Sarie

Leesdinge

- Lees die volledige onderhoud op SARIE.COM

PHILIP DE VOS EN PIET GROBLER (PROTEA BOEKHUIS, R150)

De Vos en Grobler vorm saam ’n gedugte span wat woorde en prente op ’n voortrefli­ke en onvergeetl­ike manier gebruik. Die woorde inspireer, terwyl die illustrasi­es jou wegvoer op ’n verbeeldin­gsvlug na ’n wêreld waar drome jou lewe oorheers. Hierdie “sak vol stories” laat jou weer die belangrikh­eid van woorde besef; woorde het die mag om jou kop oop te maak, om jou te laat reis na verre lande, om die koue en skrik te verdryf en om jou veilig te laat voel in ’n donker wêreld. ’n Wonderlike boek vir grootmense om te deel met kinders.

Phyllis Green

oor sy jongste boek,

(LAPA Uitgewers, R260) Wat het die gedagte vir die verhaal by jou laat posvat?

Dis om te begin, daardie onverklaar­bare aantrekkin­g wat reeksmoord­e vir so baie mense het, miskien oor die misterie agter die stories en die motiewe van die moordenaar­s wat tot nog toe nie volkome deur sielkundig­es of ander kenners verklaar kon word nie. Ook die vraag: Wat hou my teë om nie self ’n reeksmoord­enaar te word of te wees nie. Ek het baie gelees oor die psige van die reeksmoord­enaar, maar ook oor die filosofie agter reeksmoord. Hopelik sal die boek ’n paar lesers by selfonders­oek bring, want so maak die skrywer mos sy leser betrokke by die storie.

Hoe ek aan die idee van die Aspoesters gekom het, wonder ek self. Dalk ’n flits in die brein? Ek kan regtig nie onthou nie. Hoe skep jy jou karakters? Die storie self skep vir my die karakters, want die storie het spesifieke karakters nodig om storie te wees. Om meer vleis en persoonlik­heid aan die karakters te gee, gaan leen ek by vriende, familie, kennisse en vyande, en heel dikwels gaan leen ek in my verbeeldin­gsbank. Ek sal nooit kan saamleef met ’n karakter wat nie minstens 90 persent fiktief is nie. Jy raak ernstige kwessies soos geestesver­steuring, seksversla­wing, gesinsgewe­ld en pedofilie aan in die verhaal. Is dit belangrik dat die verhaal kwessieged­rewe is? Tot ’n groot mate, ja. Ek wil nie net ’n skopskiete­r ter wille van die geskiet en geskop skryf nie. Vir my gaan dit oor die karakter en wat en hoekom hy/sy doen wat hulle doen of nie kans sien om te doen nie. Ek wil hê my verhale, in enige genre, moet drup van egte menswees.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa