GER­HARD BRU­WER, 37, me­de-ei­e­naar en aan­deel­hou­er, Ge­na­de Boer­de­ry, plaas Pic­ton, Doug­las- en Ho­pe­town-om­ge­wing, Noord-kaap

Sarie - - Inspireerders -

“Boer is my pas­sie,” sê Ger­hard reg­uit. Pa Vickie, wat k­lein be­gin en bly bou het aan wat van­dag die in­druk­wek­ken­de Ge­na­de Boer­de­ry is, het al in ’n on­der­houd ge­sê: “Om ge­luk­kig te wees, moet jy jou pas­sie uit­lééf.” (www.grain­sa.co.za)

So is dit van­dag met Ger­hard. So ook met sy broers Han­nes en k­lein Vickie na­dat die seuns te­rug­ge­keer het plaas toe. En nou saam boer met mie­lies, ko­ring, ka­toen, lu­sern, aar­tap­pels, grond­bo­ne, saads­on­ne­blom en vee. Die Bru­wers kén van hard werk, word ge­sê, en din­ge, reg en ver­keerd, word in ’n swart har­de­band­boek aan­ge­te­ken.

Oor hul ge­meng­de boer­de­ry sê Ger­hard: “As ek my a­lie sien, sal ek dit wéér doen! Selfs al kry jy daar­die dae wat jy bid dat die son sak so­dat die dag net kan end kry. ”

In­tens, al­les­om­vat­tend, dís boer­de­ry van­dag. Maar, sê Ger­hard, hy kom in die aan­de by die huis en sluit af. Na­we­ke is dit gholf­tyd, braai­tyd. En in die sei­soen, jag­tyd.

“Dis ’n voor­reg om op ’n plaas te bly. Maar men­se sien dik­wels nie die an­der kant nie. Dis werk, hár­de werk.” Só praat Lie­zel (36), wat haar plek as me­de-“boer”, ad­mi­nis­tra­sie­klerk, win­kel­be­stuur­der, eg­ge­no­te en ma op Pic­ton vol­staan.

Ná sy ’n hon­neurs in kin­der­ki­ne­ti­ka aan die UV be­haal het, het sy vir GWK ge­werk voor­dat sy en Ger­hard ge­troud is. Van­dag be­har­tig sy die ad­mi­nis­tra­sie van die plaas.

“Ek kán saam­praat oor boe­de­ry en die be­dryf! Maar as dit kom by die po­li­tiek en ak­tu­e­le sa­ke, moet Ger­hard by­hou. As ek iets wil weet, vra ek hom.”

Met drie kin­ders, haar plaas­be­dry­wig­he­de en ko­mi­tees waar­in sy dien, het sy be­hoef­te om el­ke nou en dan te her­laai. “Vry­dae koek-en-tee ek saam met vrien­din­ne, of be­soek ’n spa (ek’t al vir Ger­hard saam­ge­sleep!).” En daar’s haar sel­foon- apps vir die nuut­ste mu­siek en ’n oe­fen­pro­gram of twee.

“Die plaas­le­we kan ge­ï­so­leerd wees, maar my kin­ders hou my be­sig en ek voel nooit al­leen nie. Ek het ook ge­leer om vre­de te maak met din­ge soos dit is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.