Jul­le sê

Sarie - - Inhoud - Ma­ri­aan Prins, Ce­res IS MEGHAN MARKLE ’N STYL-IKOON?

Ná vyf jaar as stu­dent het ek die lief­li­ke Ei­ke­stad ver­ruil vir die Jakarandastad om my stu­dies voort te sit. Ag­ter woor­de vol bra­va­de, soos “ek wil aan my­self be­wys ek kan dit ie­wers maak waar ek by­na nie­mand ken nie” en “dis my jaar van groei ter­wyl my kê­rel oor­see is”, het die plaas­dog­ter van Ce­res met ’n knop in haar keel in Ja­nu­a­rie die pad Gau­teng toe aan­ge­durf.

Ek is vir die eer­ste keer ’n jong wer­ken­de en deel­tyd­se stu­dent wat saans nie meer ver­wel­kom word deur lag­gen­de mei­sie­stem­me wat kom met die voor­reg van saam met vrien­din­ne bly nie.

Dis vier maan­de la­ter. S­teeds sien ek uit na die vol­gen­de fa­se waar ek nie Sa­ter­dag­aan­de hoef te leer nie, ’n lang­af­stand­ver­hou­ding iets van die ver­le­de is en ek nie meer huis toe hoef te bel vir ’n pe­trol­geld­jie nie. Maar dié fa­se bring ook die uit­sien na Son­dag­mid­dag­e­te by die tan­nie wat my in die par­keer­ter­rein be­vriend het. Woens­dag­aand se By­bel­stu­die waar daar net so hard ge­bid word vir re­ën in my Kaap­pro­vin­sie as by ons huis op die plaas. En die SMS op die 25ste wat sê ek is be­voor­reg om ’n werk te hê.

Ja, dit is my jaar van groei. Nie om­dat ek al­tyd sterk is nie, maar om­dat ge­na­de my om­vou in die vorm van engele in die Jakarandastad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.