Sarie

Ontmoet 30+ vroue wat óns inspireer

-

Rooitapyt-protes. 82 vroue op die trappe by vanjaar se Cannes-filmfees . . . aktrises, regisseurs, vervaardig­ers. Almal daar om een rede: om hul stem te laat hoor teen geslagsong­elykheid. By dié fees, en in die filmbedryf oor die algemeen. ’n Simbool van vasberaden­heid onder vroue dat dinge móét verander. Soos aktrise Donnalee Roberts, dié maand op ons voorblad, sê: “Vroue die wêreld oor swem stroomop om hul stem te laat hoor. Hulle staan op teen alle vorms van ongeregtig­heid met veldtogte soos #Metoo; skop teen die verwagting­e van waartoe ’n vrou in staat is, hoeveel sy kan verdien, wie sy is.” Die Britse koningshui­s se webtuiste bevat deesdae ’n biografie van die nuwe hertogin van Sussex met dié veelseggen­de aanhaling van Meghan: “Ek is trots daarop om ’n feminis te wees.” Oprah Winfrey, die voormalige Amerikaans­e minister van buitelands­e sake Madeleine Albright en aktrise Reese Witherspoo­n is onder die 140 aktiviste wat onlangs ’n ope brief aan wêreldleie­rs onderteken het waarin hulle eis dat mans en vroue dieselfde betaal en armoede beveg word. Terselfder­tyd plaas die #Enoughisen­ough-veldtog in Kaapstad die kollig op geweld teen vroue en meisies in Suid-afrika – toe vroue-organisasi­es byeengekom het uit protes teen dié epidemie. Dié maand skitter SARIE van begin tot einde met SA vroue wat inspireer. Vroue wat op vele gebiede poog om die wêreld vir ander, en vir hulself, ’n mooier en meer betekenisv­olle plek te maak. Sterk vroue wat nie skroom om hul sagte kant te wys nie. Vroue wat ons #bewonder. Dis eenvoudig: vroue wil en kan die wêreld verander. Of dit nou is deur haar stem te voeg by dié van ander, of bloot ander te bemagtig deur haar optrede en storie. Die oomblikke te deel wat haar lewe ryker maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa