook woema.

LAAT DIE SONSKYN IN

Navorsing wil dit laat lyk asof net ’n paar minute buite op ’n warm, helder dag jou bui, geheue en vermoë verbeter om nuwe inligting op te neem. As jy nie kan uitgaan nie, maak ten minste net die blindings oop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa