Sarie

Cindy Nell: Van Mej. SA tot gatskop-sakevrou met ’n groot hart

Spelerig, ernstig, profession­eel, opgedollie, hare-in-’n poniestert, gatskopsak­evrou, skoonheids­koningin, sexy, skreeusnaa­ks, liefdevol, mammarig . . . Dis Cindy Nell-roberts. Jy kán alles wees, sê sy. Hoekom nie?

- DEUR SUZETTE TRUTER FOTO’S MARIJKE WILLEMS KONSEP EN STILERING FANIE CRONJÉ GRIMERING EN HARE LESLEY WHITBY MET CHANEL

Cindy Nell-roberts hoor dikwels presies wat mense van haar dink. Hulle sê dit sommer reguit vir haar. “Jy is korter/kleiner/ mooier/langer as op televisie.” Of: “Jy is so ’n nice mens in die regte lewe.” Of: “Jy’s so normaal!” Sy vat dit soos dit kom. Dis deel van ’n loopbaan in die kollig, nog altyd, sedert sy meer as 16 jaar gelede as Mej. Suid-afrika aangewys is.

Die grootste wanopvatti­ng wat mense van haar het, is dat sy ’n skoonheids­koningin met ’n “perfekte pop”-lewe is, sê sy. “Ek beskou myself eerder as ’n sterk, dinamiese sakevrou met ’n kreatiewe kant, wat daarvan hou om mooi te lyk. Skoonheids­kompetisie­s was net vir my ’n kortpad na sukses. En dit was pret . . . ek en die verhoog was dadelik verlief op mekaar.”

Cindy is die eerste een wat sal erken sy lyk vandag wel soos die perfekte skoonheids­koningin met haar golwende swart hare, presiese grimering, egalige sonbruin vel en lieflike glimlag. Sy is stylvol in ’n geblomde maksiromp, wit bloes en hoë hakke. “Let’s face it, jy moet goed lyk, jy kan nie soos ’n slonsie lyk as jy direkteur is van ’n skoonheids­maatskappy nie,” skerts sy.

Vanoggend is Cindy op haar stukke. Sy het skaars gaan sit, of sy val weg met ’n vertelling van die chaos tuis om hul twee kinders, Ethan (7) en Aenea (5), betyds by die skool te kry. Veral as jy deurentyd met jou oudste moet onderhande­l. Sylag. “Ek het myself altyd voorgeneem ek gaan nooit eendag soos my ma sê: ‘ Want ek sê so!’ nie. En nou doen ek dit self.”

Haar dag is dikwels een van kontraste. Een oomblik stoei sy nog met verlore krieketkle­re, ’n paar uur later bespreek sy strategie om die verspreidi­ng van hul skoonheids­produkte na Afrika uit te brei. En sy hou daarvan so. Deesdae kan jy alles wees – “’n ma, ’n model, ’n uitvoerend­e hoof, ’n Instagramm­er, ’n celebrity, jy kan hoë hakke dra en rooi lippe hê, jou kurwes omarm en vir president staan”. Daar is nie meer ’n boksie waarin jy moet pas nie. Skoonheid is nie meer ’n stereotipe nie, en sukses ook nie, glo sy.

Cosmetix, die maatskappy wat aan haar en haar man, Clive, behoort, verskaf internasio­nale grimeerree­kse soos Essence, Catrice (haar persoonlik­e gunsteling) en L.O.V aan groot winkelgroe­pe en ontwikkel ook hul eie skoonheids­produkte. Nog een van hul topverkope­rs is Caribbean Tan, die grootste sonverbrui­ningsreeks in die land.

By hul fabriek in Epping, Kaapstad, het hulle verskeie vroue uit veilige hawes vir mishandeld­e vroue opgelei en in diens geneem. Vroue lê Cindy na aan die hart. Sy is opgewonde oor haar nuwe stigting, Women4wome­n, wat studiebeur­se gee vir verdienste­like hoërskoolm­eisies wat weens hul huislike omstandigh­ede nie verder kan studeer nie. Dié beurse wissel van een skooljaar tot naskoolse kursusse.

Vir die nuwe jaar het sy nog planne. Haar skoonheids­blog skop in Januarie af. Saam met ’n vriendin stel sy in Februarie ’n klerereeks bekend. “It will blow you away,” verseker sy. En sy en haar span navorsers beplan allerlei produkte. Gelukkig het sy “hopeloos te veel” energie. Haar man noem haar juis die Energizer Bunny. Deesdae wys sy nietemin 9 uit 10 uitnodigin­gs en aanbieding­e van die hand. “Ek kies mooi wat ek doen. Vir kalmte en fokus. En ek wil tyd hê vir eenvoudige goed, soos om in die park met my kinders te speel.”

Teen die muur in hul motorhuis op Kampsbaai hang 57 geraamde voorblaaie waarop sy al verskyn het sedert haar kroning in 2002. “Clive sê dikwels dis so ’n risiko om my lewe so bloot te stel in onderhoude met tydskrifte. Maar ek dink altyd dalk is daar iets wat ek sê wat iemand kan inspireer of help om ’n kwessie in hul lewe te hanteer.”

< Hoe het jy verander sedert jy Mej. SA geword het – is jy vandag ’n ander mens? Ek het heel verengels as gevolg van my Engelse man. Die hart praat nie net een taal nie. Die sakewêreld is Engels, en ek reis baie oorsee vir werk, so deesdae dink ek selfs in Engels. Soms mis ek my mense en my taal en die eg Afrikaanse dinge soos sokkie en kerkbasaar en Afrikaanse grappe. Daar is darem party dinge wat jy nét in Afrikaans kan sê.

Maar ja, ek is ’n ander mens, die jare skaaf jou. Op 37 weet ek wie ek is, en ek is gemaklik daarmee. Ek sien ál meer die trend dat mense nie meer soseer vra “wat wil ek wees” nie, maar “wie wil ek wees”. Ek was van 15-jarige ouderdom af so besig om die “wat wil ek wees” te doen, dat ek eintlik eers onlangs kon stilstaan en vra wie ek wil wees.

Sewe-en-dertig was vir my ’n betekenisv­olle verjaardag [1 Oktober] waarop ek letterlik oornag al die antwoorde gekry het. Dis vir my belangrik om onthou te word as iemand wat gewerk het om ander mense se lewe beter te maak. Ek is nie ’n goody two-shoes nie, glad nie, maar ek glo werklik I am blessed because I bless. Jy het die Mev. Sa-organisasi­e betrek by jou Women4wome­n-stigting. Hoekom? Hul hulp is van onskatbare waarde. Die 25 finaliste samel geld in vir die studiebeur­se. Ek is nou al agt jaar hul hoofbeoord­elaar. Dis ’n wonderlike bemagtigin­gsprogram en elke jaar raak ek skoon emosioneel by die finale as ek sien hoe dié 25 ontwikkel het sedert ons ’n jaar vantevore die top-100 gekies het.

Mense wat sê skoonheids­wedstryde is nie meer relevant nie, sal twee keer dink as hulle die binnewerki­nge van so ’n kompetisie sien. Die finaliste word getransfor­meer tot leiers wat die gemeenskap ophef. In Januarie het ons ’n road show na 25 minder bevoorregt­e skole waar hulle gasvrou gaan speel en die meisies by werkwinkel­s lewensvaar­dighede leer. Jy is al beskryf as ’n “gatskop-sakevrou wat vir enigiets kans sien”. Waar kom dié ingesteldh­eid vandaan? Ek is ongetwyfel­d gedrewe, dalk omdat ek vir ’n groot deel van my lewe gevoel het ek moet myself bewys. My pa was in die lugmag en is dikwels verplaas, so ek het nie regtig kans gehad om vriende te maak of die A-span-speler te word wat ek gedink het ek kon wees nie.

My stokperdji­e was skoonheids­wedstryde. Miskien het dit ’n begeerte by my gekweek om die beste te wees. Deur my betrokkenh­eid by opheffings­projekte het ek ook bietjie van ’n feminis geword. Veral toe ek jonk was en behandel is asof ek minderwaar­dig is teenoor mans omdat ek ’n mooi vrou is.

Toe ek in die sakewêreld betrokke raak, was ek vasberade om sukses te behaal. Die hemel behoed jou as jy mooi is en ’n skoonheids­titel gewen het . . . om dán by ’n raadsaal in te stap is ’n heel nuwe uitdaging! Dit hét egter baie verander, dis nie meer vir my ’n kwessie nie. Terloops, is daar enigiets waarvoor jy nié kans sien nie? Ek is avontuurlu­stig, ek het al vryval gedoen, white-water rafting, deelgeneem aan Survivor en Strictly Come Dancing, doen modelwerk en maak kinders groot . . . Ek wil so graag nóg hê, maar my man sê nee. Ek het al elke invalshoek probeer! Daar is nie veel dinge wat ek nie sal aanpak nie. Ek is oopkop oor nuwe maniere van dink, sien of doen. Dis my sterkte. Hoekom is jy so suksesvol? Agter elke suksesvoll­e vrou is ’n hele tribe vroue. Ek het jare lank ’n span opgebou. En my man het ’n groot bydrae tot my sukses gehad. Ons is vennote, in alle opsigte. Hy was ’n groot mentor vir my. Hy is baie eties, baie swart en wit. Hy sien besigheid vir wat dit is. Niks emosioneel nie. Ek is sy teenpool, ek vul hom aan.

Toe ons getroud is, was Clive reeds suksesvol. Ek is seker die girliest girl denkbaar, en daar slaan ek die boerpot met ’n man wat in die skoonheids­bedryf werk. [Sy lag.] Sy fokus was salonne, maar toe ek betrokke raak, het ons ons strategie verander. Ek weet mos wat vroue wil koop. Die skoonheids­mark is erg mededingen­d. Hoe het julle geweet julle is op koers? Dit was maar ’n gut- gevoel. Jy moet ’n kans vat, kapitaal insit, en bereid wees om dit te verloor. Ten minste een keer in jou lewe moet jy óf doen wat jou passie is óf jou eie besigheid ’n kans gee. Hou jou oorhoofse koste laag, doen alles self. Wees verkoper, bemarker, pakker, afleweraar . . . ons het in ’n klein kantoortji­e begin.

Al is ons nou een van die grootste kosmetiekh­uise in die land, sien ons onsself steeds as ’n familie-ondernemin­g met ’n hart vir elke produk. Negentig persent van vroue kan nie fancy handelsmer­ke koop nie. Ons bied bekostigba­re produkte van uitstekend­e gehalte. >

Ek gaan van aanstaande jaar af elke jaar een ding op my emmerskopl­ys doen. Ek het reeds vir my ’n week lange spirituele retreat in Sri Lanka bespreek Cindy

< Was jy altyd ’n entreprene­ur? Ek dink dis in my bloed. ’n Vriendin van my ma het ’n hoenderpla­as gehad, en as tiener het ek eiers aan restaurant­e in Pietersbur­g [Polokwane] verkoop. Ek het van beter pryse tot die mooiste eiers belowe, en self my motor afbetaal deur kelnerin te wees. My man het weer op skool van daai rooi liggies verkoop wat lyk na ’n flikkerend­e motoralarm. Verbeel jou ons twee bymekaar, ons is soos Pinky and the Brain! [’n Animasiere­eks wat in die 1990’s op TV te sien was.] Wat laat jul huwelik so goed werk? Ons het ook maar ons oomblikke. Saam werk het jare se oefen geneem. Ons sê altyd “stay in your lane”. Ek doen bemarking en produkontw­ikkeling, hy hanteer finansies, logistiek, regsdinge. Ons is beste vriende en werklik baie lief vir mekaar. Ek glo nie aan skei nie, as iets breek maak jy dit reg. Waar ek vandaan kom, gooi jy nie weg nie. ’n Huwelik gaan deur fases, so jy ry die golwe. Saam lag en soms alleen weggaan is ons geheim. Ons gaan ook graag as gesin na ons plaas in die Natalse Middelland. Kersdag is ons daar. Ek love Kersfees en verjaardae. Die klein tradisies is vir my baie belangrik, daardie #oomblikke wat jou lewe se storie maak. Jy was baie jare Tv-aanbieder. Hoekom wou jy nie weer vanjaar die gewilde The Wedding Bashers op M-net aanbied nie? Ek het dit baie geniet, maar verlede jaar was ek 25 naweke weg vir troues, byna die helfte van die jaar se naweke. Dit het geweldige druk op my huwelik gesit, en sy tol geëis in my verhouding met my kinders. In die jaar voor dit het ek kwaai gesukkel met depressie ná ’n miskraam, so dit was ’n moeilike twee jaar. Gaan dit nou beter? Ek voel weer heel, maar dit was ’n jaar of twee van grootword vir my. Ek was verheug oor dié onbeplande swangerska­p, want my droom is ’n groot gesin, maar dis nie my man se droom nie. Toe ek die baba verloor, was dit ’n bitter slag. Ek kon nie verstaan hoekom ek haar verloor het nie. Ek was kwáád, vir my man en vir God. Mettertyd het ek deur die hartseer gewerk, ek het medikasie gedrink, ’n terapeut gaan sien. Dankbaarhe­id geleer. Tyd heel tog. Soveel vroue én mans het depressie, hulle sukkel. Hoekom is depressie so ’n groot probleem? Ek dink dis ’n verwarrend­e tyd vir mense, oud of jonk. Moet jy cool wees of by jou morele waardes hou? Veral ons vroue kan nie voorbly met die druk van die moderne lewe nie. Jy moet mooi wees en maer wees en ’n perfekte ma. Alles is ’n kompetisie – die gim, skooldinge, wie se kind die beste is . . .

Ons as vroue moet mekaar meer ondersteun, opbouend wees. Daar is soveel vroue in my lewe wat my al opgehelp het. My vriendinne ken almal my reël: Geen skinder en geen klapotte nie. As daar ’n probleem is, kom ons besluit hoe ons dit regmaak. As iemand iets doen wat jou pla, sê dit reguit.

Baie van ons oud-mejj. SA het ’n Whatsapp-groep, dis ’n geklets en gelukwensi­nge, dit stop nooit . . . daar is soveel vriendskap­pe en liefde tussenin geweef. Vroue is ’n tribe. Jy was destyds tweede in die Mej. Heelalweds­tryd. Het jy ooit in die jare daarna gedink: Wat as . . .? Ek dink werklik dit was nie bestem dat ek wen nie. Toe hulle die topvyf aankondig, het ek gedink: O nee, ek is nie gereed om te wen nie, ek wil nie in New York woon nie. En toe sê ek vinnig: “Asseblief, liewe Jesus, moenie dat ek wen nie.” Ek het al gewonder wat sou gebeur het as ek dit nié gesê het nie. As ek gewen het, sou ek nooit my man ontmoet het en ons twee kinders gehad het nie. Dis baie meer werd as al die titels, geld en krone. Wat maak van iemand ’n goeie Mej. Heelal? Ek dink Demi-leigh [Nel-peters] vaar baie goed. Wat mense dalk nie besef nie, is dat sy al jare in haar kop reggemaak het vir dié titel, lank voor sy Mej. SA geword het. Voorbereid­ing is belangrik. Dis wat jou die voorsprong gee, soos met alles in die lewe. Pla dit jou dat jou titel altyd aan jou gekoppel word? Soms is dit moeilik, ander dae is ek mal daaroor. Ek het ook vrede gemaak daarmee dat nie almal van my sal hou nie. Mense ken nie jou volle storie of jou omstandigh­ede nie, of hulle hou net nie van jou nie. Die binnekring, die mense wat my liefhet, aanvaar, aanmoedig, saam met wie ek lag en sakke sout opeet, dís op wie ek fokus en wat saak maak.

Ek verkeer onder geen illusie nie, natuurlik help my bekendheid en titel my. En daarvoor betaal jy soms die prys van privaathei­d of vooroordee­l. In ’n raadsaal besef mense gou daar is nie ’n druppel celebrity aan my nie. Hulle kan maar hard besigheid praat. Ek is ook nie oorbeleef omdat ek my kwel wat hulle van my gaan dink nie. As ek werk, dan werk ek, ek speel nie. Is jy trots Suid-afrikaans? Ondersteun jy SA ontwerpers? Ek is baie trots én dankbaar om in so ’n mooi land met soveel diversitei­t en kulture te woon. Maar my hart is seer oor die geweld. My man is al met ’n geweer aangehou, iemand het al in ’n gastehuis in my slaapkamer ingebreek. Vir die eerste keer voel ek so ’n bietjie bekommerd oor ons toekoms. As dit regtig érg raak, sal ons onse tassies moet pak. Maar dit sal baie erg moet wees voor dit gebeur. Dis hier waar ek ’n verskil wil maak.

Ek dra sover moontlik SA ontwerpers se klere – Jason Kieck, Bianca Warren, Priscilla Michelle, Werner Dey, Maxi B en Karma . . . Ek wil ’n beroep op vroue doen om bewustelik te lewe, ondersteun plaaslike ondernemin­gs en skep werk.

 ??  ??
 ??  ?? Oukersaand dek ons mooi tafel, tof almal op in swart, kompleet met Kershoedji­es en klappers . . . We go to town! En dan lees ons al daai simpel grappies en kla dat ons te veel eet net voor ons in die nagereg induik . . . Cindy
Oukersaand dek ons mooi tafel, tof almal op in swart, kompleet met Kershoedji­es en klappers . . . We go to town! En dan lees ons al daai simpel grappies en kla dat ons te veel eet net voor ons in die nagereg induik . . . Cindy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa