Rou­chel­le Lie­de­mann: Veer­tig & vrees­loos

Sy is nie net die Kaap­se kor­re­spon­dent van Die groot ont­byt op ky­knet nie, sy is ook ra­dio-om­roe­per en san­ger met twee gospel­al­bums ag­ter haar naam. Nou, op veer­tig, het Rou­chel­le Lie­de­mann een van haar groot­ste le­wens­les­se ge­leer

Sarie - - Desember Inhoud - DEUR LIANI JAN­SEN VAN RENS­BURG

Jou ta­len­te ken geen per­ke nie. Waar kom jou lief­de vir ra­dio en nou ook TV van­daan? My voor­lief­de was nog al­tyd om te sing. Maar ter­self­der­tyd het ek heel­te­mal ver­lief ge­raak op Afrikaans. Dis so mooi om te praat, maar nog mooi­er om dit te sing. As kind het my ooms en tan­nies my “Ra­dio 5” ge­noem. Ek was al­tyd nuus­kie­rig en het vrae ge­vra, só baie dat my ma my na­der­hand moes stil­maak. Van­dag is dit eint­lik tot my voor­deel! Ek is lief vir men­se en vir hul stories. Jy het van­jaar veer­tig ge­word. Wat­ter les­se het die le­we jou al ge­leer? Ek het tyd ge­had om te dink oor die laas­te veer­tig jaar: oor wat ek ge­leer het, wat ek wil saam­vat en wat ek wil ag­ter­laat. En een ding wat ek gaan ag­ter­laat, is om­gee oor wat an­der men­se van my dink. [A­me­ri­kaan­se e­van­ge­lis] Joy­ce Mey­er het ’n waar ding ge­sê: “You ha­ve no con­t­rol o­ver w­hat ot­her pe­op­le think of you.” En dis so cool! Ek het geen be­heer oor wat jy van my dink en of jy van my hou nie. Dit was een van die groot­ste les­se. Ek weet wie ek is, ek weet wie ek wil wees en ek vier my vrouwees. En as jy nou in ’n tyd­ma­sjien kon klim en vir ’n jong Rou­chel­le iets kon sê, wat sou dit wees? Moe­nie so hard op jou­self wees nie. As jong mei­sie het ek ’n baie swak self­beeld ge­had. So ek sou vir haar ge­sê het: Aan­vaar jou­self, om­arm wie jy is en moe­nie be­kom­merd wees oor wat an­der van jou dink nie. Wees net jy, want wie jy is, is goed ge­noeg. Wie in­spi­reer jou? O­prah Win­frey, ek dink sy’s fe­no­me­naal. Dan is daar na­tuur­lik al my harts­vrien­din­ne, ek kan my nie my le­we son­der hul­le in­dink nie, hul­le sien al jou flaws en sal jou ac­coun­ta­ble hou. Dan na­tuur­lik my ma, E­li­za­beth. Sy het my baie ge­leer van die le­we, ver­al hoe om ne­de­rig te wees. Wat­ter klein­tyd-her­in­ne­ring het jy van Kers­fees? Ons was net twee kin­ders. My sus­ter, Lie­zel, is vier jaar jon­ger as ek. Ons het nooit saam met die he­le fa­mi­lie ’n groot ete op Kers­dag ge­hou nie, dit was net ons ge­sin. My ma het al­tyd voor ete vir ons twee vrae ge­vra: “Wat in hier­die jaar het vir jou uit­ge­staan?” en “Wat sal jy vol­gen­de jaar an­ders wil doen?” Ons moes dan daar­die vrae aan ta­fel be­ant­woord. Hier­die tra­di­sie pro­beer ek nou nog in my eie ge­sin toe­pas. Hoe vier jul­le as ge­sin Kers­fees? Op Ou­kers­aand is ons ge­woon­lik by my skoon­ou­ers, en op Kers­dag is ons he­le mul­ti­kul­tu­re­le fa­mi­lie van bruin, wit en swart by­me­kaar. Maar die og­gend eet ek en my ge­sin eers ’n spe­si­a­le ont­byt saam. Ons sal dan saam re­flek­teer oor die af­ge­lo­pe jaar se ge­beu­re. Wat is jou groot­ste wens vir Suid-a­fri­ka oor die fees­tyd? Daar’s ’n sê­ding: As jy soek vir goud, sal jy goud kry. As jy soek vir fou­te, sal jy fou­te kry. Ons moet hier­die Kers­sei­soen eer­der pro­beer om die goeie, die “goud”, in Suid-a­fri­ka te soek, en nie net die fou­te nie. Dis my wens. Jy en jou man, Ja­mie Marais, is al 18 jaar ge­troud. Wat is jul ge­heim? As ons me­kaar nie ’n pri­o­ri­teit maak nie, is daar nie ’n fa­mi­lie nie. Aan die ein­de van die dag is dit be­lang­rik om vir me­kaar tyd te maak, want jul­le is die fon­da­sie vir ’n huis­ge­sin. Jy kan saam met e­nig­ie­mand in die wê­reld sing. Wie sal dit wees en hoe­kom? Bar­bra Strei­sand. Sy is net ’n ab­so­lu­te i­koon! Daar is ook ’n diep­te aan haar – sy sê wat sy dink en wat sy voel. Bar­bra is ou­ten­tiek. En wat­ter lied­jie sal jy die graag­ste voor ’n groot ska­re wil sing? “T­his Is Me” van die mu­siek­bly­spel-rol­prent The G­re­a­test S­ho­w­man met ’n vol­le or­kes. En dan na­tuur­lik sal ek ook van my eie lied­jies, soos dié op my twee al­bums, Ek gee jou my woord en You’re the Re­a­son, wil sing. Ma-wees is vir jou ’n be­lang­ri­ke rol. Wat­ter les wil jy vir jou drie kin­ders, Cay­la, Li­am en Sa­mu­el, leer? Om al­tyd ne­de­rig te wees, want ne­de­rig­heid maak reg­tig vir jou deu­re oop. Hul­le moet nooit dink hul­le is be­ter as an­der nie. Ek sal graag wil hê hul­le moet dit ook vir hul kin­ders leer. Wat is jou per­fek­te Ker­s­e­te? De­fi­ni­tief soos my ma Kers­fees hou: lams­boud, bees­tong, oond­ge­braai­de hoen­der, ge­roos­ter­de aar­tap­pels, bot­ter­skor­sie, ge­room­de spi­na­sie, na­tuur­lik trifle en my ma se pavlo­va. Die ta­fel moet ook mooi ge­dek wees. My ma het al­tyd vir ons ge­sê: “Maak nie saak wat op die ta­fel is nie, maak se­ker die ta­fel is mooi ge­dek.” Dis nie al­tyd wat jy voor­sit nie, maar hóé jy dit voor­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.