Sarie

Nataniël sê . . .

-

Kersfees! Op Kaalkop word geen feesmaal afgeskeep nie. Al word tradisies verbreek. Idees vir hierdie seisoen lyk tans só: DIE FORMELE TAFEL: Vir Oukersaand, ’n pragtige tafel met kristal, kerslig en ’n boom vol engele. Spyskaart Komkommer in crème fraîche (vir 6 mense) Skil 3 komkommers, verwyder saadjies en sny in dun skyfies. Meng koppie crème fraîche met 3 gekapte sprietuie, 6 gekapte kruisement­blare, 1 teelepel grofgemaal­de swartpeper en die fyngeraspe­rde skil van suurlemoen. Vou komkommer by. Bedien met snytjies tuisgebakt­e neutbrood. Eend met kersies Stop ’n eend met uie, knoffel en seldery, geur met sout en rooster in die oond. Plaas die eend op ’n opdienbord. Verwyder vet uit die oondpan, plaas die pan op ’n warm plaat, voeg vars kersies en sjerrie by, sautée. Bedien met gestoomde aartappelt­jies. Nartjiekoe­kstruif Maak ’n koekstruif van lae vrugtekoek, whisky, tuisgemaak­te vla, geroosterd­e amandelsky­fies en gekapte nartjieski­l. DIE TUINTAFEL: Vir wanneer ons onder die bome ’n lang tafel dek en informeel kuier. Spyskaart Makrielsla­ai en linte Gebruik ’n groenteski­ller om geelwortel­s, komkommer en zucchini in linte te sny. Plaas in groot slaaibak met gevlokte gaar makriel, jong tamaties en gekapte pietersiel­ie, besprinkel met slaaisous van olyfolie, suurlemoen­sap, heuning, sout en swartpeper. Oondgebraa­ide hoender en druiwe Hoenderpor­sies, gegeur, met ontbytspek toegedraai en met brandewyn en olyfolie besprinkel, word in die oond gebraai. Voeg hande vol pitlose groen druiwekorr­els by vir die laaste 10 minute. Panna cotta met skildery-vrugte Panna cotta is maklik om vooraf te maak en oornag te laat stol in individuel­e vormpies, en vanielje of witsjokola­de is gewilde geure. Bedien met gesnyde vrugte soos vye, perskes of granate. DIE VINNIGE TAFEL: Sommige moet werk tot 24 Desember en vinnig inkopies doen, maar wil nog steeds met skoonheid en smaak onthaal. Spyskaart Landery-slaai Jong aartappels in die skil gekook, groenboont­jies geposjeer tot heldergroe­n en geblikte witbone. Plaas op ’n mooi opdienbord, rangskik dun uieringe bo-op. Sprinkel met olyfolie en wynasyn. Geur met seesout en swartpeper en versier met grasuie. Skaaptjops in die oond Meng sout, peper, gekapte pietersiel­ie, gekapte roosmaryn, gekapte kruisement, suurlemoen­sap en olyfolie saam, vryf skaaptjops met die mengsel, laat staan vir 1 uur (of oornag in die yskas) en bak in die oond volgens voorkeur. Pynappel-carpaccio met vanieljeko­ekies Sny ’n groot ryp pynappel in baie dun skyfies, sprinkel met suiker, rum, lemmetjies­ap en fyngeraspe­rde lemmetjies­kil, bedien met vanieljeko­ekies of brosbrood. DIE ONTBYTTAFE­L: Oukersaand is dikwels die grootste geleenthei­d. Kersoggend bestaan dan uit ’n spesiale laatontbyt. (Geen middagete, ons vergader later in die dag.) Spyskaart Jogurt met lemmetjie en heuning (per persoon) Meng

koppie Griekse jogurt met die sap van lemmetjie en 1 eetlepel heuning. Skep in ’n bakkie en strooi 1 koppie vars gemengde bessies bo-oor. Roereier met kreef Klits 2 eiers per persoon met 1 eetlepel vars room per persoon. Verhit botter in ’n pan oor lae hitte, voeg eiers by, moenie roer nie, stoot spaan stadig deur totdat die eiers byna gaar is, verwyder van die hitte en roer gaar gevlokte kreef (2 koppies vir 6 persone) by. Geur liggies met sout, mildelik met swartpeper. Sprinkel met vars pietersiel­ie, bedien met roosterbro­od. (Gerookte salm is ook heerlik!) DIE NAMIDDAGTA­FEL: Wanneer almal eers in die namiddag kan saamwees. Spyskaart Appel-en-bloubessie­koek Gebruik ’n pondkoekre­sep, vervang die meel met amandelmee­l, voeg ’n ekstra koppie amandelmee­l by, vou 2 gekapte appels en 1 koppie vars bloubessie­s by beslag. Bak volgens die resep, laat afkoel en sif versiersui­ker oor. Vetkoekies met roosblare Gebruik tradisione­le vetkoek- of doughnutre­sep. Bak klein vetkoekies in olie, doop in ’n stroop van suiker en roos-ekstrak, en bedien met vars organiese roosblare. Somercrost­ini Rooster dun snytjies Italiaanse brood. Plaas ’n skyfie sterk kaas, ’n skyfie ryp tamatie en ’n klein bietjie fyngekapte rooi-ui bo-op elke sny. Geur liggies met sout en bedruip met olyfolie. Versier met vars basiliekru­id.

 ??  ?? KAALKOP
KAALKOP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa