Sarie

Mal oor die sterre, koninklike­s? Dís hoekom

DIE KONINKLIKE­S MY FASSINEER

-

Meghan ’n kragwoord gebruik ná haar en Harry se koetsrit deur Windsor se strate? Liplesers beweer sy het. Dalk het die Amerikaner die Britte se dol geesdrif vir hul koningshui­s die eerste keer regtig besef. Stel jou voor jy ry 25 minute lank in ’n oop rytuig deur die bont, luidrugtig­e skare-slang – sowat 100 000 mense waai vir jóú. Selfs vir ’n Hollywood-aktrise nie ’n alledaagse affêre nie.

Ook nie net die Britte het bietjie gaga geraak nie. ’n Geskatte sowat

DIS HOEKOM

Arlene Prinsloo, webredakte­ur by Netwerk24, het William én Harry se troues bygewoon en Sarie-lesers op die hoogte daarvan gehou. Sy was ook by Diana se begrafnis.

’n Koningshui­s is nes enige ander uitgebreid­e familie, net meer geoefen om die blink kant bo te hou. Tog weerspieël hulle iets oor standvasti­gheid, die wil om eeue-oue tradisies en geskiedeni­s te bewaar, iets wat in ons moderne lewe van koop-vandag-en-gooimôre-weg nie meer bestaan nie. Al die koningshui­se, nie net die Britse Windsors nie, is vir my fassineren­d. Dit kom van kleintyd, toe my ma my na ’n rolprent van Mary, Queen of Scots geneem het. Dié geboeidhei­d met haar onthoofdin­g het my al geneem tot in die Linlithgow-paleis waar sy gebore is (en die ruïne laat uitklouter om ’n beter ‘gevoel’ van die paleis te kry!). Dan volg Marie Antoinette, en ’n besoek aan Versailles was een van die mees onvergeetl­ike ervarings van my lewe. Daarna Diana en haar seuns, William en Harry, en koningin Elizabeth. Met elke besoek aan Londen druk ek wit sint josefsleli­es in die Kensington-paleis se hekke – ter ere van Diana.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa