‘My groot­ste a­von­tuur,’ sê Ri­aan Man­ser oor sy ba­ba­seun

Een van A­fri­ka se be­kend­ste a­von­tu­riers. ’n Man wat nie mak­lik nee sê vir ’n uit­da­ging wat hom fi­siek en e­mo­si­o­neel toets nie. Nou het Ri­aan Man­ser ’n splin­ter­nu­we a­von­tuur – dalk die groot­ste van sy le­we. En sy naam is Ja­mes . . .

Sarie - - Inhoud - DEUR MARGUERITE VAN WYK

Ri­aan

Man­ser glim­lag van oor tot oor ter­wyl hy sy ste­wi­ge bul­le­tjie, Ja­mes, vas­hou.

“Die ou­tjie weeg 11 kg,” sê hy trots. Ja­mes is by­na ’n jaar oud en sy o­gies is on­deund – ’n meng­sel van pa se groen ky­kers en ma Vas­ti se blou oë.

Ad­vo­kaat Vas­ti het die dag af en met haar a­von­tu­rier-man en haar seun aan haar sy ge­niet sy ’n gla­sie To­ka­ra Mer­lot in ’n ge­sel­li­ge eet­plek op S­tel­len­bosch waar ons saam kui­er. Ja­mes glim­lag as­of hy als ver­staan.

Ri­aan en Vas­ti lyk as­of hul­le in die wieg ge­lê is vir ou­er­skap. Vas­ti ruil be­hen­dig doe­ke om, Ri­aan ge­sels met Ja­mes op die skoot.

Hul­le is pas te­rug van ’n rus­ti­ge ge­sins­va­kan­sie op die Sey­chel­le, wat heel­te­mal ver­skil van sy “gek­ke” a­von­tu­re oor die vo­ri­ge 18 jaar. Die lys van sy se­ge­tog­te in die ver­le­de is lank en in­druk­wek­kend. Soos die fiets­rit van 37 000 km deur 34 lan­de toe hy om A­fri­ka ge­ry het. Op hier­die rit van twee jaar, wat by­na sy dood be­te­ken het en waar­op hy 14 kg ver­loor het, is hy on­der meer deur dronk po­li­sie­man­ne in ’n tronk in E­kwa­to­ri­aal-gui­nee ge­gooi en ook ge­van­ge ge­neem deur be­dwelm­de Li­be­rie­se tie­ner­re­bel­le.

In 2011 het hy en die fi­siek ge­strem­de Dan Sk­in­stad, broer van die voor­ma­li­ge S­pring­bok­rug­by­spe­ler Bob Sk­in­stad, die 2 300 km om Ys­land in ’n twee­man-ka­jak in vyf maan­de af­ge­lê. Soms moes hul­le ver­nuf­tig uit­swenk vir moord­vis­se, soms het al­bei ge­won­der wat hul­le be­geef het om in die y­si­ge waters te roei, maar hul­le het deur­ge­druk.

Hy het selfs sy ge­lief­de Vas­ti, met wie hy se­dert 1999 uit­ge­gaan het, in­ge­sleep by sy a­von­tu­re. Toe sy sê sy wil die A­me­ri­kaan­se Vry­heid­stand­beeld sien, het hul­le in 2014 van A­ga­dir in Ma­rok­ko al die pad na New York ge­roei. Op pad oor die At­lan­tie­se O­se­aan, son­der e­ni­ge by­stand, het hul­le gol­we so groot soos ge­boue te­ë­ge­kom. Ri­aan ver­tel hy het op­nuut re­spek vir Vas­ti ge­kry toe sy die uit­mer­ge­len­de tog van 172 dae op die oop­see vol­tooi en hy het be­sef sy is die een vir hom. Om al­les te kroon het die eg­paar met hul wit­te­brood in 2016 ’n Guin­ness-wê­reld­re­kord vir spoed op­ge­stel toe hul­le van Ka­li­for­nië tot Ha­waii ge­roei het. Die vo­ri­ge re­kord­hou­ers was nog­al ’n span van vier mans!

Eers­daags wag sy nuut­ste a­von­tuur, The O­dys­sey, waar­in Ri­aan en ’n span­maat in De­sem­ber die At­lan­tie­se O­se­aan aan­durf om van die Ka­na­rie­se Ei­lan­de na Bar­ba­dos te roei. Men­se wat graag die tog wou mee­maak, kon van reg oor die land in­skryf en die top­vyf sal uit­ein­de­lik op ’n uit­mer­ge­len­de fiks­heids­kamp sa­ke uit­spook om die an­der plek in die spe­si­a­le roei­boot van se­we me­ter in te neem.

Maar Ri­aan hou vol pa-wees is sy groot­ste a­von­tuur nog. “Ek is hon­derd per­sent by Ja­mes se le­we be­trok­ke en dit is hoe dit gaan bly. Ek­self was ’n wees­kind en het so­wat twee jaar ge­le­de vir die eer­ste keer daar­oor ge­praat. Ai, ek het al­tyd so min­der­waar­dig ge­voel. Maar ek weet ek is ou­kei, din­ge het goed uit­ge­werk.”

< Eers nou­dat hy sélf pa is, be­sef hy die waar­de van dié ti­tel. “Nie­mand kan jou daar­op voor­be­rei nie. Om jou eie kind te kry – al daar­die cli­chés is waar – dit ís die won­der­lik­ste ding op aar­de.”

As pa be­sef hy hy het an­der ver­ant­woor­de­lik­he­de as vroe­ër. “Ek neem meer be­re­ken­de ri­si­ko’s met my a­von­tu­re. Vo­ren­toe sal ek meer ge­or­ga­ni­seer­de tog­te aan­pak. As ek by­voor­beeld ’n berg soos E­ve­rest aan­durf, sal ek dit met be­hulp van sjer­pas doen. En ek sal nie som­mer a­von­tu­re in oor­log­ge­teis­ter­de ge­bie­de on­der­neem nie. Ek be­weeg na­der aan die ‘grot’ en skuil by die in­gang daar­van om my ge­sin te be­skerm.”

’n Ge­sin wat hul­le ho­pe­lik nog gaan uit­brei. Ri­aan is 44, Vas­ti 40, en hul­le wil nog kin­ders hê, selfs la­ter ’n kind aan­neem.

Die twee ver­tel hul va­kan­sie na die ei­lan­de Ma­hé en Pras­lin, op uit­no­di­ging van die Sey­chel­le-toe­ris­me­bu­ro, was die per­fek­te weg­breek met ’n ba­ba. “Dit is ’n a­von­tuur om met ’n ba­ba te toer, selfs on­der die bes­te om­stan­dig­he­de – jy moet kop­hou met doek­sak­ke, bot­tels, speel­goed. Dié keer kon Vas­ti da­rem ook lek­ker ont­span,” sê Ri­aan.

Vir haar was die lek­ker­ste om nie op ’n week­dag te werk nie, die stil­te te ge­niet, in die son te lê – “let­ter­lik niks te doen nie”. Maar niks­doen is ’n bie­tjie erg vir Ri­aan. “So ons moes ’n paar ak­ti­wi­tei­te in­werk,” lag sy.

Ri­aan se dag­boek­in­skry­wings oor die Sey­chel­le lees soos ’n sto­rie­boek – heel­te­mal an­ders as met sy mal­trap-a­von­tu­re van vroe­ër. Op DAG 1: “Die oom­blik as jy uit die vlieg­tuig klim, voel dit som­mer soos va­kan­sie. Die lug is baie vog­tig. Ons was ge­luk­kig om al in die ver­le­de ve­le ei­lan­de te kon be­leef. Die In­die­se O­se­aan-ei­lan­de, soos dié, is so­veel mooi­er as dié in die Me­di­ter­reen­se See en At­lan­tie­se O­se­aan. Die wa­ter is warm en ’n mens is met tur­koois om­ring so ver as wat jy kyk.”

Hy ver­tel reeds op dag een het k­lein Ja­mes saam met hom in die see ge­swem. En hy was mal daar­oor. “Dit is nie iets wat hy som­mer in die koue wa­ter van Bet­tys­baai [waar hul­le woon], na­by Her­ma­nus, kan doen nie.”

Vir hul­le was die heer­lik­ste om deur Ja­mes se oë die wê­reld op­nuut te ont­dek. Al wil hul­le hom nie bloot­stel aan ri­si­ko’s nie, wil hul­le “hom nie pie­pe­rig groot­maak nie en hom bloot­stel aan die bui­te­lug”. Soos Vas­ti sê: “Waar ons gaan, sal Ja­mes gaan, maar ons sal nie on­ver­ant­woor­de­li­ke be­slui­te met sy le­we neem nie. Ek dink nie ek sal Ja­mes som­mer op ’n roei­tog laat gaan nie. Maar ons is baie be­voor­reg dat ons hom sy eer­ste ge­sins­reis na die Sey­chel­le kon laat be­leef.”

Op DAG 2 lees Ri­aan se in­skry­wing: “Van­dag was ons op nog ’n strand waar dit ge­voel het of ons in die pa­ra­dys is. Daar was geen men­se nie. Die sand is s­pier­wit. Dit voel soos ei­land­va­kan­sies wat jy in die flieks sien.”

Dis vir hul­le be­lang­rik om Ja­mes van jongs af aan so­veel moont­lik kul­tu­re bloot te stel en hul­le het moei­te ge­doen om op die ei­land rond te loop, markte te be­soek en met van die in­wo­ners te praat. “Hul­le is so or­dent­lik en vrien­de­lik. Dring hul­le nooit aan jou op nie.” Die luuk­se Con­stan­ce Ep­he­li­a­oord op Ma­hé waar hul­le ge­bly het, het op die prag­tig­ste wou­de én op die see uit­ge­kyk. “Ons moes deur ’n Tar­zan-bos ry om daar uit te kom.”

Ri­aan, wat sy in­spi­ra­sie uit die na­tuur kry en dik­wels “in kin­der­li­ke ver­stom­ming voor die S­kep­ping staan”, ver­tel daar is twee UNESCO Wê­reld­er­fe­nis­ge­bie­de op die Sey­chel­le: die Al­da­bra-ring­ei­land en die Val­lée de Mai-na­tuur­re­ser­vaat op Pras­lin. By laas­ge­noem­de kan jy jou ver­kyk aan tal­le plant­soor­te, soos die ko­kos­neu­te van die see, of­te­wel co­co de mer ( Lo­doi­cea mal­di­vi­ca). “Die palms waar­aan die ko­kos­neu­te van die see hang, is reus­ag­tig. Ons het soos dwer­gies ge­voel toe ons daar rond­ge­dwaal het.”

Hul­le is ook be­koor deur geil­pers bou­gain­vil­le­as, kwet­te­ren­de vo­ël­tjies en die s­kaars (en be­dreig­de) reu­seAl­da­bra-skil­paaie wat daar woon. “Dis die soort din­ge wat

Ja­mes moet sien. Kin­ders wat reis is baie meer vol­was­se as dié met boek­ken­nis. Ons hoop Ja­mes sal nog baie aan sul­ke on­ge­wo­ne din­ge bloot­ge­stel word om sy ho­ri­son­ne te ver­ruim.”

Baie men­se laat toe dat vrees hul­le te­rug­hou daar­van om nu­we din­ge te ont­dek, glo Ri­aan. “Men­se wil nie waag nie, want hul­le het nie geld nie, of hul­le is bang.” Toe hy be­gin het as a­von­tu­rier, het hy geen geld ge­had nie, maar be­sluit hy gaan vas­byt. “Dis my per­soon­lik­heid. Toe ek rug­by­kap­tein op s­kool was, sou ons in die laas­te tien mi­nu­te 20-0 ag­ter wees, maar ek sou die man­ne mo­ti­veer en sê: ‘Jy weet nooit wat nog kan ge­beur nie. Daar is al­tyd ’n kans . . .’”

Dit is hier­die ei­en­skap­pe van Ri­aan wat Vas­ti so be­ïn­druk en wat hul­le graag vir Ja­mes wil leer. “Ons wil hê hy moet nooit op­gee nie. Dit moet nie ’n op­sie wees nie.”

Ge­loof hou hul­le sterk. “Dit is ons groot an­ker. Ons hu­we­lik is sterk en ons het moed vir al­les, want God is daar vir ons,” sê sy. Ri­aan knik in­stem­mend. El­ke og­gend wan­neer k­lein Ja­mes wak­ker word, kyk hul­le na hom, en sê dan­kie. “Hy slaap steeds by ons, ons kan nie ge­noeg van hom kry nie, maar hy slaap ge­luk­kig deur van­dat hy twee maan­de oud is.”

In ’n on­der­houd met Ri­aan raak hy nooit uit­ge­praat oor “die won­der van le­we” nie. Ri­aan be­sef ver­al ter­deë hoe kos­baar Ja­mes is na­dat hy vyf­tien uur aan Vas­ti se sy was met die be­val­ling, toe sy na­tuur­lik ge­kraam het. “Men­se sê al­tyd hul trou­dag is die bes­te dag op aar­de. Dis maar net die be­gin. As jy daar­die kleintjie vas­hou – oee man, jy kan dit nie be­skryf nie,” sê hy aan­ge­daan. “Geen a­von­tuur nie – niks, maar niks – kom daar­by nie.”

Men­se dink mak­lik sy le­we is vol glans met al die rei­se, a­dre­na­lien, te­le­vi­sie-on­der­hou­de en do­ku­men­tê­re pro­gram­me, maar hy help hul­le gou reg, sê hy. “Se­wen­tien jaar lank moes ek my­self be­wys – vroeg op­staan om fiks te word. Ek was dik­wels oor Kers­fees of op my ver­jaar­dag al­leen, be­sig met ’n a­von­tuur. Ek moes bor­ge kry, rei­se or­ga­ni­seer, my­self aan die wê­reld (en my­self!) be­wys. Ek moes vas­byt. Din­ge het nooit mak­lik ge­kom nie. Nou kan ek ’n bie­tjie meer ont­span en daar wees vir Vas­ti en Ja­mes. Dit is soms moei­lik om geld te vind, maar ek gee nooit moed op nie.”

Op hul laas­te dag op die Sey­chel­le lees sy dag­boek: “Dit was die mooi­ste sons­on­der­gang. Vas­ti, Ja­mes en ek was op die strand ná nog ’n son­skyn­dag en ons was dank­baar oor die mooi­ste goue en oranje-rooi stra­le toe die son ge­sak het. Ons was rus­tig en uit­ge­rus.”

Hul­le het ge­weet dat hul­le een­dag vir Ja­mes – en wie weet, ook an­der klein­goed – sal kan ver­tel van die won­de­re van din­ge soos die eer­ste saam­swem in die warm see, van saam sit en kyk na ’n won­der­sko­ne sons­op­koms, van geu­ri­ge klap­per- en vis­ker­rie met saf­fraan­rys, van die a­ro­ma van spe­se­rye soos ka­neel en va­niel­je, van die won­der van plan­te in daar­die tro­pie­se streek. En van die won­der van saam wees as ’n ge­sin.

LINKS EN REGS Die mark in Vic­to­ria, die hoof­stad op Ma­hé-ei­land. Hul­le ver­koop al­les daar – van kos tot aan­den­kings. MID­DEL In die wa­ter op die strand by die Con­stan­ce Ep­he­lia-oord. “Ons het ge­swem tot die son on­der­gaan.”

HEEL BO LINKS Vas­ti en Ja­mes kyk na die sons­on­der­gang by die Con­stan­ce Ep­he­lia. MID­DEL Die strand by die Sa­voy-oord en -spa. REGS ’n Be­soek aan Mis­si­on Lod­ge, ’n his­to­rie­se land­merk. BO LINKS ’n Hin­doe-tem­pel in die hoof­stad, Vic­to­ria, op die ei­land Ma­hé. Die mees­te in­wo­ners is Rooms-ka­to­liek. REGS Ri­aan en Ja­mes ge­niet die wa­ter by Con­stan­ce Ep­he­lia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.