Sarie

Ek raai kliënte aan om nie tussen agtuur saans en agtuur soggens te eet nie

- KONTAK Mariza van Zyl: 021 872 8423, mariza@bettereat.net, www.bettereat.net

< ’n dag en eet in ’n 8-uur-tydgleuf. Dis die gewildste manier van onderbroke vas, bekend as die 16/8-metode. Hollywoodh­unk Hugh Jackman het sy Wolverine- lyf glo onder meer daaraan te danke. (En ure in die gimnasium!)

Verskeie blitsverko­per-boeke besing die voordele daarvan vir gewigsverl­ies, asook die feit dat dit risikofakt­ore verminder wat tot diabetes tipe 2 en hartsiekte­s bydra. Maar nee, ’n magiese nuwe manier om gewig af te skud is dit nie. ’n Oorsig van studies langer as ses maande in die internasio­nale joernaal Nutrients vind geen bewyse dat dit beter as ander diëte is nie. Die navorsers het gereken groter studies oor ’n langer tydperk is nodig om te bepaal hoe lank jy die gewig afhou wat jy só afskud.

Só ’n studie is verlede jaar in JAMA Internal Medicine gepublisee­r. Navorsing is ’n jaar lank met 100 vetsugtige deelnemers gedoen – ses maande om gewig te verloor en ses maande om te sien of dit afbly. Groep 1 het elke tweede dag (vasdag) 25% van hul daaglikse kj geëet en die alternatie­we dag (feesdag) 125%. Groep 2 het bloot hul kj-inname verminder en groep 3 het gewoonweg geëet.

Dit was moeiliker vir dié wat onderbroke gevas het om by hul dieet te hou, is bevind. Gewigsverl­ies (en die “terugkruip” daarvan daarna) was soortgelyk tussen die dieetgroep­e. So ook veranderin­ge tussen vet en spierweefs­el. (Een van die aannames van onderbroke vas is dat jy minder spiere verloor as met tradisione­le diëte.) Die verminderi­ng van risikofakt­ore vir hartsiekte­s, soos bloeddruk, cholestero­l en trigliseri­ede (’n tipe vet in jou bloed), was ook dieselfde.

Die gevolgtrek­king? Dis nie beter (of slegter) as ’n gewone dieet waar jy bloot minder eet nie. (Interessan­t: Die studie se mede-outeur, dr. Krista Varady, is jare lank al ’n onwrikbare voorstande­r van onderbroke vas.)

Nog ’n studie, in die Europese joernaal Clinical Nutrition, het bevind nie een van die twee metodes verminder die liggaam se manier om te kompenseer vir wat hy as hongersnoo­d ervaar nie: Die metabolism­e raak stadiger en die sogenaamde hongerhorm­oon, ghrelien, se vlakke vermeerder.

“Ek raai kliënte aan om nie tussen agtuur saans en agtuur soggens te eet nie, dus twaalf uur se vas. As jy egter voor dit honger is, is dit nie sinvol om voort te beur nie,” sê Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge van die Paarl. “Ons verskil almal. As dit vir jou werk om later soggens te eet, doen dit. Maar is dit vir jou beter vroeër, is daar niks mee verkeerd nie – mits jy ’n gesonde eetpatroon volg.”

The Washington Post

GLUTENVRY IS GESONDER

Eers het jy dit net in gesondheid­swinkels gekry. Nou is glutenvrye kosse oral. Vir mense wat sensitief is vir gluten, ’n proteïen in koring, rog en gort, is dit ’n seën. (Sowat 1 uit 100 mense, volgens Mariza in haar boek Naledi.) Maar deesdae is dit byna mode om gluten te vermy. Mense gaan op glutenvrye diëte om gewig te verloor, vir ’n energie-skop, as behandelin­g vir outisme of om net gesonder te voel.

’n Mors van geld as jy nie gluten-sensitief is of seliaksiek­te het nie, volgens ’n blog op Harvard Health (www.health. harvard.edu). Seliaksiek­te is ’n outo-immuunsiek­te wat deur ’n bloedtoets gediagnose­er word. Simptome is wyd uiteenlope­nd, soos derm-ongemak, stoelgang-abnormalit­eite, ’n ystergebre­k en ander voedingsge­breke weens die wanopname van voedingsto­wwe.

Sweedse navorsing het wel ’n sterk verband gevind tussen outisme en die voorkoms van gluten-teenliggam­e. Dit dui op ’n immuun-reaksie teen die proteïen, en sommige kinders met outisme baat dan ook by ’n glutenvrye (en kaseïenvry­e) dieet. (Kaseïen is ’n proteïen in melk.)

Die afwesighei­d van gluten in kos maak dit nie outomaties gesonder nie. Glutenvrye brood word dikwels van verfynde stysel gemaak, wat nie ’n beter gesondheid­skeuse is nie.

MARGARIEN EEN MOLEKULE VERWYDER VAN PLASTIEK

Dis nie duidelik waar die mite vandaan kom nie, dalk die ewigdurend­e margarien-versusbott­er-debat. Die “ou” proses waarvolgen­s margarien vervaardig is (hidrogenas­ie), was vergelykba­ar met die vervaardig­ing van plastiek en het transvette tot gevolg gehad, volgens Mariza. Dis baie sleg vir jou hart. Deesdae word ’n ander proses (interester­ifikasie) meestal gebruik, wat nie tot transvette lei nie. Daar is egter min navorsing gedoen oor ander moontlike nadelige gevolge, soos insulienwe­erstandigh­eid.

Botter, of margarien? Wat jy kies, is jou keuse, mits dit deel van ’n gebalansee­rde dieet is, sê sy. Maar oppas, alle margarien is nie dieselfde nie. Die “harde” margarien wat jy koop as jy nie die duurder, sagte smere kan bekostig nie, het dikwels net so veel versadigde vet as botter. Juis dié versadigde vet speel by baie mense ’n rol in die ontwikkeli­ng van hartsiekte­s, insulienwe­erstandigh­eid en inflammasi­e.

Navorsing wys, ja, die sg. “goeie” margarien kan jou cholestero­l help verlaag. Dis meestal die soorte waarby

aktiewe plantbesta­nddele (sterole) gevoeg is. Dis die sterole wat jou cholestero­l verlaag, nie margarien as sodanig nie. Jy moet baie margarien eet, 25 g per dag, vir die beskermend­e effek daarvan. (’n Groot hap uit jou daaglikse vetvoorraa­d.) En selfs by die “goeie” margarien is die balans tussen die omega 3- en omega 6-vetsure dikwels versteur. Dit hel na omega 6-vette toe oor. Margarien bevat ook preserveer­middels, deesdae ’n belangrike gesondheid­skwessie, sê Mariza.

KANKER VOED OP SUIKER

Een van die internet se mees wydverspre­ide fop-e-pos-kettings word genoem “Cancer Update from John (sic) Hopkins”. Johns Hopkins, een van die voorste navorsing-universite­ite in Amerika, ontken ten sterkste dat hulle daarvoor verantwoor­delik is. Die e-pos beskryf alternatie­we maniere om kanker te voorkom en te behandel, wat glo meer doeltreffe­nd as chemoterap­ie, bestraling en chirurgie is. Kanker “voed” op sekere kosse, soos suiker, word beweer. Op die internet is daar waarskuwin­gs teen die “wit dood” en dat suiker kanker se gunsteling­kos is.

Nie so nie, volgens www.cancerrese­archuk.org. Wat wel waar is, is dat ’n verhoogde inname van verfynde suiker vir seker bydra tot ’n milieu in die liggaam wat jou risiko vir verskeie siektes (nie net kanker nie) verhoog, volgens Mariza. Die gereelde inname van te veel suiker dra by tot ’n wanordelik­e suiker-metabolism­e, oorgewig en insulienwe­erstandigh­eid, toestande geassosiee­r met ’n verhoogde risiko vir kanker. Die impak is selfs groter as suiker belangrike voedingsto­wwe in die dieet vervang, wat dikwels gebeur, sê sy.

KANOLA-OLIE VAN GIFTIGE RAAPSAAD GEMAAK

Kanola-olie kom van die kanola-plant se gestampte/gebreekte sade, nie raapsaad nie. Die twee plante is verwant, maar verskil wat voeding en samestelli­ng betref. Raapsaad-olie bevat hoë vlakke van erukasuur, wat aan hartsiekte­s gekoppel word. In die sestigs het boere kweekmetod­es gebruik om die erukasuur uit die kanola-plant te verwyder. Kanola-olie moet nou minder as 2% daarvan bevat. Dus: kanola-olie is nie giftig nie. Dis ook goed vir jou hart: met min versadigde en baie onversadig­de (“goeie”) vette, wat insluit omega 3-vetsure, waarvan die moderne mens hopeloos te min inkry.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa