Sarie

SPESIALE AANBOD SA Forest Adventures is ’n trotse vennoot van Stroomop. ’n Spesiale aanbod vir avontuurlu­stiges en Sarie-lesers

- MOONTLIK GEMAAK DEUR DIE PRYS Alle vervoerkos­te en reëlings word gedek. Verblyf voor, tydens en ná die avontuur. Alle etes en tente word verskaf. Sien wedstrydre­ëls op bl. 147 Sluitingsd­atum: 31 Augustus 2018 FOTO’S UIT REISPROGRA­M

As jy moeg is vir konstant rondjaag, of dalk net-net kop bo water hou terwyl jy stroomop swem, is prentjiemo­oi sonsonderg­ange, stiltes wat jou siel vul, heerlike kos en geselskap met hartsvrien­de om die vuur dalk net wat jy nodig het. Met dié wedstryd het jy die kans om jouself saam met vier vriendinne op die Oranjerivi­er te gaan vind soos die karakters in die fliek Stroomop!

Jul avontuur begin by die Raap & Skraap Gastehuis naby Onseepkans, ’n klein Noord-kaapse dorpie op die grens van Namibië. Dis van hier dat julle saam met SA Forest Adventures sal vertrek vir vier dae op die Oranjerivi­er, voordat julle weer die laaste aand by Raap & Skraap sal oornag.

SMS en sê in 140 karakters hoekom jy en jou vriendinne hierdie avontuur moet wen. Dié reis is groter en wilder as ooit! Die avontuur begin met ’n padreis! Areyeng Vehicle Rentals laai jou en jou vier vriendinne met ’n bussie op op ’n plek waarop vooraf ooreengeko­m is. Almal word dan van hier na die Raap & Skraap Gastehuis naby Onseepkans vervoer, waar julle oornag. By Raap & Skraap eet almal rustig ’n heerlike aandete voor die avontuur op die Oranjerivi­er die volgende oggend afskop. SA Forest Adventures laai julle vroeg op en neem julle na die beginpunt waar julle jul gidse ontmoet. Die volgende vier dae en drie nagte word op en om die mooie Oranjerivi­er deurgebrin­g, met pragtige sonsonderg­ange, warm vure, lekker kos en stiltes wat jou gees sal vul. Slaapplek is op die rivieroewe­r met gidse wat die tente opslaan. Die laaste aand word weer by Raap & Skraap oornag voordat die pad huis toe die volgende dag aangepak word.

Diestorie sou haar los sodra sy die saak goed deurdink het, maar dit het nie. Die storie het groter en groter geword totdat Linka op ’n dag die storie se vlerke losmaak. Dit het met ’n duikslag soos ’n vreemde vlieënde voorwerp deur die skuifvenst­er verdwyn.

Die dreuning van ’n trekker in die wingerde ruk Linka na die hede terug. Die reuk van vars omgeploegd­e grond. Sy staan op, gaan loer deur die venster. Die oggend is helder, ’n ligte bries roer die wit moeselieng­ordyn effens. Die beeld van die omgedolfde aarde laat Linka dink aan ’n toneel uit die Franse rolprent Manon des Sources. ’n Boer skep geploegde grond in die palm van sy hand en proe daaraan. Dit is nie die eerste keer dat Linka wonder of die boer in ’n blindproe sy plaas se grond tussen ander grondmonst­ers sou kon uitken nie.

Linka se pa was so ’n boer, een wat sy grond geken het. Ten spyte van teëspoed en ondanks verlies het hy aangehou boer, en ’n misdaadsta­tistiek geword.

Die wasmasjien se siklus is klaar. “Lin-ka, Lin-ka, Lin-ka,” roep mnr. Whirlpool se blikstem.

Linka loop haal die wasgoed uit die masjien. In die helder son en ligte bries behoort als een-twee-drie droog te wees. Sy stryk oor haar dun somersrok, besluit teen ’n hoed. Sy wil die oggendson op haar gesig en kaal arms voel.

Haar oog val op die oop skootreken­aar op die lessenaar. Die nat wasgoed raak vergete. Linka gaan ingedagte by die lessenaar sit. Op die skootreken­aar google sy die webtuistes wat die filosofied­osent vir die werksopdra­g gegee het. Sy bekyk

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa