AF­TA­KE­LING BY KRAG-OE­FE­NIN­GE NIE SO OP­VAL­LEND

Sarie - - Gesond -

Daar is baie teen­stry­di­ge na­vor­sing oor die ver­lies van spier­mas­sa, om­dat die tem­po wis­sel na ge­lang van jou ou­der­dom, ge­slag en wat jou spier­mas­sa was toe jy be­gin oe­fen het. ’n Uit­hou-at­leet s’n sal baie ver­skil van dié van ’n ge­wig­op­tel­ler. As jy ge­reeld ’n paar keer per week met ge­wig­te oe­fen en jy neem ’n blaas­kans, sal jy nor­maal­weg nie juis spier­mas­sa ver­loor nie. Krag en spier­mas­sa ver­an­der baie min in ’n paar we­ke. Ie­mand wat ’n be­dui­den­de hoe­veel­heid spier­mas­sa aan­ge­sit het, kan e­nig­iets van vier tot tien we­ke rus en steeds goed lyk. En weer be­gin oe­fen en taam­lik goed vaar. Hoe­wel daar dus ag­ter­uit­gang sal wees, is dit min­der be­dui­dend as jou kar­di­o­vas­ku­lê­re fiks­heid. Dis eg­ter heel­te­mal nor­maal om daar­na swak­ker te voel. Dis waar­om jy nie som­mer da­de­lik vol­stoom met jou oe­fen­roe­ti­ne moet weg­spring nie, maar eers die pas sta­di­ger vat. Jou spie­re én kop moet eers weer daar­aan ge­woond raak, sê Self Ma­ga­zi­ne (self.com).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.