Son­van­ger

Sarie - - Flitsverhaal - DEUR SON­JA S­TRAUSS

Car­lo­weet van die nu­we mei­sie langs­aan in Cob­ble S­to­ne 2. Ak­kom­mo­da­sie in hier­die mo­der­ne me­tro­pool-woon­stel­kom­pleks is ui­ters s­kaars en baie ge­sog. Sy was ge­luk­kig om plek te kry.

Boon­op blyk sy ’n draw­wer te wees, sien hy een og­gend op pad werk toe. ’n Fik­se een, ge­meet aan die pas waar­mee sy langs die bou­gain­vil­lea-la­ning aan­ge­draf kom en al bok­stert­swaai­end by hom ver­by snel. Kyk nie links of regs nie.

Dit be­ïn­druk hom nog­al – die draw­we­ry. Om vroeg op te staan net om te gaan oe­fen verg dis­si­pli­ne. En hy hou van dis­si­pli­ne. Na­tuur­lik – a­na­li­ties ge­spro­ke – ver­teen­woor­dig een dag wat hom be­tref nog lank nie ’n week of ’n maand nie.

Die tyd sal leer, ’n maat­staf wat nog al­tyd vir hom die kaf van die ko­ring kon skei. Al word hy ge­reeld on­der vrien­de as ’n su­per-re­a­lis uit­ge­wys (of goe­dig uit­ge­kryt), is sy te­ë­spraak al­tyd dat hy eer­der net ver­sig­tig op­ti­mis­ties is.

Car­lo Vermeulen is nie waar hy as ge­re­ken­de pro­jek­kon­sul­tant is om­dat hy lig­sin­nig met fei­te om­gaan nie. Dis waar­voor hy be­kend is – dat hy sa­ke doen son­der ’n grein e­mo­si­o­ne­le ba­ga­sie. K­li­nies en spreek­woor­de­lik “op die man af ”.

*** ’n Paar dae la­ter be­land hy een na­mid­dag ag­ter haar mo­tor, aan die bo­punt van die bou­gain­vil­lea-la­ning op pad na Cob­ble S­to­ne se hek­ke.

Hul­le kruip in die pad af. Sy sit kierts­reg­op ag­ter die stuur­wiel, neus let­ter­lik teen die voor­ruit. Hoe lan­ger hy na haar kyk, hoe meer her­in­ner die prent­jie hom aan ’n meer­kat op die uit­kyk vir vy­an­de op die vlak­tes.

’n Ge­ïr­ri­teer­de loer na die snel­heids­me­ter be­ves­tig die slak­ke­pas. Wat op dees aar­de maak die mei­sie­kind tog? Hy sien niks in die pad voor haar wat haar so sta­dig laat ry nie en moet hom daar­van weer­hou om nie by haar ver­by te glip nie. Sê nou dit is een of an­der mo­tor-moei­lik­heid? Hy kruip dus maar in ge­dul­di­ge tan­dem ag­ter haar aan.

Dit word ’n ge­ge­we sce­na­rio son­der ver­kla­ring. Be­land hy in die na­mid­dae ag­ter haar mo­tor in die la­ning, kruip hul­le huis toe.

*** Be­ker kof­fie in die hand en koe­rant on­der die arm is hy dié Sa­ter­dag­og­gend op pad na een van die tuin­ta­fels in Cob­ble S­to­ne se tuin. Dit is iets wat hy ge­reeld doen – d­rink sy kof­fie en lees die koe­rant in die tuin voor­dat hy met sy dag se din­ge be­sig raak.

Van­og­gend kom hy nie ver nie. Let­ter­lik net an­der­kant sy deur­drum­pel. Tus­sen son­spat­sels en ’n men­gel­moes groen sien hy haar by die tuin­ta­fel sit, die pri­vaat­ste een in die kom­pleks. Die een waar hý ge­woon­lik sit. Die nu­we in­trek­ker is reg­tig be­sig om stof in die rus­ti­ge vloei van sy le­we te skrop. Se­ker­lik nie met voor­be­dag­te ra­de nie, wil hy glo. Maar ’n stof­skrop­per nie­te­min.

Hy stap na een van die an­der ta­fels, sit sy kof­fie en koe­rant neer en gaan stel hom­self aan haar voor. “Hal­lo. Ek is Car­lo Vermeulen van langs­aan. Nom­mer 3.” ’n Hand­druk voel so on­van­pas dat hy nie sy hand na haar toe uit­steek nie – mis­kien om­dat hy staan en sy sit. Of mis­kien sou dit net gans te for­meel wees?

“Hal­lo, Car­lo. Ek is An­ne­ke. Van langs­aan. Nom­mer 2. An­ne­ke Bar­nard.”

Ver­beel hy hom of is daar terg­dui­wels in haar stem? Geen te­ken van gri­me­ring nie, vin­gers snoe­sig om die boe­pens van ’n kof­fie­be­ker. Lang bruin ha­re som­mer­so bo-op haar kop by­me­kaar­ge­vat met strin­ge­tjies wat o­rals uit­peul.

“Wel­kom by Cob­ble S­to­ne,” doen hy die ge­pas­te buur­man­ding. “’n On­ge­loof­li­ke kom­pleks om in te woon.” “Dit­to. Ek glo ek gaan baie ge­luk­kig hier wees.” Soos maar in sy aard, kom hy da­de­lik tot die punt. “Ver­skoon dat ek vra. Hoe­kom ry jy na­mid­dae so sta­dig in die la­ning af na Cob­ble S­to­ne se hek­ke toe?”

Sy lag half ver­leë, skulp ’n oom­blik haar han­de oor haar oë voor­dat sy bo-oor haar vin­ger­pun­te na hom loer.

“Oor die ver­kleur­man­ne­tjies.” “Ver­kleur­man­ne­tjies.” Dis nie ’n vraag nie, hy her­haal eer­der net oor­bluf wat hy hoor.

“Ja. Ek het al twee dooie ver­kleur­man­ne­tjies in die ry­vlak ge­sien van­dat ek sog­gens draf. Ek dink hul­le is meer ak­tief en aan die be­weeg in die mid­dae wan­neer dit war­mer is. So, ek kyk maar uit vir hul­le.”

“O.” Dit ge­beur nie al­dag dat Car­lo Vermeulen op­ge­krop­te woor­de sluk nie. Van­dag is dit een van daar­die min dae. Nooit sou hy kon dink dat ver­kleur­man­ne­tjies die re­de vir haar meer­kat-sce­na­rio sou wees nie! Was dit nie om die aar­de se ver­kleur­man­ne­tjies te red nie, sou dit selfs kod­dig kon wees.

“Maak ver­ba­send sin, ja. Nou maar toe. Ge­niet jou dag ver­der, An­ne­ke.” “Dan­kie. Die­self­de vir jou, Car­lo.” Hy het al om­ge­draai, toe sy weer praat. “En Car­lo . . . kyk ook maar uit vir die ver­kleur­man­ne­tjies, sal jy?”

*** By Cob­ble S­to­ne 3 is die ge­sel­skap vro­lik en die Sa­ter­dag­mid­dag se rug­by ’n na­el­byt­stryd van for­maat. Half­tyd staan Car­lo op. Hy wil so­lank ’n goeie vuur aan die gang kry en ’n paar stoe­le . . .

Bui­te be­groet ’n aar­di­ge ge­sig hom. Die he­le plek is on­der ve­re. Som­mi­ge dryf in die lug, an­der het reeds op die gras lê­plek ge­kry en nog an­der rol ge­wig­loos op die voor­punt van ’n speel­se bries. Dit bor­rel oor die muur van Cob­ble S­to­ne 2 se kant af. Met ’n hout­krat as trap gaan kyk hy wat langs­aan aan­gaan. En daar staan sy, An­ne­ke Bar­nard, in wat hy net as ’n ve­re­slag­veld kan be­skryf. Hoe meer on­han­dig sy pro­beer keer, hoe meer dons die ve­re on­der haar voe­te uit en hoe min­der be­land in die greep van haar vin­gers.

“Nou wat het jy nou gaan staan en aan­vang, An­ne­ke? Jy sal dat die DBV ons oor­val.” “Ag, Car­lo, jy sal dit nie glo nie. Wat ’n ab­so­lu­te ge­mors!” Sy lag so dat sy s­kaars op haar voe­te kan bly. En toe Car­lo spot­ten­der­wys laat hoor: “Ge­veer, kort nog net die teer,” toe gaan lê sy op haar rug in die mid­del van die cha­os, to­taal en al oor­ge­gee aan die his­te­rie­se humor van die oom­blik.

Die kort­ste pad vir hom nou is om oor die muur te spring. Met die bui­te­kraan vol oop­ge­draai en die tuin­slang le­wen­dig tus­sen sy vin­gers, spuit hy die res van die ve­re met ’n fyn wa­ter­re­ën te­rug aar­de toe.

“Ek het nooit ge­dink my son­van­ger-ve­re sou so ‘ont­vlug’ nie,” lag sy ter­wyl sy op haar maag om­rol en in sar­sies op­staan. “Jy maak son­van­gers?” “Ek wou met dons­ve­re eks­pe­ri­men­teer . . .” Sy is te kos­te­lik. Ve­re in die ha­re, kaalvoet, los trui­tjie se moue ar­ge­loos teen haar arms op­ge­stoot. Die res van die sto­rie hoor hy in stac­ca­to brok­kies. “Ek ryg nog so lek­ker . . . oop kus­sing . . . op die grond . . . ve­re . . .”

Sy moet eers weer ’n draai loop, haar lag on­der be­dwang pro­beer kry voor­dat sy dit na­by hom waag. Meer hoef sy nie te sê nie, want el­ke veer help ver­tel die sto­rie.

Hy is be­wus daar­van dat hy haar na­by­heid – en aan­ra­king – ge­niet toe hul­le han­de saam ho­pies ve­re by­me­kaar be­gin skrop en die leë kus­sing­sloop al hoe meer in­houd te­rug­kry. Cob­ble S­to­ne het be­slis ’n in­te­res­san­ter plek ge­word met An­ne­ke Bar­nard in die om­ge­wing. Be­slis nog nie ’n ver­ve­li­ge week of drie ge­wees van­dat sy haar in­trek langs hom ge­neem het nie.

Toe, son­der a­na­li­tie­se oor­we­ging van sy uit­no­di­ging en die moont­li­ke uit­koms, nooi hy: “Kom braai saam met ons. Dit sal lek­ker wees om jou daar te hê. Reg­tig, An­ne­ke.”

Sy lyk sig­baar ver­baas, tak­seer hom vir ’n oom­blik – so­veel so dat hy op sy uit­no­di­ging uit­brei. “Ons is im­mers be­hoor­li­ke bu­re ná ’n dag soos van­dag!” “Het ie­mand al braai­brood­jies ge­maak?” vra sy. Ti­pies. Nie ja, dan­kie, mis­kien of nee, jam­mer nie. Kom so met ’n on­ge­wo­ne om­pad by an­der­sins nor­ma­le din­ge uit. Ver­se­ker ’n vars a­sem in die oor­be­kend­heid van sy wê­reld, ’n eie en u­nie­ke stem tus­sen hol­rug deun­tjies. “Maak jy vir ons?” “Ons” kan so ’n in­klu­sie­we woord wees, ’n voet­brug tus­sen ’n ken­nis en ’n vreem­de­ling.

“Ek maak vir ons, Car­lo. Wat is ’n braai in elk ge­val son­der braai­brood­jies?” “Per­fek.” Ná die toe­knoop van die kus­sing­sloop en die droog­vee van haar nat han­de stap sy saam met hom voor­deur toe. “Baie dan­kie vir jou moei­te, Car­lo. Jou wa­ter­plan met die vry­pos­ti­ge ve­re het uit­ste­kend ge­werk.” “Ek pak so­lank nog hout op die vuur.” “En ek kom oor so­dra ek aan hier­die kant klaar is.” “Maak vir my ’n ek­stra brood­jie,” sê hy. “Ons sal twee brood­jies moet weg­steek!” sê sy a­we­regs soos ge­woon­lik. “Dit is mos die vol­gen­de dag die lek­ker­ste ont­byt saam met kof­fie.”

Op pad te­rug hoor hy hoe vro­lik lag en ge­sels dit by Cob­ble S­to­ne 3.

’n On­ge­ken­de op­win­ding lê in sy bors­kas. Wat hy ver­seg om te ont­leed. En son­der dat hy dit kan help, is hy op die uit­kyk.

Op die uit­kyk vir ver­kleur­man­ne­tjies in die pad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.