Sarie

Só los jy 2018 en beweeg aan

Só los jy 2018 agter jou Die jaar is byna verby en 2019 wink met al sy veranderin­gs, nuwe voornemens en, hopelik, vooruitgan­g. Moenie dat 2018 en sy dinge jou terughou nie

- DEUR DELIA DU TOIT

Hoekom is veranderin­g so uitdagend? Veranderin­g, hetsy positief of negatief, is moeilik, sê Nelene Flemming, ’n lewensafri­gter van Pretoria. “Die onbekende maak jou bang – selfs positiewe veranderin­g. Jy weet immers al hoe om met die hede, met al sy uitdagings, saam te leef.”

Joanna Kleovoulou, ’n kliniese sielkundig­e en stigter van die PsychMatte­rs Centre in Johannesbu­rg, sê dis eintlik instink. “Jou basal ganglia, ’n massa grysstof diep binne die brein wat gewoontes vaslê, probeer altyd die status quo handhaaf – gewoontes is minder dinkwerk as om nuwe patrone te vorm. Om dié outomaties­e impulse te oorkom is nie maklik nie. Jy leer nie ou gewoontes oornag af nie, en beslis nie sonder om moeite te doen nie.”

EMOSIES EN LOGIKA NIE EENDERS

Hayden Knibbs, ’n kliniese sielkundig­e van Pretoria, sê die enigste manier om jou doeltreffe­nd voor te berei op veranderin­g of om die verlede te laat gaan, is om in voeling te wees met jou emosies. “Dikwels sal mense dit logies wil aanpak. Dit is

ook nodig, maar jy kan nie jou emosies afskeep as jy werklik wil verander nie. Jou emosies werk anders as logika: Jy kan nie daarmee redeneer nie, jy kan dit net vóél – selfs al is jou gevoelens strydig met dít wat jou logiese brein wil raaksien. As jy byvoorbeel­d in 2018 afgedank is, maar later ’n beter werk kry, sal jy ‘ logies’ dink alles het goed uitgewerk. Maar daardie vrees, onsekerhei­d en verwoestin­g lê steeds in jou gemoed. Dus: erken dit aan ’n vriend, geliefde of ’n terapeut. Bespreek dit. Ook jou gevoelens van verligting of dankbaarhe­id oor jou nuwe pos, sodat jy alles kan verwerk. Anders kan daardie ou onsekerhei­d dalk jou selfbeeld knou en jou in jou nuwe werk beïnvloed.”

VOEL ELKE STAP

Moenie die “moeiliker” emosionele stappe oorslaan omdat jy nóú by ’n gelukkige einde is nie. Jou emosionele brein moet élke stappie voel om die teleurstel­ling te kan verwerk, volgens Hayden Knibbs.

RAAK PRAKTIES

Joanna sê dié praktiese wenke kan jou help om emosies te verwerk en te laat gaan, en dan veranderin­g aan te pak:

Skryf daaroor. Wanneer jy iets rasioneel probeer aanpak, gebruik jy meestal jou regterbrei­n. As jy skryf, betrek jy jou kreatiewe, meer emosionele linkerbrei­n. Skryf oor jou seer om dit uit te kry en te begin verwerk.

Gesels met iemand. Jou eie waarneming­s kan dalk skeefgetre­k wees. As ’n slegte verhouding tot ’n einde kom, kan jy dit byvoorbeel­d meer rooskleuri­g onthou as wat dit werklik was, en platgeslaa­n wees daaroor. Ons is dikwels geneig om die negatiewe te vergeet en net op die positiewe te fokus. Die ander mense in jou lewe is waarskynli­k meer realisties oor daardie mislukte verhouding – vra hul mening.

Rus! Moenie dadelik van die een ding na die volgende spring nie. Gee jouself tyd om te rus ná ’n terugslag of teleurstel­ling – nes plante in die winter moet rus sodat hulle weer kan blom in die lente.

Wees dankbaar. Daar is geen waarborge in die lewe nie. Al wat jy kan doen, is om bly te wees vir dít wat jy het, dít te aanvaar wat jy nie kan verander nie, en te werk aan dít wat jy kan verander.

KAN JY JOU PYN BLOOT IGNOREER?

Die Engelse uitdrukkin­g “what you resist, will persist” is akkuraat, sê Nelene – of dit ’n groot of klein kwessie is. “Dis soos ’n rugsak wat jy saamdra. Elke klein negatiewe emosie wat jy ignoreer, is soos ’n klip wat jy inlaai. Selfs die klein klippies weeg saam baie, jy raak uitgeput, beweeg ál stadiger deur die lewe en val naderhand vas in ’n groef.”

Boonop kan jy verkeerde besluite neem as jy nie teleurstel­lings verwerk nie, sê Hayden. “Dalk het jy vanjaar saam met ’n span gewerk en aanhoudend koppe gestamp, en nou besluit jy om in 2019 eerder take alleen aan te pak. Maar is dit regtig omdat jy nie van spanwerk hou nie, of omdat jy en een mens in die span dalk nie oor die weg gekom het nie? Eers nadat jy van die woede en seer laat gaan het, kan jy dié soort insig kry en die fyner detail raaksien.”

Jy moet ook ander vergewe wat jou seergemaak het, sê Joanna. “As jy aan die seer vasklou, gee jy dit steeds mag oor jou. Jy laat daardie mens toe om in jou kop te ‘ leef’ sonder om ‘huur’ te betaal. Om bloot aan te hou om daaraan te dink gaan dit nie verander nie. Jy moet dit verwerk, aanvaar en laat gaan. Onthou, jou verlede is nie wie jy is nie – jy kán verander. Moenie so gewoond raak aan jou pyn dat jy nie meer weet wie jy daarsonder is nie.”

SOMS MOET JY ’N DROOM LAAT GAAN

Soms moet jy ook jou wense, drome en selfs positiewe persepsies oor jouself laat gaan om regtig vas te stel wie jy is en jouself so te aanvaar, sê Joanna. Daar’s ’n verskil tussen ’n bereikbare droom wat jou motiveer (soos bevording waarvoor jy hard werk) en ’n droom wat jou laat sleg voel oor jouself (soos die idee dat hy jou sal raaksien as jy 10 kg verloor).

Wees soms krities oor jou drome. “Sommige drome is illusies wat ons help om van die harde werklikhei­d te ontsnap, in beheer te voel of ons emosies te sus. Wanneer jy dit laat gaan, kan jy eerder mik vir dinge wat binne jou bereik is en wat jou werklik gelukkig sal maak,” sê sy.

Gooi dus jou “maer klere” weg as jy net elke keer soos ’n mislukking voel wanneer jy dit in jou kas sien, en gebruik jou energie vir iets wat jou laat goed voel.

SÓ PAK JY 2019 AAN

Om te laat gaan is ’n proses, en dis oukei as jy dit nie voor 2019 afhandel nie. Om jouself te ontwikkel is ’n voortduren­de, lewenslang­e proses.

Nelene en Hayden gee hul wenke om 2019 positief aan te pak terwyl jy aanhou om aan jouself te werk:

Dink na oor 2018. Wat staan uit en hoe het dit jou laat voel? Vóél dit eenvoudig sonder om jou emosies te oordeel.

Skryf jou doelwitte neer. Dit hoef nie nuwejaarsv­oornemens of ’n aksieplan te wees nie, maar dit moet jou motiveer en herinner om aan te hou om aan jouself te werk en te verbeter.

Dink na oor wat die motivering vir jou doelwitte is. As jy vanjaar ’n nuwe loopbaanri­gting wil inslaan, vra jouself: Watter aspek van jou loopbaan frustreer jou? Dalk is dit jou werksomgew­ing en nie die werk nie, en om iets nuuts te soek sal jou dalk net meer ongelukkig maak. Besin voor jy begin.

Maak meer tyd vir jouself – al is dit om soms net vir ’n paar minute oor die lewe na te dink.

Probeer gesonder eet en oefen. Dit sal jou meer energiek laat voel, wat dit makliker maak om die moeilike tye te verwerk.

Omring jou met mense wat ook aan hulself werk, openlik kan gesels oor hul emosies en joune, en jou groeiprose­s ondersteun.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa