Sarie

Ek’s geskei . . . Wanneer kan ek weer date?

TE GOU VERLIEF NÁ Die ink is skaars droog op jou egskeiding­sbrief en jy is klaar in ’n nuwe verhouding. Maar wat is die kans vir sukses? Om weer geluk te vind moet jy éérs afsluiting kry . . .

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Brad Pitt is nog nie eens van sy beeldskone Angelina Jolie geskei nie, maar glo reeds in ’n verhouding met Neri Oxman, ’n professor by die Massachuse­ttsinstitu­ut van Tegnologie (MIT). Die eerste man (of vrou) wat so vinnig ander weivelde soek, is hy nie. Ook nie die laaste nie. Die vraag is of daar iets soos die regte tyd is om weer te date?

Daar is verskeie redes hoekom mense nuwe verhouding­s aanknoop kort ná ’n egskeiding. Een daarvan is dat hulle verwag dit gaan hulle heelmaak, sê die sielkundig­e Ronel du Toit van Pretoria. “Die probleem is, wanneer die ‘ verwonde’ gesond raak en weer onafhankli­k word, het hulle die ‘terapeut’ (die nuwe romantiese persoon wat na al hul sorge luister en troos) nie meer nodig nie – en gewoonlik sneuwel dié verhouding­s.”

Volgens Cornelia Swart, ’n voorligtin­gsielkundi­ge en imagoterap­eut van Pretoria, word reboundver­houdings dikwels net ná die egskeiding aangeknoop, wanneer daar nog nie afsluiting ( closure) is nie. Dit kan ongesond wees, ’n tydelike fling – jy moet jouself eers vind en deur die pyn en teleurstel­ling werk voor jy kan aanbeweeg, meen Cornelia.

Dikwels word rebound- verhouding­s gebruik om die voormalige eggenoot te “straf ” en jouself op dié manier te beskerm. “Dit is ’n vorm van passiewe aggressie. Die paradoks is egter dat navorsing wys hierdie verhouding­s is nié altyd onsuksesvo­l nie. Mense wat hulle daarin begeef, het dikwels meer selfvertro­ue om te date – hulle tob minder oor die vorige verhouding en vertrou makliker. Soms is dit inderdaad die meer stabiele mense wat kan aanbeweeg.”

Mignon Mclaughlin, skrywer

Baie mense verloor hul selfvertro­ue ná ’n egskeiding en onttrek, sê Ronel. “Die enigste manier om nuwe mense te ontmoet is om uit te gaan. Woon geleenthed­e saam met vriende by, maar wees versigtig om oorgretig te wees. Dit laat mans die hasepad kies. Kom uit jou gemaksone en stel jouself aan nuwe dinge bloot – leer ’n nuwe taal aan, neem danslesse, sluit by ’n fietsryklu­b aan. Nooi mense uit vir ete, en as vriende ’n blind date reël, wees waaghalsig en aanvaar dit. As hy nie die pyp rook nie, het hy dalk oulike vriende. En jy hoef mos nie te trou met elke man met wie jy uitgaan nie, jy wil ook jou vriendekri­ng uitbou.”

Volgens Ronel bring afspraakwe­btuistes jou gouer as in “die werklike lewe” (kerk of ’n partytjie) by ander se emosies uit. “Party mense formuleer hulself beter op die rekenaar as in ’n gesprek. Mense raak só soms maklik verlief op iemand, sonder dat hulle mekaar ontmoet het. Maar die

Sy glo ook dit is belangrik om jouself – en jou eks – te vergeef. “So kan jy waardevoll­e lesse leer. Onthou: Fool me once, shame on you, fool me twice, shame on me.” Onthou ook, dit is swak smaak om lelike goed oor jou eks kwyt te raak. “Hou jou griewe vir jouself of dié wat jy honderd persent vertrou.” Haar gesondheid en heil ná die traumas was om in vriende en familie te belê: “Hulle is daar deur dik en dun.”

Ronel se raad is dat jy moet besef wat jy in ’n nuwe verhouding soek. “Maak sommer ’n lysie van wat vir jou belangrik is: fisieke aanraking, finansiële versorging, emosionele nabyheid, hulp in die huis en met die kinders, die behoefte aan erkenning, begrip, vriendskap . . .” Vertel dan vir jou geliefde wat jy verlang (moenie aanvaar hy weet nie), en neem jul tyd om mekaar goed te leer ken.

Miskien moet die laaste sê gaan aan Mignon Mclaughlin, ’n Amerikaans­e joernalis en skrywer: “As die tweede huwelik ’n sukses is, was die eerste een dalk nie ’n mislukking nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa