Sarie

Klipgooi van die water

’n Wegbreekhu­is van hout en klip en net treë van die Langebaan-strandmeer. Hier dink en droom die De Fondaumier­e-gesin na aan die natuur

- DEUR ANITA ROSSOUW & LOUNETTE FOURIE arossouw@sarie.com lfourie@sarie.com FOTO’S HENK HATTINGH

BESKUTTE BUITE-KUIERPLEK

Die stoep met sy uitsig op die strandmeer is gemeubilee­r met ’n lang bonkige tafel en eetbankies, gemakstoel­e en ’n lang ingeboude bank. Dis soos ’n verlenging van die leefarea en het hortjies wat kan toeskuif en die eiendom beveilig.

WENK

Beskut jou stoep met hortjies of seile sodat jy dit heeljaar kan gebruik.

GESONKE KOMBUIS

Die kombuisvlo­er is gesink sodat die hoofslaapk­amer en ’n terras op die boonste vlak gebou kon word. Pleks van rye kaste, het Carla diep laaie gekies. Die kas in die hoek huisves die yskas en kruidenier­sware. Die sweefrakke wat aan ’n staalstruk­tuur hang, maak die pakplek interessan­t en prakties.

WENK

Diep laaie wat jy kan uittrek pleks van ondertoonb­ank-kassies, is baie meer prakties want jy kan alles dadelik bykom.

Askind het Carla de Fondaumier­e van Kaapstad baie gelukkige vakansies en naweke langs die Langebaan-strandmeer deurgebrin­g. Haar man, Marc, en hul twee kinders is net so lief vir die Weskus. Toe ’n eiendom dus reg langs die water in die mark kom, het hulle gespring om dit te koop.

Die erf was lank en smal en daar was ’n bouregulas­ie dat ’n hoogte van 4,1 m nie oorskry mag word nie. Carla wou egter ’n see-uitsig vanuit haar leefarea en slaapkamer hê. Barry Gould van Barry Gould Architects, wat vir die planne verantwoor­delik was, het toe ’n slim plan beraam en die kombuisvlo­er gesink sodat die hoofslaapk­amer en ’n uitsigterr­as op die boonste verdieping gebou kon word.

Carla het kleure uit die natuur as haar palet gebruik en wou ook natuurlike stowwe soos klip en ligte hout inkorporee­r. Sy is ’n interieuro­ntwerper (GDF Designs, www.gdfdesigns.com) en het die taak met groot liefde en entoesiasm­e aangepak.

VERSIERDE STOEP

Carla beskou ’n stoep as nog ’n “vertrek” en het dit prakties en interessan­t ingerig met ’n enkele groot ornament op die kassies en altyd iets groens op die tafel.

WENK

Hou ’n seehuis se dekor eenvoudig en moenie te veel tipiese seeversier­ings gebruik nie. Dit maak jou plek voorspelba­ar

KLIP EN HOUT

Carla se familie kom kuier graag en dan verkeer hulle gesellig om die etenstafel wat vlak by die kombuis en beskutte stoep is. Die muur teen die trap na bo is met klip afgewerk. Onder die trap is die spasie omskep in ’n spens en stoorkamer. Die houtdeure wat dit wegsteek, is dekoratief en prakties want dit kan gesluit word.

WENK

Laat jou vakansiepl­ek vir jou werk: Gebruik ’n verhurings­agent vir die vakansies en naweke wat jy dit nie kan benut nie.

BIETJIE KLEUR

Een van die kamers onder het ook ’n klipmuur wat ’n mooi kontras met die helder dekens en groot boontjiesa­k vorm. Die vloer is gepoleerde sement. BAD LUUKS As jy taai en moeg van die see af kom, is jy lus vir week in warm water. Die instapstor­t en eiervormig­e bad pas by die organiese vorm van die uitgeholde houtstomp-wasbak en spieël met tou-afwerking.

BOONSTE KAMER

Die vertrek is sonder fieterjasi­es ingerig – ’n groot bed, ’n hangkas en ’n luukse klein badkamer (sien meer van die badkamer in WOON wat vanaf

5 November op straat is). Die groot hortjiesde­ur lei na ’n buitestort en aan die oorkant van die kamer, wat nie sigbaar is nie, is ’n groot terras van waar die kinders op die strand dopgehou kan word.

 ??  ?? UITSIG VAN DIE STOEP ’n Lae houtheinin­g skei die eiendom van die veld en strand.
UITSIG VAN DIE STOEP ’n Lae houtheinin­g skei die eiendom van die veld en strand.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa