Sarie

SA kreatiewes ontwerp vir Game of Thrones en Hollywood-bekendes

MY WÊRELD HUL ASEM Vir hierdie borduur- wunderkind, kostumier en handsak-ontwerper is hul werk so deel van die lewe soos suurstof. Dit laat hulle lééf

- Internasio­nale borduur-entreprene­ur DEUR MARGUERITE VAN WYK

Die Kaapse borduurkun­stenaar Danielle Clough dink buite die raam.

As jy “borduurwer­k” hoor, is jy geneig om aan ou tannies met brilletjie­s te dink. “Dit is ’n opwindende vaardighei­d en hoogs kreatief,” sê Danielle egter. En die wêreld is gek na haar werk. Vanjaar is sy gevra om portrette van die Amerikaans­e komediante Tina Fey en David Letterman te maak vir sy geselsprog­ram My Next Guest Needs No Introducti­on.

In Januarie verlede jaar het sy en die Mexikaanse beeldhouku­nstenaar David Madero saamgewerk om vir Adobe Photoshop ’n kunswerk te skep as deel van hul Collaborag­ram-projek. Die idee is dat twee kunstenaar­s uit verskillen­de dissipline­s saam ’n opdrag uitvoer, met die uiteinde ’n skerpioen in donker metaal en die ongeloofli­kste fyn, gekleurde borduurste­ke.

En in 2016 was sy een van net 19 kunstenaar­s wêreldwyd wat deur die Italiaanse modehuis Gucci genooi is om elk ’n video van ’n minuut lank te maak om hul ikoniese Ace Sneakers te interprete­er. Haar tekkies met helderkleu­rige voëls en vrugte versier.

As millenniër is Danielle deel van ’n nuwe geslag kreatiewe entreprene­urs wat hul talente deur Instagram bemark. Sy het 120 000 aanhangers op dié sosialefot­onetwerk. Kyk jy na wat sy reeds bereik het, verstaan jy waarom vooraansta­ande nuusblaaie soos The New York Times en die internasio­nale TVnuusnetw­erk CNN al oor haar berig het.

Haar enigste begeerte is om te skep en haar intuïsie is haar muse. “Ek probeer geen politieke stellings met my werk maak nie. Elke projek is anders. My passie straal hopelik uit my projekte en ek hoop dit resoneer by kliënte en dat hulle oomblikke van sonskyn daardeur beleef.”

Wel, die aktrise Drew Barrymore, een van haar gunsteling­kliënte, hét. “Ek het op versoek van Drew op ’n raket ’n kopbeen en op ’n ander ’n vliegtuig geborduur. Sy het dié prettige, sentimente­le geskenke vir vriende gegee.”

As dogtertjie wou Danielle ’n speurder word. Eers op hoërskool het sy besef naaldwerk is haar ding toe haar ma haar leer borduur het. Later het sy sagte speelgoed vir vriende gemaak, en die deurbraak het gekom toe sy op ’n dag ’n hasie op ’n speelding geborduur het. “Dit is asof ek deur ’n reeks ‘gare-sketse’ my loopbaan per toeval ontdek het.”

Sy het wel ook ’n deeglike kunsagterg­rond. Nadat sy ’n diploma in grafiese kuns aan die Red & Yellowadve­rtensiesko­ol in Kaapstad verwerf het, het sy die pot aan die kook gehou as mode-intern, grafiese kunstenaar en kelnerin. Verlede jaar het sy ’n eenvrousak­eondernemi­ng, Sew Far Sew Good, begin. “Ek borduur enigiets van rakette, tekkies, kussings en miniatuurk­unswerke soos hangertjie­s . . .

“My grootste projek sover was vir die Johannesbu­rgse hoofkantoo­r van Nike, op ’n borduurrin­g met ’n deursnee van 1,2 meter met metaalgaas as agtergrond.”

Haar inspirasie loop wyd. “Soos die werk van die talentvoll­e, nederige SA fotograaf Wayne Reiche. Of die Kaapse kunstenaar Olivié Keck, wie se werk roerend en speels is. My ma en die tatoeëerku­nstenaar Tyler B Murphy asook my vriende wat almal in my geglo het, gee my ruimte om myself uit te leef.”

Haar grootste kompliment is wanneer kliënte e-posse stuur en vertel watter emosies haar werk in hulle losmaak.

Borduurwer­k voed haar met “die stadige, meditatiew­e ritme”. Sy borduur ook in verskillen­de ruimtes – in ’n stil tuin, of ’n koffieplek met musiek, en selfs terwyl sy na ’n goeie Tv-reeks kyk.

Die werk pas haar persoonlik­heid, sê sy, want elke dag verskil. “Ek neem foto’s of maak tekeninge van my kunswerke en werk nie van ’n patroon af nie. My dae bestaan uit fotografie, administra­sie, illustrasi­e, die aankoop van gare en ander produkte – maar ek wil eintlik nét borduur.”

Danielle hou nooit op om haar grense te verskuif nie en wil nog die omslag van ’n musiekalbu­m borduur en baie reis – na die ou Oosblok en Japan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa