R­wan­da prag­tig én hart­seer

R­wan­da is ’n prag­ti­ge, kleur­ry­ke land, maar hart­ver­skeu­rend arm. Mar­ga­re­te Hee­se ver­tel meer oor hul een­vou­di­ge, aard­se be­staan in dié Oos-a­fri­ka-land

Sarie - - Inhoud - DEUR LIESEL PIE­NAAR

Hoe het jul­le in R­wan­da be­land? Ek en my man, Kar­l­wim, woon se­dert A­pril 2017 op Muganza in R­wan­da se Ru­si­zi-dis­trik. Hy is die be­stuur­der by die e­nig­ste se­ment­fa­briek in R­wan­da – die land van dui­send heu­wels met sy oor­da­di­ge kleu­re, vreem­de klan­ke, on­be­ken­de geu­re en bleek sma­ke. Hoe­wel dit nie my land van her­koms is nie, er­vaar ek ge­reeld dé­jà vu-oom­blik­ke. Dit is tog steeds my kon­ti­nent waar ek in die wieg ge­lê is. Groot­ste uit­da­ging? Om kos op die ta­fel te kry. Op ons dor­pie is nie ’n en­ke­le win­kel met ’n ys­kas nie, dus geen vars sui­wel- of ver­werk­te vleis­pro­duk­te nie. Bees en bok word sog­gens ge­slag, en jy moet vroeg­dag ’n homp vleis wat vir jou met ’n pan­ga af­ge­kap word, koop en in die ys­kas kry.

Ons plaas­li­ke mark op Dins­dae en Vry­dae is ’n men­gel­moes van kleu­re. Hier koop jy heer­li­ke vars vrug­te en groen­te, maar die ver­skei­den­heid is be­perk. Met slegs twee mark­dae in die week moet jy fyn be­plan. Ge­luk­kig kan a­vo­ka­do’s en ta­ma­ties, wat reg­deur die jaar be­skik­baar is, jou ver bring.

Aan die R­wan­de­se pyn­ap­pel gaan ek nog ’n ode op pa­pier uit­ju­bel – in­druk­wek­kend groot en ver­lei­de­lik soet met on­ein­di­ge moont­lik­he­de; ’n won­der­vrug waar­uit die heer­lik­ste kon­fyt, at­jar, sal­sa en nog baie meer op­ge­toor kan word.

Ons pro­te­ïen­be­hoef­tes vul ek aan met sto­men­de len­sie­kon­kok­sies en pro­duk­te uit Ki­ga­li, die hoof­stad slegs 300 km van ons af, maar ’n uit­mer­ge­len­de rit van ses uur om daar te kom. Wat is hul tra­di­si­o­ne­le ge­reg­te? Die R­wan­de­se het ’n taam­lik vaal en smaak­lo­se kos­kul­tuur. Hul­le sal nooit moeg word vir hul daag­lik­se rys, aar­tap­pels, i­gi­to­ki (meel­pie­sang), bok en bo­ne nie. Die ge­reg­te word skaf­lik maar een­to­nig be­rei. Strui­kel­blok­ke met die taal? Naas kos op die ta­fel is my vol­gen­de groot uit­da­ging die taal. Kiny­ar­wan­da is die in­heem­se taal. Aan­ge­sien R­wan­da vroe­ër ’n Bel­gie­se ko­lo­nie was, help my ver­roes­te ken­nis van Frans da­rem hier en daar, maar ver­al in die pro­vin­sie waar ons woon is dit van min hulp. Ook En­gels, wat se­dert 2008 die on­der­rig­taal is, word slégs ge­praat deur die­ge­ne wat na­skool­se op­lei­ding ont­vang het. Kib­bel jy oor pry­se by die markte? Aan­vank­lik was taal ’n ne­te­li­ge kwes­sie wan­neer ek mark toe ge­gaan het. Han­de­laars het my pro­beer uit­buit met u­mu­zun­gu i­gi­ci­ro (pry­se vir die wit man). Deur my huis­hulp mark toe te stuur en dan die pry­se by haar uit te vind, het ek die pry­se leer ken. Ek het in­tus­sen ook ’n paar les­se in Kiny­ar­wan­da by die skool­hoof hier ge­neem. Om ’n ver­koop­ster by die mark in haar eie taal te groet en op­reg na haar wel­stand te ver­neem het ver­troue ge­kweek. Nie­mand pro­beer my meer uit­buit nie. Word R­wan­da baie warm? ’n Jas, ste­wels en serp is oor­bo­dig hier. R­wan­da is by­na in die mid­del van A­fri­ka ge­leë; die hoof­stad, Ki­ga­li, is on­ge­veer 200 km van die e­we­naar. Maar dank­sy die land se hoë lig­ging het dit ’n ver­ras­send ge­ma­tig­tro­pie­se kli­maat. Tem­pe­ra­tu­re wis­sel baie van plek tot plek na ge­lang van die hoog­te­lig­ging, maar wei­nig van maand tot maand op die­self­de plek. Ons bly op feit­lik die warm­ste plek in R­wan­da met ’n tem­pe­ra­tuur van tus­sen 19 0C en 29 0C.

Die aard van die re­ën­val wis­sel ook van streek tot streek. In Ki­ga­li kan re­ën sag en aan­hou­dend vir ure aan­een neer­stuif, ter­wyl ons op Muganza meer don­der­storm­ag­ti­ge buie kry waar­ty­dens die slui­se van die he­mel oop­val en ons to­taal oor­spoel word; dik­wels som­mer twee, drie keer op ’n dag.

Dis vir my kos­te­lik om te sien hoe die R­wan­de­se hul­le dan in ste­wels en jas­se pant­ser teen die “koue”. Hoe dan nou ge­maak as jy ver­sot is op ’n e­le­gan­te jas, maar die dien­oor­een­koms­ti­ge weers­om­stan­dig­he­de ont­breek?

En van e­le­gant ge­praat, die R­wan­de­se vroue is prag­tig en styl­vol. Van die arm­ste vroue op die plat­te­land tot die sjiek stads­da­mes is slank ge­bou en keu­rig ge­klee. Die R­wan­de­se vrou is sterk, nie bang om haar me­ning te lug nie en die fon­da­ment vir haar ge­sin en ge­meen­skap; die rug­graat van u­mu­gan­da. Ver­tel meer oor u­mu­gan­da. U­mu­gan­da is ’n R­wan­de­se prak­tyk wat vir al­le aard­be­wo­ners tot voor­beeld strek. Die woord be­te­ken om by­me­kaar te

kom en sáám iets te be­reik. Die ge­bruik da­teer uit die ou tra­di­si­o­ne­le kul­tuur. Hier­vol­gens kom fa­mi­lie en vrien­de saam om sie­kes, be­jaar­des of an­der af­hank­li­kes by te staan, of dit nou is om ’n huis te help bou, lan­de­ry te be­werk of ie­mand by die kerk of kli­niek te be­sorg.

Ná die volks­moord in die 1990’s het die R­wan­de­se re­ge­ring die prak­tyk her­in­ge­stel om ’n na­si­o­na­le ge­voel van sa­me­ho­rig­heid op te bou en te voed. U­mu­gan­da vind op die laas­te Sa­ter­dag van el­ke maand tus­sen 08:00 en 11:00 plaas. Ge­meen­skaps­lei­ers be­paal wat ge­doen moet word. Na af­loop van die dag­taak is daar ’n ver­ga­de­ring waar le­de van die ge­meen­skap grie­we kan lug of be­kom­mer­nis­se uit­spreek. Pro­ble­me waar­voor daar nie ty­dens die ver­ga­de­ring op­los­sings ge­vind word nie, word dan ho­ër op in die be­stuurs­hi­ë­rar­gie ge­neem. Toer jul­le baie deur A­fri­ka? Een ma­nier waar­op ons die ver­lan­ge na ons eie land en men­se be­sweer, is om die pad te vat so­dra die ge­leent­heid

hom voor­doen. Ge­luk­kig het ons ons eie ver­voer waar­mee ons hier­die beeld­sko­ne land met sy in­heem­se wou­de, on­ge­rep­te me­re, oop gras­vlak­tes en slui­me­ren­de vul­ka­ne al deur­kruis het.

My guns­te­ling­plek is die Ak­a­ge­ra Na­si­o­na­le Park met sy ein­de­lo­se vlak­tes, die­re waar jy kyk, pa­pi­rus-vlei­lan­de, prag­ti­ge me­re met trop­pe see­koeie en die groot­ste ver­skei­den­heid ge­vo­gel­tes ge­klee in kleur­ry­ke ont­wer­pers­pak­ke. Om by Gi­se­nyi in die noor­de mee­ge­sleur te raak deur die sang van die vis­ser­man­ne wat laat­mid­dag op die reus­ag­ti­ge Ki­vu­meer uit­roei vir die nag se vis­vang­eks­pe­di­sie en meest­al met ’n k­lein vangs of selfs niks in die og­gend te­rug­keer, laat jou eie pro­ble­me ge­ring lyk. Die tref­fen­de kleur­ska­ke­rings in pienk, pers en oranje van Ka­ron­gi se sons­on­der­gan­ge laat jou ook ver­won­derd staan oor die wer­king van die s­kep­ping.

En dan Ki­ga­li. Ki­ga­li is my stad – die skoon­ste in A­fri­ka. ’n Kos­mo­po­li­tie­se stad waar dit dag en nag gons van ’n men­se­roe­se­moes, van toe­ters en koes­en­de fiet­s­trap­pers. Hier woerts ek son­der om twee keer te dink ag­ter­op ’n mo­to­taxi en be­soek bo­heem­se kof­fie­win­kels, in­spi­re­ren­de kuns­ga­le­rye en kri­oe­len­de markte. Hier her­laai ek my bat­te­rye vir die Muganza-le­we. Het jul­le al die go­ril­las ge­sien? Een van ons mees on­ver­geet­li­ke er­va­rings was om vir ’n vlie­ten­de oom­blik oog­kon­tak met dié sag­moe­di­ge be­haar­de reu­se van die oer­woud te maak. Kort ná ons aan­koms het ’n go­ril­la­be­soek in die Vi­run­ga Na­si­o­na­le Park ge­wel­dig duur ge­word, $1 500 per per­soon slégs vir die uur lan­ge be­soek aan die go­ril­las. Ge­volg­lik het ons ge­sin met ’n Kon­go­le­se taxi van­af Bu­ka­vu, die grens­pos on­ge­veer 50 km van ons af, die rit na die Ka­hu­ziBié­ga Na­si­o­na­le Park aan­ge­durf – ’n waan­sin­ni­ge rit deur slag­ga­te en met roe­ke­lo­se me­de-pad­ge­brui­kers. Maar die uur saam met Mr. C­hi­ma­nu­ka en sy fa­mi­lie het al die ont­be­rings oor en oor die moei­te werd ge­maak. Teen ’n heel­wat meer be­kos­tig­ba­re prys.

Nog won­der­li­ke er­va­rings was ons half­uur saam met ons bos­boe­ties, die hoogs in­tel­li­gen­te sjim­pan­sees, in die we­li­ge Cy­a­mu­don­go-bos net 18 km van ons af, en om tus­sen die 200 co­lo­bus-a­pies met hul ou­mens­ge­sig­gies in die Nyung­we­bos te land. Die klou­te­ren­de goue a­pies in die Vi­run­ga Na­si­o­na­le Park, gui­ti­ge ber­ga­pies en blou­a­pies in die Ak­a­ge­ra Na­si­o­na­le Park wil weer die kind in jou laat uit­klou­ter. Hoe is die ver­voer? Die R­wan­de­se ge­bruik hoof­saak­lik fiet­sen mo­to­taxi’s as ver­voer. En fiet­se en mo­tor­fiet­se word nie net vir pas­sa­siers ge­bruik nie, maar ook goe­de­re. Meu­bels, bou­ma­te­ri­aal, bok­ke, var­ke, jy noem dit, ag­ter­op ’n fiets of mo­tor­fiets is ’n al­ge­me­ne ge­sig. Hier is ook mi­ni­bus­taxi’s, en vir lan­ger af­stan­de bus­se. R­wan­da is ’n kleur­ry­ke land, maar tog wil my hart breek . . . Ten spy­te van al die in­druk­wek­ken­de op­bou- en op­hef­fings­werk wat reeds ná die volks­moord ver­mag is, breek my op­voed­kun­de-hart as ek daag­liks om my rond­kyk. Die stan­daard van feit­lik al­le op­voed­kun­di­ge in­stel­lings is baie, baie laag. Daar­mee saam is daar der­dui­sen­de leer­ders en stu­den­te in die sis­teem ter­wyl be­skik­ba­re werk tans en die voor­uit­sig­te in die toe­koms ’n dor­re land­skap is. Die oor­log het sy merk ge­laat in wat­ter op­sig­te? Men­se ly nie hon­ger nie, maar is arm. Hart­ver­skeu­rend arm. Die oor­gro­te meer­der­heid voer ’n een­vou­di­ge be­staan, het nie toe­gang tot ’n re­ke­naar of TV nie, weet nie van die be­staan van ’n Ken­wood-voed­sel­ver­wer­ker of S­meg­gas­stoof nie. Tog er­vaar ek ’n in­ner­li­ke na­sie­trots by hul­le. Trots om­dat hul­le uit die as en stink doods­reuk van ’n volks­moord kon op­staan om saam met ’n buur­man wat dalk sy kin­ders vermoor het, aan ’n nu­we land te bou. Hier moes ek leer om op te hou skul­dig voel oor wie ek is en wat ek het, maar om eer­der een­vou­dig te leef. Pleks dat ek men­se oor­laai met ge­sken­ke wat hul ne­de­ri­ge be­staan sal be­derf, deel ek eer­der met hul­le die oor­vloed uit my tuin, de­mon­streer vaar­dig­he­de wat bruik­baar in hul om­ge­wing is en pro­beer hul dro­me vler­ke gee deur vir hul­le En­gels te leer.

* Lees meer oor Mar­ga­re­te en Kar­l­wim se R­wan­da-a­von­tuur op haar blog, rwan­da­me­moi­res.word­press.com

’n Ti­pie­se R­wan­da-ge­sig . . . dig­be­wou­de heu­wels in die mis met een­vou­di­ge klei­hui­sies tus­sen plan­ta­sies tee, kof­fie en pie­sangs.

Mar­ga­re­te Hee­se

BO ’n Prag­ti­ge sons­on­der­gang met die mee­sleu­ren­de sang van vis­ser­man­ne op die Ki­vu­meer. HEEL BO LINKS Kar­l­wim dra klip­pe aan vir ’n u­mu­gan­da. HEEL BO REGS Die Ki­mi­ron­ko-mark in Ki­ga­li waar die men­gel­moes van kleu­re en geu­re jou by­na be­dwelm.

BO LINKS ’n Be­soek aan die go­ril­las in die Ka­hu­zi-bié­ga Na­si­o­na­le Park in die DRK is ’n be­le­we­nis. BO REGS Uit­sig oor die Ki­vu­meer by Ka­ron­gi. LINKS Ek ver­dui­de­lik vir wer­kers hoe ’n ver­ky­ker werk na­dat elk­een ’n beurt ge­had het om daar­deur te kyk. ON­DER LINKS Ek en Kar­l­wim op pad om in­ko­pies te gaan doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.