An­na, be­wa­ker van Ing­rid se ge­hei­me

Sarie - - Inhoud -

Om in die ska­du­wee van haar be­roem­de jon­ger sus­ter Ing­rid te leef, was nie vir An­na Jon­ker mak­lik nie. Maar sy wou haar ook be­skerm. Die skry­wer Pe­tro­vna Me­te­lerk­amp, wie se bi­o­gra­fie oor die be­gaaf­de dig­ter on­langs ver­skyn het, het die kom­plek­se An­na goed leer ken . . .

InJa­nu­a­rie 1995, vér ver­by slaap­tyd, lui die te­le­foon langs my bed. “Bel my gou te­rug,” sê An­na Jon­ker. “Ek móét met jou praat.”

An­na bel in dié dae dik­wels so laat saans, im­mer oor iets wat kwel. En al­tyd iets te ma­ke met haar jon­ger sus­ter, Ing­rid, reeds by­na der­tig jaar oor­le­de. Ek ken An­na se­dert Nel­son Man­de­la die vo­ri­ge jaar die ge­dig “Die kind” in die par­le­ment voor­ge­lees het. S­kie­lik was Ing­rid pro­mi­nent in die nuus, met die nu­we pre­si­dent wat wê­reld­wyd op TV sê: “She was both an A­fri­ka­ner and an A­fri­can . . . Her na­me was Ing­rid Jon­ker.”

Om­dat bit­ter min be­kend was van dié dig­ter, het ek des­tyds be­gin na­vor­sing doen. Ek wou so­veel as moont­lik oor Ing­rid Jon­ker uit­vind om vir die tydskrif In­sig ’n ar­ti­kel oor haar te skryf. Sto­ries oor haar per­soon­li­ke le­we is hier en daar oor­ver­tel, soms sen­sa­si­o­neel op­ge­dis, maar die fei­te was vaag. Toe haar lyk die og­gend van 19 Ju­lie 1965 op D­rie­an­ker­baai se strand ge­vind is, het die groot be­spie­ge­ling be­gin: Was dit self­dood? Het sy in die nag moeds­wil­lig die y­si­ge win­ter­see in­ge­stap om te ver­drink? Wat sou haar tot sul­ke wan­hoop dryf? Sy was maar 31, ’n be­gaaf­de dig­ter, ma van ’n se­we­ja­ri­ge dog­ter­tjie. Het sy nie vrien­de ge­had nie? Daar was glo ’n min­naar – of twee. Haar pa, ’n par­le­ments­lid, het haar glo sleg be­han­del.

Die eer­ste bron van in­lig­ting oor Ing­rid Jon­ker se le­we was haar ou­er sus­ter, An­na. Met my eer­ste be­soek aan haar klip-ska­kel­hui­sie op Kamps­baai be­gin ’n ten­ta­tief­vrien­de­li­ke ver­hou­ding. Die in­ten­se, ek­sen­trie­ke An­na deel stuk­kies-stuk­kies in­lig­ting, maar hou baie vir haar­self. On­der ’n ta­fel in haar woon­ka­mer hou sy kar­ton­bok­se met die briewe, dag­boe­ke, fo­to’s en ma­nu­skrip­te wat ná Ing­rid se dood in haar woon­stel ge­vind is. An­na, wat baie ja­re as ver­ta­ler by ’n uit­ge­we­ry ge­werk het, sê sy is be­sig om haar me­moi­res te skryf.

Dit is gou dui­de­lik dat sy Ing­rid wil be­skerm teen skin­der­sto­ries – en dat sy e­ni­ge sleg­te nuus oor haar pa, A­bra­ham Jon­ker, in die kiem wil smoor. An­na het haar eie, sterk me­ning oor as­pek­te van haar be­ken­de sus­ter se le­we. So is sy vas oor­tuig die skry­wer An­dré P. B­rink was di­rek ver­ant­woor­de­lik vir Ing­rid se vroeë dood.

“Rég­tig?” vra ek ver­stom toe An­na dié “feit” die eer­ste keer noem.

“Ja, moe­nie so ver­baas lyk nie,” sê An­na. “Daar­die vent het Ing­rid mis­bruik, hy het haar hart ge­breek.”

Met die laat­aand-op­roep in Ja­nu­a­rie is dit juis An­dré B­rink wat An­na erg ont­stel het. “Ek is ge­trau­ma­ti­seer,” sê sy. Want vroe­ër, net toe sy aan die slaap wou raak, het hy by haar kom spook. In die vorm van ’n stink walm het B­rink on­der haar slaap­ka­mer­deur in­ge­sy­pel ge­kom. Sy kon die eu­wel ruik, dit was soos swa­el. Dit het al hoe na­der ge­kom, oor die mat, tot teen­aan haar bed.

An­na be­klem­toon dat sy B­rink háát. Sy weet die vu­ri­ge lief­des­ver­hou­ding wat Ing­rid met hom ge­had het, was teen Ju­lie 1965 op ’n ein­de, maar 48 uur na­dat B­rink ’n vriend ge­stuur het met die bood­skap dat hy ver­loof raak, was Ing­rid dood. Dit ver­tel An­na oor en oor. En dan be­spie­gel sy oor die be­son­der­he­de: Ing­rid se lyk is vroeg­og­gend ’n me­ter of wat van die vlak­wa­ter ge­vind. Nie­mand kan sê sy het in die see in­ge­stap om haar­self met op­set te ver­drink nie. Nie­mand kan sê of sy op die rot­se ge­gly het nie, of sy mis­kien be­wus­te­loos was toe die ge­ty op­stoot . . .

In die lyks­huis was daar dui­de­li­ke kneus­mer­ke aan een kant van Ing­rid se ge­sig. An­na was daar, ’n on­ver­geet­li­ke nag­mer­rie wat haar by­bly: Sy stap in ’n gang af, sy kom om ’n hoek – en daar lê Ing­rid, le­we­loos. Die skok is vir An­na te veel.

“You know, af­ter Ing­rid’s de­ath I bled for a w­ho­le y­e­ar,” ver­tel sy. An­na is lief om tus­sen­deur En­gels te ge­bruik. “I ne­ver slept until four o’clock in the mor­ning. Or if I slept, I’d be a­wa­ke at four o’clock. Toe sit ek een aand by die ven­ster en ek sê: ‘Kyk, Ing­rid, jy’t nou ge­noeg ge­spook, man. Just get going, ple­a­se.’ En toe’s dit oor.”

Om Ing­rid se sus­ter te wees, in haar ska­du­wee te leef, was nooit vir An­na mak­lik nie. ’n No­ta in haar hand­skrif spreek boek­de­le: Sy is die don­ker, eu­wel een; nors, aan die frons. Ing­rid is mooi, die blon­de krul­kop met die warm ge­aard­heid, die een van wie al­mal hou. Toe die drie-vier­ja­ri­ge Ing­rid in Ou­pa se tuin ge­doop word, hou An­na die se­re­mo­nie een­kant, van ag­ter ’n hei­ning in die bu­re se tuin dop. “Van ja­loe­sie,” skryf sy la­ter. Ing­rid het ’n mooi wit rok­kie aan, daar is koek en tee, en baie men­se . . .

By ’n an­der ge­leent­heid, toe Ing­rid ge­kies is om blom­me­mei­sie te wees, wil An­na weer “sterf van ja­loe­sie”, soos sy ver­tel. Be­ne­wens ’n mooi rok, nu­we skoe­ne én ’n strin­ge­tjie kra­le, kry Ing­rid ’n pop pre­sent: ’n lief­li­ke slaap­pop. An­na maak se­ker die pop gaan tot niet, hou aan die pop moet saam strand toe. Hul­le moet kyk of sy in die wa­ter kan dryf, al hét Ou­ma ge­waar­sku die rek wat die arms en be­ne aan­me­kaar hou, sal in die son ver­gaan.

< Ou­ma An­nie, die brand­arm, lief­de­vol­le an­ker wat klein­tyd vir An­na en Ing­rid sorg, skraap geld by­me­kaar en stuur die slaap­pop na die pop­hos­pi­taal in Kaap­stad om te laat reg­maak.

Ou­ma is baie na aan Ing­rid. Wan­neer sy Son­dae op die strand vir die bruin men­se kerk hou, staan Ing­rid langs haar. Sy lees haar heel eer­ste ge­dig­gies voor, ge­ba­seer op die ver­se wat Ing­rid in die Hal­le­lu­ja­boek leer ken. “Ou­ma was vrees­lik trots daar­op,” ont­hou An­na. “La­ter huil al­mal van die aan­doen­li­ke ver­sies.”

Ná Ing­rid se dood ont­dek An­na die ge­dig “Op pad na die dood” in die sak van haar o­ker trui. “Kyk nou hoe in­tens,” sê An­na met ’n af­skrif van die ge­dig in die hand. “As jy dié ge­dig lees, kan jy sien hoe diep in haar siel gods­diens­tig Ing­rid was. Ten spy­te van wat ons van­dag sou noem haar hip­py­ness and e­ver­y­thing – en die ver­set – kan jy sien hoe diep loop dit, dwars­deur.” An­na self het reeds as se­we­ja­ri­ge ’n an­der sie­ning van gods­diens ge­had. Sy hoor in die Son­dag­skool van die uit­ver­kie­sings­leer en be­sluit: As dit waar is, hoef sy nie daar te bly sit nie, sy gaan nou swem!

Her­in­ne­rin­ge soos dié kom ge­du­rig te­rug wan­neer An­na oor haar kin­der­ja­re en haar la­ter be­ken­de dig­ter-sus­ter ge­sels. Sy het groot waar­de­ring vir Ing­rid se ta­lent en haar sen­si­tie­we ge­aard­heid. “Her in­ten­se ar­tis­tic per­so­na­li­ty felt t­hings very dee­ply,” sê An­na. An­na het swaar­ge­kry toe sy en Ing­rid van hul ge­lief­de ou­ma weg­ge­neem is om by hul pa en stief­ma te gaan bly, maar sy het ge­weet dit is vir haar klein­sus nóg swaar­der. Wan­neer hul­le kon strand toe gaan, wou Ing­rid daar bly en nie te­rug­gaan Stief­ma toe nie.

An­na be­treur die ver­wer­ping wat Ing­rid moes ver­duur – ver­al van die men­se heel naas­te aan haar. Toe haar pa Ing­rid se eer­ste dig­bun­del, Ont­vlug­ting, ont­vang, laat weet hy: “Ek sal van­aand kyk hoe jy my in die skan­de ge­steek het.” Hoe moes dit Ing­rid nie ge­raak het nie, vra An­na. Toe Ing­rid ’n af­spraak wil maak om haar twee­de bun­del, Rook en o­ker, in die Kof­fie­huis vir hom te gee, stuur A­bra­ham Jon­ker vir haar ’n brief: Hy is “nie ge­neë” om haar in e­ni­ge o­pen­ba­re plek te ont­moet nie.

An­na wil haar pa se naam in ere hou – hy was im­mers ’n par­le­ments­lid, maar sy moet er­ken die ver­hou­ding tus­sen hom en Ing­rid was stram. Dat An­na self ’n aan­deel in die on­min ge­had het, laat sy nie blyk nie. Sy ver­tel eer­der van die seer­ste ver­wer­ping wat van Ing­rid se min­naar, Jack Co­pe, ge­kom het. Toe Ing­rid hom op­ge­won­de ver­tel sy is swan­ger met hul kind, ant­woord Jack met sty­we lip­pe: “W­hat are you going to do a­bout it?”

Ing­rid het nie ’n keu­se nie: Jack re­ël vir haar ’n a­bor­sie. Dit is ook die ein­de van hul­le i­dil­lie­se ro­man­se, en Ing­rid be­gin ag­ter­uit­gaan. La­ter raak sy ver­lief op An­dré B­rink, wat by haar aan­sluit waar sy tyd in Eu­ro­pa deur­bring. Maar net ’n paar dae la­ter wil hy van haar ont­slae raak. Ing­rid skryf met skok in haar dag­boek: “. . . dis dui­de­lik dat hy my nie meer wil hê nie.”

In die ja­re ná 1994, toe An­na ’n nu­we bun­del met Ing­rid se ver­sa­mel­de wer­ke vir die uit­ge­wer Human & Rous­seau saam­stel, wy sy haar aan die be­wa­ring van Ing­rid se na­la­ten­skap. Sy t­ree op in be­lang van die Ing­rid Jon­ker Trust, wat deur Jack Co­pe ge­stig is ten ba­te van Ing­rid se e­nig­ste kind, Si­mo­ne. Wan­neer ko­pie­reg in Ing­rid se ge­dig­te ter spra­ke kom, is dit An­na wat se­ker maak be­ta­ling word deur Dal­ro (Dra­ma­tie­se, Ar­tis­tie­ke en Let­ter­kun­di­ge Reg­te-or­ga­ni­sa­sie) ge­doen. Wan­neer ’n a­ka­de­mie­se stu­die ge­pu­bli­seer word, laat An­na ’n em­bar­go daar­op plaas, soos wat met vier dok­to­ra­le ver­han­de­lings ge­beur het. Die pu­bliek mag dit nie lees nie.

Wan­neer An­na ge­vra word waar­om sy so oor­be­sker­mend op­tree, ant­woord sy vaag. Sy kan nie toe­laat dat haar pa se naam ska­de ly nie. Ing­rid moet ook nie in die o­pen­baar ont­leed en as “ge­val­le­stu­die” be­skou word nie. Wan­neer briewe van An­dré B­rink ná haar dood in Ing­rid se woon­stel ge­vind word, wil An­na haar be­skerm. Sy lees die briewe deur en be­sluit wat­ter is “por­no­gra­fies”. Dié skeur sy op. Maar A­bra­ham Jon­ker wil die B­rink-briewe hê, moont­lik om be­wys te vind dat hy nie self ’n aan­deel ge­had het aan Ing­rid se af­ta­ke­ling en die ein­de van haar le­we nie. Hy sien ’n po­li­sie­dos­sier met ’n aan­te­ke­ning dat Ing­rid die nag van haar dood ge­sê het sy wil nie meer leef nie, want haar pa wil haar nie hê nie. An­na ver­tel la­ter sy het re­de om te glo haar pa het dié woor­de van Ing­rid uit die dos­sier laat ver­wy­der.

Dié lo­ja­li­teit van die kom­plek­se per­soon wat An­na Jon­ker was, ver­dien be­won­de­ring. Sy wou be­kend maak dat Ing­rid slegs aan de­pres­sie ge­ly het toe sy in die psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal, Val­ken­berg, be­han­del is. Maar sy het ook Ing­rid se naam by haar pa sleg­ge­maak deur hom te ver­tel Ing­rid ver­waar­loos haar kind. Dié aan­ty­ging, wat nie waar was nie, het Ing­rid haar sus­ter nooit ver­ge­we nie. Dit het ook ver­oor­saak dat sy nie hulp van haar pa wou vra toe sy des­pe­raat was vir ’n paar sent om te oor­leef nie.

* An­na Jon­ker is in 1997 aan ’n hart­aan­val oor­le­de.

Ing­rid, naak af­ge­neem op ver­soek van haar man, Piet Ven­ter. Die fo­to­graaf, Tom Bur­gers, was ’n vrien­din en kol­le­ga, Rie­ta, se man.Ing­rid en Piet op hul trou­dag op 15 De­sem­ber 1956 in die Paarl. Hul dog­ter, Si­mo­ne, is ’n jaar la­ter ge­bo­re. Pas ná haar twee­de ver­jaar­dag is Ing­rid en Piet uit­me­kaar. Kin­der­fo­to’s . . . LINKS is Ing­rid as jong mei­sie, en REGS haar sus­ter, An­na. ON­DER LINKS Die twee sus­ters saam met hul ge­lief­de ou­ma An­nie. ON­DER REGS Skry­wer Pe­tro­vna Me­te­lerk­amp.

* Pe­tro­vna Me­te­lerk­amp is die skry­wer van Ing­rid Jon­ker: ’n Bi­o­gra­fie, wat vroe­ër van­jaar by Pen­guin Rand­om Hou­se SA ver­skyn het. Die boek kos R300.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.