SARIE vind TV se glug-glug-ba­ba

Sarie - - Desember Inhoud - DEUR LIANI JAN­SEN VAN RENS­BURG

Daar was baie stories wat ons ku­ber­ruim laat gons het. Hier­die 7 was van­jaar ge­wild on­der Sarie.com-le­sers, met die glug-glug-ba­ba nr. 1 op die lys!

’nOu­pa sit in 1995 ná sy Son­dag­mid­dag­sla­pie op die stoep en tuur oor die vlak­tes van sy Vry­staat­se plaas.

Oom­blik­ke la­ter ver­skyn Ou­ma met hul klein­seun, ge­tooi in ’n ge­brei­de blou trui­tjie – Ou­ma se eie han­de­werk. “Is hy wak­ker?” vra Ou­pa soos hy sy kop­pie boe­re­troos neer­sit. “Ja, hy’s wak­ker, Ou­pa,” sê Ou­ma en stoot die ba­ba­wa­en­tjie na­der.

“My wê­reld, Ma­ri­aan, laat ons sien. Kom, my seun . . . Hal­lo, jong! Het jy lek­ker ge­slaap?” sê die ou­pa bre­ë­bors.

“Mmmm, ek het heer­lik ge­slaap, Ou­pa,” koer Ou­ma en gaan sit langs hom.

In sy wa­en­tjie ska­ter die outjie van vreug­de en klap sy hand­jies saam. “Sê vir Ou­pa: ‘Ou­pa’,” kom dit van Ou­pa. Vrou­lief val hom in die re­de: “Ou­ma . . .” “Nee . . . Ou­pa.” Klein­seun kyk ver­ward van die een na die an­der soos al­bei sy aan­dag pro­beer trek.

“Hy is ’n seun­tjie, hy sal eer­ste sê OU­MA,” be­na­druk Ou­ma. “Ek sê ek is die ou­pa . . . OU­PA.”

“Nee, man!” maak sy be­swaar en klap Ou­pa teen die bo­arm. “Ou­ma, Ou­ma, Ou­ma . . .”

Skie­lik laat die klein­tjie dan van hom hoor: “Glug-glug­glug . . . Sa­sol.”

Die wa­en­tjie maak brul­ge­lui­de soos ’n For­mu­le Een-mo­tor en trek met ’n spoed weg. “Waar gaat hy heen?” vra Ou­pa be­kom­merd. “Ag, se­ker nie ver nie,” stel Ou­ma ge­rus. Dit was ’n su­per­ge­wil­de ad­ver­ten­sie van Sa­sol – trou­ens só ge­wild dat dit ’n jaar la­ter weer op TV sou draai.

Die ve­te­raan-ak­teurs Ti­la­na Ha­ne­kom en Eg­hard van der Ho­ven, wat in die reg­te le­we ge­troud was, het die rol van Ou­ma en Ou­pa ver­tolk. Al­bei is on­ge­luk­kig reeds in die 2000’s oor­le­de.

Maar wat het van die ou­gat klein­seun ge­word?

SARIE WORD SPEURDER

Op 13 De­sem­ber 2017 be­sluit die Sarie-web­span om die hulp van ons le­sers te kry om die glug-glug-ba­ba op te spoor. ’n Vin­ni­ge ver­soek word op Fa­ce­book ge­plaas. “Ons kort >

< jou hulp: Ont­hou jy nog die des­tyd­se Sa­sol-ad­ver­ten­sie waar die ou­pa en ou­ma vir hul klein­seun ’n woord pro­beer leer? Ons is op soek na daai ein­ste seun­tjie. Weet jy wie dit is of wie se kind dit is? S­ha­re as­se­blief, in­box ons en help ons.”

Voor jy kon sê waat­le­moen, het le­sers ons ver­soek ge­deel en daar­op kommentaar ge­le­wer. Par­ty het vrien­de ge- tag en som­mer reg­uit ge­vra: “Dink jy jy sal kan help?”

SARIE se ver­soek het soos ’n veld­brand ver­sprei. Dit het 200 000 men­se be­reik, 1 400 het dit ge­deel, meer as 1 000 het kommentaar ge­le­wer en 500 het daar­van ge­hou.

Op e-pos het die wen­ke in­ge­stroom. Ná drie dae het ons ons eer­ste lei­draad ge­kry: Die seun­tjie was eint­lik ’n dog­ter­tjie! Ná nog vyf dae was daar ’n twee­de be­lang­ri­ke lei­draad van ’n Sarie-le­ser: “Die dog­ter­tjie se reg­te ou­pa en ou­ma is ge­vind. Hul­le bly in Port E­li­za­beth.” B­lit­sig skryf ons te­rug: “Jy maak ons dag! Is daar ’n nom­mer?” ’n Da­we­ren­de stil­te volg . . . Geen ant­woord. Tyd vlieg: Kers­fees, Nu­we­jaar, die laas­te so­mer­maan­de, herfs . . . Gou-gou het ons en die res van die land van die glug-glug­ba­ba ver­geet. Of so het ons ge­dink . . . Op 18 Mei kry ons die bood­skap in ons in­boks: “Sa­sol-ad­ver­ten­sie se ba­ba is Tay­la en haar ma is Col­leen Far­rell. Groe­te!”

Ge­wa­pen met ’n nom­mer be­gin ons bel.

‘HAL­LO, EK WAS DIE GLUG-GLUG-BA­BA’

Tay­la Far­rell was net ne­ge maan­de oud toe sy die ster van ’n Sa­sol-ad­ver­ten­sie word. En dit was heel toe­val­lig, ver­klap die 23-ja­ri­ge van Jo­han­nes­burg nou. Sy was saam met haar ma, Col­leen, by ’n win­kel­sen­trum toe sy “ont­dek” is.

“Dis eint­lik snaaks! Ek het toe­val­lig die dag my ou­er broer se ba­ba­kle­re aan­ge­had. Na­tuur­lik was dit blou. So ek het toe reg­tig soos ’n seun­tjie ge­lyk,” lag Tay­la.

’n Paar we­ke la­ter was die dog­ter­tjie met die blou oë Ou­ma en Ou­pa se klein­seun. Tay­la het reg­tig “ama-glug-glug” ge­sê, maar met “Sa­sol” is ge­kul.

“My ma het heu­ning op haar vin­ger ge­had. Sy het dit op my lip­pe en tand­vleis ge­smeer. Ek het toe my lip­pe ge­lek en be­weeg, daar­na het hul­le ‘Sa­sol’ oor­ge­klank.”

Ná al die ja­re kan Tay­la steeds nie glo hoe ge­wild die ad­ver­ten­sie is nie. “Ek het nie eens ge­weet so­veel men­se soek my nie,” skerts sy.

“Ge­woon­lik glo men­se my nie as ek sê dat ek die glug-glug-ba­ba was nie. Dit was dan ’n seun­tjie, sal hul­le pro­tes­teer . . . Selfs my kê­rel se fa­mi­lie glo my nie.”

Maar haar reg­te ou­pa en ou­ma, Al­len en Chris­ti­ne Smith van Port E­li­za­beth, ver­tel nou nog die sto­rie oor. “Hul­le is so trots op my. En sal al­tyd vir men­se sê dat hul klein­dog­ter die glug-glug-ba­ba was.”

Tay­la werk dees­dae as ge­leent­heids­be­plan­ner. “Ek het vir ’n jaar by die HTA S­chool of Cu­li­na­ry Art stu­deer om ’n sjef te word.” Sy is ook sport­mal en hou van dans. “Ek ge­niet reg­tig my le­we. Dit gaan goed!”

Die glug-glug-ba­ba was toe al die tyd nie so ver nie . . . Van ver­loof­rin­ge tot ko­nink­li­ke brui­de – van­jaar was daar om­trent groot nuus van­uit die Ken­sing­ton-pa­leis in Lon­den. Eers was dit prins Lou­is, die jong­ste seun van prins Wil­li­am, se koms in A­pril. Wie kan ma Cat­her­i­ne (fo­to), die her­to­gin van Cam­brid­ge, se rooi rok ver­geet toe sy bin­ne ure ná die ge­boor­te op die trap­pe voor die St. Ma­ry-hos­pi­taal se Lin­do-vleu­el ge­staan het?

Toe was dit trou­koors! Eers was dit die mo­der­ne spro­kies­brui­lof van prins Har­ry en Meg­han Mar­kle in Mei. Van die Gi­ven­chy-rok tot die koets – ons le­sers kon net nie ge­noeg kry nie! Ons het selfs ’n ver­teen­woor­di­ger in Wind­sor ge­had.

En vyf maan­de la­ter het prin­ses Eu­ge­nie (in­las­fo­to), dog­ter van prins Andrew en Sa­rah Fer­gu­son, ook ge­trou. Haar rok, wat deur die Lon­den­se duo Pe­ter Pi­lot­to en Chris­to­pher de Vos ont­werp is, het nie net die En­gel­se ska­re ver­ras nie, maar ook ons mo­de­re­dak­teur, A­ma­ria Car­stens, be­ïn­druk: “Twee ko­nink­li­ke trou­es in een jaar is skaars en wat­ter fees was dit nie vir mo­delief­heb­bers nie! Dit was won­der­lik om te sien hoe el­ke ko­nink­li­ke se eie u­nie­ke styl weer­spie­ël is. Elk­een het op haar dag on­ge­loof­lik ge­lyk.”

KONINKLIKES VAN KEN­SING­TON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.