Ak­teur Ke­vin S­mith: ‘Ek was só bang . . .’

Drie jaar ge­le­de het ’n mo­tor­fiets­on­ge­luk by­na sy le­we ge­ëis. Dit het ak­teur Ke­vin S­mith ‘wak­ker ge­maak’ so­dat hy nou al­les wat hy doen be­wus­te­lik aan­pak

Sarie - - Inhoud - DEUR LIANI JAN­SEN VAN RENS­BURG FO­TO PHYLLIS G­REEN STI­LE­RING FA­NIE CRON­JÉ

Jy het al in ver­skeie te­a­ter­pro­duk­sies, reek­se en flieks ge­speel – meer on­langs in ky­knet se El­ke ske­we pot, Suid­oos­ter en die fliek Stroom­op. Dit lyk as­of jy dees­dae se­lek­tief is met jou keu­se van rol­le. Ek kies nou eer­der rol­le wat met my praat. Vir elf jaar was ek deel van die se­pie I­si­din­go as ak­teur en re­gis­seur. Voor my mo­tor­fiets­on­ge­luk in 2015 het ek al­les as van­self­spre­kend aan­vaar, el­ke rol . . . ek was “le­wend”, maar het nie ge­le­we nie. Ver­tel meer. Daar­die mo­tor­fiets­on­ge­luk het my by­na my lin­ker­been en le­we ge­kos. Ek was in ’n bed vas­ge­vang, moes leer om met kruk­ke te loop. Maar dit het my “wak­ker” ge­maak. Nou wil ek al­les doen met con­s­ci­ous­ness, want jy weet nooit wan­neer iets van jou weg­ge­vat word nie.

Ek het my le­we aan­ge­pas en is in­ge­stel op my ge­sond­heid. Vir my gaan dit nie oor hoe lank ek gaan leef nie, maar eer­der hoe ek my le­we aan­pak. Ek wil my lyf en my brein sterk hê. Al­les van my moet sterk wees. Is dit hoe­kom jy ook net een keer ’n dag eet? Ek pro­beer my bes, want as ek daar­die een keer eet, weet ek dis die be­lang­rik­ste deel van my le­we, dis ’n ri­tu­eel. Ons le­we in ’n fast food- era, druk net kos in ons mond . . . ons dink nie daar­oor nie, ons proe dit nie, ons ruik dit nie. Ons is hier­die lyf ge­gee, maar waar­deer dit nie. Ek wil my le­we met waar­de­ring leef. Ek waar­deer die feit dat ek kan wak­ker word, kan sien wat om my is. Dat ek kan proe, ruik, a­sem­haal. Ek is nou so ge­luk­kig! Ek’s roo­t­ed in hap­pi­ness. Wat het deur jou kop ge­gaan ná jou on­ge­luk? Ek was so bang, ek kon nie slaap nie. Jy dink jy gaan nooit weer jou been kan ge­bruik nie en nooit weer die le­we hê wat jy eens ge­had het nie. Ek het vir dae lank in ’n hos­pi­taal­bed ge­lê en kon niks vir my­self doen nie. Toe ek ont­slaan word en met re­hab moes be­gin, het my been in­fek­sie op­ge­doen en ek het sep­ti­se­mie ge­kry. Ek was vir we­ke in die waak­een­heid. Is dit nie i­ro­nies dat jou ka­rak­ter in Stroom­op se le­we tra­gies in ’n mo­tor­on­ge­luk ein­dig nie? Ja, dit het vir ’n paar te­rug­flit­se ge­sorg. Maar Stroom­op was be­son­ders. Die wê­reld is ge­neig om vroue se e­ner­gie as sag te be­skou, maar as jy na hier­die vyf ka­rak­ters in Stroom­op kyk, sien jy hoe sterk en weer­loos hul­le is. Hul­le het die krag om ’n moei­li­ke si­tu­a­sie te oor­kom. Vroue is on­ge­loof­lik, die goed waar­deur hul­le moet gaan. Jy is nie op so­si­a­le me­dia nie. Nee, ek is bang daar­voor. Dis ’n po­wer­ful me­di­um, maar men­se is wreed op so­si­a­le me­dia. Hul­le dink nie oor die ge­vol­ge van hul ak­sies nie. Jy kan ’n mens seer­maak met jou woor­de. Dink maar aan ku­ber­boe­lies, dis vrees­aan­ja­end. Wat sal jou laas­te maal­tyd wees? As ek net ’n hei­di-man­go kan eet, sal dit ge­noeg wees. ’n Een­vou­di­ge man­go wat vir vyf­tien mi­nu­te in die ys­kas ge­plaas is en dan in re­pies ge­sny is. Met wie sal jy die maal­tyd deel? My le­wens­maat, Ri­a­na. Sy is daar vir my, maak nie saak wat ge­beur nie. Sy is my al­les. Wat­ter raad sou jy vir jou jon­ger self wou gee? Moe­nie bang wees om jou­self bloot te stel aan dit wat die le­we jou bied nie. Moe­nie bang wees vir die te­rug­slae nie, jy is sterk ge­noeg om e­nig­iets te oor­kom. Met wie sou jy graag oor ’n kop­pie tee wou ge­sels? Die En­gel­se dig­ter E.E. Cum­mings. Hy het ’n moei­li­ke le­we ge­had, maar sy ge­dig­te en wat hy vir dig­kuns ge­doen het, was be­son­ders. Wat­ter a­von­tuur is op jou em­mer­skop­lys? Om met ’n cam­per van deur A­fri­ka te toer. Dis ’n groot droom! Die wê­reld ver­moed I­dris El­ba sal die nu­we Ja­mes Bond word. Wat dink jy? Hoe­kom word daar nie ’n nu­we ka­rak­ter ge­skep nie? Jy kan nie die skry­wer Ian F­le­ming se vi­sie vat en dit ver­an­der nie, dis nie Ja­mes Bond nie. ’n Nu­we ka­rak­ter, ’n nu­we sto­rie is brood­no­dig. En as jy die rol van 007 aan­ge­bied word? Ek is be­slis nie Bond nie. In my oë is daar net een 007 en dis Se­an Con­ne­ry. Roep Hol­ly­wood jou? Nee, ek is lief vir SA. En ek dink ons werk staan nie een t­ree te­rug nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.