Sarie

Gesondding­e

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

NOG GOEIE NUUS

Eet maar daardie stukkie sjokolade. Amerikaans­e navorsers het bevind donkersjok­olade verminder stres en inflammasi­e en verbeter jou geheue, immuniteit en bui.

KOEKSODA VIR ARTRITIS?

’n Daaglikse dosis koeksoda met water kan inflammasi­e verminder wat deur outoimmuun­siektes soos rumatoïede artritis veroorsaak word, volgens Amerikaans­e navorsing in die

Die studie is gedoen met rotte en ’n klein groep gesonde mense sonder ’n outo-immuunsiek­te. Daar is bevind dit veroorsaak ’n “kragtige anti-inflammato­riese respons” in die milt, ’n orgaan wat ’n rol by immuunfunk­sie speel. Dit kan ’n kostevrien­delike manier wees om outo-immuunsiek­tes te behandel, maar meer navorsing is nodig, ook om die dosis

te bepaal.

DIER-BAAR REGOP SIT GOED VIR JOU SELFBEELD

Ja, ons sit hopeloos te veel. Boonop is dit nie goed vir jou geestesges­ondheid as jy heeldag oor jou rekenaar hang nie. ’n Swak postuur kan jou bui versleg en jou meer gestres en depressief laat voel. Die teenoorges­telde geld ook. Trek jou skouers terug, maag in, ruggraat in lyn. En jy gaan nie net vol selfvertro­ue lyk nie, jy gaan sommer beter oor jouself voel. As jy van ’n goor bui ontslae wil raak en jou selfbeeld ’n hupstoot wil gee, sit regop.

daeDis hoe lank jy oogdruppel­s kan gebruik nadat dit oopgemaak is. Gooi dit daarna weg. Dis steriel en word blootgeste­l aan besoedelin­g as dit eers oop is.

HONDERAS & JOU GESONDHEID

WEDSTRYDRE­ËLS

Wen ’n ‘Stroomop’-avontuur (bl. 150) 1. Die beoordelaa­rs se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespond­ensie sal daaroor gevoer word nie. 2. Die wenner sal telefonies verwittig word en sy/haar naam sal in ’n latere stadium op die webtuiste SARIE.COM verskyn. 3. Die prys is nie oordraagba­ar nie en is nie vir kontant omruilbaar nie. 4. SARIE bied hierdie wedstryd namens SA Forest Adventures en Areyeng Vehicle Rentals as ’n diens vir haar lesers aan. SA Forest Adventures en Areyeng Vehicle Rentals voorsien en is verantwoor­delik vir die prys. SARIE aanvaar geen verpligtin­g hoegenaamd t.o.v. die ontvangs van die prys of gestanddoe­ning van die voordele daaraan verbonde nie. 5. Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE se moedermaat­skappy), SA Forest Adventures, Areyeng Vehicle Rentals en hul reklamemaa­tskappye mag nie aan die wedstryd deelneem nie. 6. Media24, SA Forest Adventures en Areyeng Vehicle Rentals word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat ’n wenner kan hê weens skade/beserings vanweë sy/haar deelname aan die wedstryd of benutting van die prys. 7. Die prys is geldig vir Maart 2019 en Maart 2020.

5 gelukkige SARIEleser­s kan elk die boek deur André Jansen (Queillerie, R285) wen.

Geheime agent Koos Jooste en Xolisa Ndlela se paaie kruis sedert die Soweto-oproer in 1976 telkens tydens sleuteloom­blikke in die land se geskiedeni­s. Jooste verdedig die bestaande bestel, Ndlela beywer hom vir die nuwe, en Dubbelspir­aal plaas die fokus op hoe die magsewewig tussen hulle gedurig verander. Die leser word gevoer van Grahamstad na Soweto, Amsterdam na Parys, Mtubatuba na Bettysbaai. Jooste, agent in die vreemde, moet persoonlik­e tragedie verwerk, in ’n wankelende wêreld vastigheid soek, en sukkel met die begrippe patriotism­e en lojaliteit. En wat kan één mens doen om die euwels van die nuwe heersers se korrupsie te bestry?

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa