Sarie

En ’n tiwkkaiea rheid...

-

APPELASYN MAAK (DALK) MAERDER

“Apple cider vinegar weight loss diet” – een van die gewildste gesondheid­sonderwerp­e waarvoor mense verlede jaar gegoogle het, volgens Harvard Health. Appelasyn (gefermente­erde appels) word al eeue lank medisinaal gebruik – vir seerkeel, verkoue, sooibrand, detoksifik­asie en in ’n stadium selfs as antibiotik­a. Die gesondheid­svoordele is dalk danksy die hoë vlakke asynsuur en miskien ander bestanddel­e. Gewigsverl­ies?

In ’n Japanse studie met 175 mense moes een groep daagliks 1-2 eetlepels appelasyn (verdun met ’n bietjie water) drink. Ná drie maande het hulle sowat 1-2 kg verloor en laer trigliseri­ede-vlakke gehad as die groep wat nie asyn gedrink het nie. Vier weke ná voltooiing van die studie het hulle egter feitlik al die gewig weer aangesit.

“Suur – soos appelasyn maar ook suurlemoen – kan die verterings­proses beïnvloed deurdat dit die tyd verleng wat kos in die maag bly,” volgens Mariza. “Dié effek kan teoreties dus jou liggaam se respons op ’n maaltyd – veral die bloedsuike­rrespons – voordelig beïnvloed: suurheid kan inderwaarh­eid die glisemiese lading van die maaltyd verminder.”

Is dit nodig om die appelasyn te drink? Geensins, dis veel beter om ’n klein hoeveelhei­d deel van jou ete te maak. ’n Tuisgemaak­te slaaisous met olyfolie, ’n knertsie heuning en appelasyn is nie net lekker nie, maar het ook potensiële gesondheid­svoordele. Sonder die gevaar dat jy te veel gebruik, volgens haar.

ONTHOU Verdun appelasyn, want onverdun kan dit jou tandemalje beskadig. Maak dit byvoorbeel­d deel van ’n slaaisous, soos Mariza aanbeveel.

Dit kan lae kaliumvlak­ke veroorsaak of vererger: Belangrik as jy medikasie gebruik wat kaliumvlak­ke kan verlaag. Soos algemene ontwaterin­gsmiddels vir hoë bloeddruk.

Dit kan insulienvl­akke verander. Diabete moet veral versigtig wees vir ’n dieet met baie asyn, volgens Harvard Health se blog.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa